Home

Documents

Jan Smuts

Register of Historical Assets

About us

Familiewapen

Lichtenburgstam HA Greeff

Research in Germany

Search

Family Web Sites

Love's Argument

Research To Do

Add your Family Tree

GENEALOGY HOME PAGE

Matthias Greeff & his Children

SAG Errata

Anglo Boer War

Greeff Bank

Matthias Greeff Data

Saturday Squad

Archives

Greeff in Phone Book

Memorable People

Search Tools

Books about Greeff

Greeff Lategan Marriages

NEWSLETTER

The Lötter Genes

Cape Death Notices

Wild Coast Reunion 2010

Odds 'n Ends

Turning 50

Caspar's Stories

Greeffmail

Our Newest Page

War Casualties

Contact Us

Growth

Photos

Which Family Tree?

Death Notice Project

Greeff Paintings

Register of Greeff Farms Zijdgreeff
DNA Family Project

Huckenbach

 Greeff Familiewapen

In die regswerklikheid is daar blykbaar nie so iets as 'n familiewapen nie, maar slegs 'n geregistreerde wapen van 'n persoon, waarop geen ander persoon aanspraak mag maak nie. Daar is in verskeie lande spesifieke reels oor wie die geregistreerde wapen mag erf en wie nie. Die probleem ontstaan dus dat baie mense glo dat 'n "familiewapen" wat al die mense met een van verteenwoordig dus nie kan bestaan nie.

 Taal en woordbetekenis verskuif gedurig, soos in die geval van 'muis'. In die volksmond bestaan daar wel 'n konsep van 'n familiewapen, en almal ken dit. Ons weet almal wat 'n familiewapen is. Dit is 'n spesifieke soort embleem of logo wat 'n hele stam, of uitgebreide familie, of mense van dieselfde van, verteenwoordig. Hierdie begrip van die woord gaan nooit uitgewis word nie, so kom ons aanvaar dit, en bou voort daarop.

 Dit beteken dus dat ons, as genealoë, en kundiges, nie iemand anders se wapen of reg op 'n wapen moet kaap nie, maar dat ons wel 'n ongeregistreerde of historiese simbool, logo of wapen kan gebruik om 'n bepaalde familienaam te verteenwoordig. Elke persoon wat dieselfde van het, ongeag of hy bloedverwant is of nie, het dan die reg om hierdie simbool te gebruik om aan te dui dat hy aan 'n groep mense van 'n besondere van behoort. Nie 'n ingelyfde groep nie (bv 'n familiebond se wapen), bloot 'n los gedefineerde familiegroep.

 In taal kry ons dikwels konseptuele begrippe wat nie die werklikheid uitbeeld nie - soos 'n eenhoring (unicorn). Konseptueel bestaan 'n eenhoring en ons weet almal wat dit is, maar in werklikheid is daar nie so iets nie.

 Miskein moet ons aanvaar dat Coat of Arms, Family Crest, Familiewapen, Familieskild, en soortgelyke woorde twee betekenisse het. Die een duidende op 'n regskonsep van 'n geregistreerde ontwerp, en die ander betekenis duidende op 'n begrip in die internasionale volksmond, wat dui op 'n ikoon wat al die mense van een van verteenwoordig. Byvoorbeeld Greeff in Duitsland, Engeland, Amerika, Australië, Suid Afrika en oral.

 Waar 'n famimiliegroep dan 'misbruik' maak van iemand anders se geregistreerde wapen, word dit dan die saak van die geregistreerde eienaar om sy eiendom te verdedig. 'n Simpel idee, want in die meeste gevalle is hierdie titelhouer reeds eeuelank dood. Soos met patente en kopiereg op boeke en tekste, verval die eiendomsreg van enigiets met tyd, na die dood van die titelreghouer, en dan word die reg om so iets te gebruik 'n openbare reg. Beethoven se musiek geniet tans geen kopiereg nie (maar 'n orkes geniet kopiereg op die klank (of CD) wat hulle produseer wanneer hulle sy musiek speel enof verkoop).

 Wanneer iets nie meer aan iemand behoort nie, dan is almal vry om dit te gebruik, net soos die ontwerp van 'n kruiwa, wat geen patent op het nie. Die kruiwa is tans onpatenteerbaar. Die familiewapen wat in die volksmond verskyn is ewe onregistreerbaar, en net so algemeen bruikbaar as 'n kruiwa! Almal van ons het een!

 Op hierdie blad versky daar verskillende ontwerpe van Greeff familiewapens. Ek het geen idee oor die oorspronklike bronne van hierdie familiewapens nie. Ek sê maar net waar ek hulle kry. My persoonlike voorkeur lê by die familiewapen wat in 1921 in Duitsland oorgeteken is. Waar JP Werth, die kunstenaar, dit gekry het, weet ek nie, maar hy het verskeie verskillende familiewapens en dorpswapens geteken, wat in 1941 in Duitsland in die boek Geschichte der Familie Greeff (deur Victor Bredt) gepubliseer is. Dit is onwaarskynlik dat hy die ontwerpe vir die wapens self opgemaak het. Hy, of enigiemand anders. Ek sal bly wees om te hoor van enigiemand wat iets verder oor hierdie wapens weet.

Die eerste familiewapen kom van die stamboomtekening wat op ons tuisblad verskyn. Dit is in 1921 deur JP Werth in Duitsland geteken, en is tans in die Heinrich Heine Universiteitsbiblioteek in Dusseldorf, Duitsland.

Die tweede ontwerp verskyn op die buiteblad van AD Bosman se boek, Die Wel en Wee van HA Greeff, wat na 1984 gepubliseer is.

Die derde ontwerp verskyn op 'n Greefffees program van 1978. Die saamtrek van HA Greeff se aftammelinge het op Lichtenburg plaasgevind.

 

 

Die vierde ontwerp verskyn algemeen op die internet, byvoorbeeld by:
http://familiewapen.allepaginas.nl/,
http://www.geocities.com/viljoen_family/stoor/greeff.jpg

http://www.onsdorp.com/stamboom/g.html

Die ontwerp hiervan is baie soortgelyk aan die 1978 Greefffees wapen en laat 'n mens wonder oor die oorsprong van beide familiewapens.

 

Al vier wapens het sterre en 'n riddershelm in gemeen. Ek glo dat dit 'n moderne verskynsel is om die familienaam in plek van 'n leuse te vertoon, want dan kan die afbeelding makliker verkoop word. Myns insiens was die oorspronklike familiewapens vol simbole wat 'n familie verteenwoordig het, en hulle het meer betekenis gehad as net die familienaam in skrif, want hulle het ook gedui op die geskiedenis van die familie. 'n familielid in Amerika vertel my dat die palmboom in die eerste ontwerp simbolies is van die Greeff kruisvaarders se kruistogte gedurende die 11de, 12de en 13de eeue. Hierdie Duitse kruisvaarders het van hulle koue klimaat na die Middelandse See uitgevaar, en daar vir die eerste keer die palmboom gesien, waarvan die blare eens onder die hoewe van Jesus se muil gestrooi is. Van die kruistogte kom ook die riddershelm wat in al vier ontwerpe verskyn. Die ster mag dalk simbolies wees van die Bethlehemster, en 'n kruistog na Jerusalem, ongeveer 1095.

 

Coat of Arms versus Family Crest

 

Daar is verwarring oor die Engelse terminologie, “Coat of Arms” en “Family Crest”. Eersgenoemde is die hele wapen, en laasgenoemde is 'n klein stukkie bo-op die wapen, wat vir elke titelhouer (of familievader) anders is. Nou praat mense van die hele wapen asof dit 'n “family crest” is. Dit is verkeerd, want “crest” op sigself beteken “kruin” en dui dus op net die boonste stukkie.

 

 

 

 

 

Bron: http://westggsa.blogspot.com/2007/08/familiewapens-bestaan-nie-uit-en-gedaan.html

Kenners se siening oor familiewapens.

http://westggsa.blogspot.com/2007/08/familiewapens-bestaan-nie-uit-en-gedaan.html