Home

Documents

Jan Smuts

Register of Historical Assets

About us

Familiewapen

Lichtenburgstam HA Greeff

Research in Germany

Search

Family Web Sites

Love's Argument

Research To Do

Add your Family Tree

GENEALOGY HOME PAGE

Matthias Greeff & his Children

SAG Errata

Anglo Boer War

Greeff Bank

Matthias Greeff Data

Saturday Squad

Archives

Greeff in Phone Book

Memorable People

Search Tools

Books about Greeff

Greeff Lategan Marriages

NEWSLETTER

The Lötter Genes

Cape Death Notices

Wild Coast Reunion 2010

Odds 'n Ends

Turning 50

Caspar's Stories

Greeffmail

Our Newest Page

War Casualties

Contact Us

Growth

Photos

Which Family Tree?

Death Notice Project

Greeff Paintings

Register of Greeff Farms Zijdgreeff
DNA Family Project

Huckenbach

 Die Lichtenburgstam
Die afstammelinge van HA Greeff, stigter van Lichtenburg.

Jan Greeff, van Barberton, werk baie hard aan hierdie stamboom, wat beide die manlike en vroulike nasate van Hendrik Adriaan Greeff insluit. Ek vra dat enigiemand met verdere inligting, boeke of fotos dit asseblief per epos vir hom stuur, by jan@verslank.net. Om te sien hoe hierdie deel van die Greeff stamboom tans lyk, klik op die skakel: Die Lichtenburg Afstammelinge.

Die Lichtenburgstam is 'n belangrike deel van die Greeff familie. Daar is baie Greeff afstammelinge, baie mense wat oor die Greeff familie geskryf het, baie volksleiers (HA Greeff, Nonnie Greeff wat getroud was met Generaal Koos de la Rey, haar broer, Kol GJ Greeff), en gevolglik ook baie inligting oor hierdie tak van die Greeff familie wat behoue gebly het.

 

Greeff en Folkus
Wat weet jy? Kan jy help?

Die verband tussen die Greeff en Folkus families bestaan êrens, maar ons weet nie mooi waar of hoe nie. Al wat ons het is 'n ou poskaart, en twee buurplase in die distrik Lichtenburg: Greeffslaagte en Olivenhoutpan. Wie die Greeffs van Greeffslaagte was weet nugter alleen. Van Olivenhoutpan weet ons ietsie meer:

Hendrik FOLKENS (let op die spelling) sterf te Olievenhoutspan distrik Lichtenburg op 8/8/1895 op 'n ouderdom van 41j, 2m en 19d volgens sy SK. Sy vrou was Margaretha Johanna Sophia VAN WYNGAARDT. Hulle het die volgende kinders gehad:

Jan Johannes (Cornelius) *1/1/1881 x Wilhelmina Christina VAN WYNGAARD
Johannes Jurie * 6/1/1883 x Magdalena Elizabeth HORN xx Johanna Elizabeth Magrietha ALBERTS
Margaretha Magdalena Maria *17/9/1887 x Jacobus Fredrik AUSTIN (die poskaart is verkry van hulle nasate)
Petrus Johannes *28/5/1890 x Johanna Helena Petronella NEL (my man se oupa en ouma)
Johanna Magrieta *29/9/1892 x Frans Gert Petrus COETZEE
Francina Susanna *23/8/1894 (+ as kind nog voor haar pa se boedel afgehandel was)

Al die FOLKUS persone in SA, sover ek kon vasstel, stam van bogenoemde FOLKENS/VAN WYNGAARDT familie af en die van word daarna FOLKUS gespel. Daar was/is nogal heelwat Engels sprekende aangetroudes soos wat ek kon verneem het, onder die nasate.

 Na Hendrik se afsterwe, koop sy vrou 'n erf in Lichtenburg deur die agent Harry DUDFIELD van 'n Daniel Snyder. Daar is ook 'n dokument  wat uitgereik is vir die inhegtenisname van H FOLKENS en D SNYDER omdat hul onder verdenking gestaan het van veediefstal in 1882. Wat vir my ook opmerklik was, is dat Harry DUDFIELD in 1893 die plaas Olievenhoutspan van 'n Gert Petrus VISSER gekoop het en daarna die plaase Biessiesbult en Olievenhoutspan gekonsolideer het. Die plaas word daarna Dudfield genoem.

Hendrik se vrou verhuis na Krugersdorp (word vervoer deur 'n Johannes DE BEER) net voor die oorlog, want daar word agterna 'n "claim for compensation" ingesit vir die huis en vrugtebome wat platgevee moes word deur die troeppe wat die dorp moes verdedig. Sy trou daarna, die tweede keer, met Cornelius Johannes MURPHY.

 Die volgende inligting (bo en behalwe die foto) is vir my 'n aanwysing dat daar 'n verbintenis moes gewees het:
1.  Hendrik se tweede kind en sy vrou se jongste broer word saam gedoop. Van die getuies wat teken by haar broer se doop, was Wouter DE VOS en Johanna Hendrika GREEFF.
Hulle staan as getuie by die VAN WYNGAARD/DU PLOOY doop, maar nie by die FOLKENS/VAN WYNGAARD doop wat op dieselfde dag geskied nie. Dit wil dan voorkom of daar eerder 'n verbintenis met die VAN WYNGAARD familie was.
2.  My Skoonpa noem dat Generaal (Koos) JH DE LA REY 'n Groot Oom van hulle was. Hy was getroud met Jacoba Elizabeth GREEFF.
(Bron: Annemarie Folkus, per epos)

Johanna Hendrika GREEFF en Jacoba Elizabeth GREEFF was twee susters, beide dogters van HA Greeff.

Die poskaart lyk van voor so:

En agterop so:

Die groot vraag wat by my ontstraan is: Watter Greeff, van Lichtenburg, sou vir sy oupa in Engels skryf? Herken iemand sy foto? Wie was SJ Greeff, wat hierdie poskaart geskryf het? Laat weet my asseblief per epos by Greeff@Greeff.info

Die kaart van die twee plase (groter beeld) lyk so: