• First Name:   
  • Last Name:   
Jacomina Gertruida DE LA REY

Jacomina Gertruida DE LA REY

Female 1906 - 1967  (60 years)

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Jacomina Gertruida DE LA REY was born on 20 Apr 1906 (daughter of Jacobus Herculaas (Koos) DE LA REY); died on 9 Jan 1967 in Johannesburg, S A.

    Notes:

    Jacomina Gertruida (Minnie) Constantinou neé van Dyk - Youngest Daughter

    Our mom was a humble person who never raised her voice. Love was always streaming from her, I am sure she was an Angel sent by God to be our mom. When we were naughty she would only make 'Big Eyes' and we all knew to tow the line.

    Mom was born in the Cape. They resettled to Betuanaland, now Botswana, and that is where she grew up. She learned to speak the mother tongue of the black people as well as they could. Her Mom died when she was 9. She was the eldest daughter and had to take care of her younger sister Hester and the household. The black people taught her how to cook as well.

    Her father was the son of Genl De La Rey, who would often come and visit to see if the children were ok after their mom had passed away.

    When moving out as adults her eldest brother Koos lived in Vryburg. Her other brother Pieter married a lady with the name Hester (Who was crazy about Stan, Maude's 1st husband). Hester and Pieter had a son Ronnie and two daughters Erin and Cecilia, who used to be a real little snip when she was small. Mom's younger sister, also Hester, married Lovey Schmidt. They never had any children and always wanted me to go and live with them.

    Mom baked bread daily. When Jimmy was off in the navy it was the remaining 5 children, Mom and Dad and 2 of Dad's half brothers all had to be fed. Her food was always tasty. Friday nights she would make fish and chips. The rest of the week was real 'Boere kos' with veggies from our garden and meat and rice or mealie rice. Sundays was roast chicken and Dad would choose what pudding he would like to have. His favourite pudding Bottled Peaches with Jelly and Ice Cream. We had our own vegetable garden and our own chickens. Some to slaughter and others for eggs. I was only allowed to carry 1 egg at a time

    Our Mom really loved Bing Crosby's music. She always used to say "Hy kan maar sy skoene onder my bed kom sit". We had a radio, but the brothers also played for our entertainment. Joe played a piano and pianoaccordian, Koos played violin, guitar and Hawaiian guitar. Invariably the violin was out of tune, because I would always 're tune' it for Koos.

    Our Mom could make the most beautiful clothes. She once made such a stunning evening dress for Maude to go dancing in, a pink dress with silver stars.

    When Mom was released from hospital, she told me that she had cancer. She had to take 2 tablets a day and the 2 of us would rest a short while in the afternoon.

    Melinda (Lindie) van der Schyf neé Brooks - Granddaughter

    Oumie passed away when I was only 2. So I do not really have a vivid memory of her. What I do have is a 'knowing' of sleeping behind her back when she came to visit in the house we were renting from Dad's brother Uncle Willy. Somehow I also have a 'knowing' of her soft gentle soul

    Christina Ellen (Stienie) Blom neé van Dyk - Oudste Kleinkind

    Vanaf 1963, sovêr ek kan onthou, het ek baie goeie tye saam met Ouma Mynie gehad toe ek by haar op die plaas gaan kuier het.

    Eerstens, die plaashuis anderkant die populiersbos ... ... ... Daar het ek en my sus Bettie, en soms my boeties ook, gekuier. Voor die huis het 'n diep watervoor verby gevloei. Aan die kant van die huis was daar 'n groot poel wat met tyd gevorm het waar die trekkers deurgery het na die lande verderaan. Daar in die poel het ons altyd te lekker baljaar.

    Soggens het die kombuishulp die lekkerste pap gemaak waarby Ouma eiers gebak het en oor die pap vir ons geskep het. Dan het Ouma vir ons uit die Bybel uit voorgelees en ons het hande gevat om saam te bid. Ouma het dan brood geknie en ons het uit die huis gegaan om te gaan speel. Ouma het die brode in die buite oond gebak, die lekkerste was die egte plaasbotter op 'n sny warm boere brood. Somtyds het Ouma vir ons eiervrug (in dun skyfies gesny) in botter gebak en op die brood was dit 'n heerlike lekkerny. Ook was varkvet op brood met sout en peper vir my konings kos.

    Klokslag, elke dag voor 10h00, het daar 'n groot likkewaan in die watervoor afgekom. Ons het buite gespeel en as dit warm was het ons in die water baljaar. Ek onthou nog eendag, toe Oom Sidney nog by Tannie Minnie gekuier het, dat hulle saam met ons buite was waar ons geswem het en in die son gelê het. Ewe skielik was die kombers waarop ons lë oor my kop, en Oom Sid sê ek moet nie koekeloer nie, want ek mag nie sien wat grootmense doen nie, maar ek het geweet hy wil weer 'n soentjie steel.

    Ouma was baie lief vir naaldwerk. Destyds was die meel sakkies van wit linne gemaak met patrone op gedruk. Sy het die sakkies spierwit uitgewas en dan die patrone uitgeborduur en vadoeke en voorskote gemaak. Van die groot sakke het sy kussingslope gemaak. Sy sou op die stoep in die koelte sit om ons dop te hou terwyl ons in die water speel. Altyd besig met die een of ander naaldwerkie.

    As Oupa op die plaas was, het hy altyd saam met Oom Koos buite gewerk. Op 'n dag in 1964, terwyl Oupa aan sy kar gewerk het, het ek amper op 'n groen boomslang getrap wat uit die boom in die water geval het. Toe ek gil was Oupa dadelik by en gooi die slang met 'n moersleutel wat in sy hand was. Daardie dag was oupa ook amper gepik toe hy en Pennie (die jong bediende wat na ons gekeyk het) tussen die water plante gesoek het vir die slang. Skielik roep Pennie dat Oupa moet stilstaan, want ta se kind lê op 'n blaar van die waterplant digby Oupa se gesig. Sy het die slang toe doodgemaak. Daardie nag begin ek nagmerries kry en Oupa het gery van die plaas af na 'n noodapteek in Johannesburg om vir my medisyne te gaan kry.

    Daar was ook familiebyeenkomste op die plaas gehou. Dan word daar geslag, bees, skaap en vark. Almal het dan hulle deel gekry om saam te neem huis toe. Ouma het 'n groot kole yskas gehad net buite die agterdeur waarin sy al die vleis, groente en eiers in gebêre het. Sy het ook vet uitgebraai en frikkedelle ingelê in flesse.

    Kerstyd was die familie ook almal weer bymekaar. Die groeter kinders, ek en Shannon, het dan met al die kleintjies gespeel. Die plaashuis was baie groot en ons kon lekker wegkruipertjie speel in hom. Oom Joe en Oom Sid het altyd vir die kinders poetse gebak.

    Jare daarna, by die plaashuis met die grasdak, was daar ook goeie tye gewees. Daar het ons lekker gespeel en ook in die besproeingsdam agter die huis geswem. Gereeld in die vrugte bome geklim, veral as die vrugte ryp was. Soms het ons ook gaan kyk hoe die werkers boontjies verpak vir die mark, of saam Oupa gery om vir Oom Koos kos weg te bring na die buurplaas waar hy op die tabaklande gewerk het.

    Ek sal die plaashuise vir altyd onthou. As ek kon skilder, sou ek dit wat ek voor my geestesoog sien, op doek wou vas lê.

    Die hartseerste dag was toe ons in die Kaap met vakansie was en die tyding gekry het van Ouma se afsterwe. Ons het dadelik gepak en teruggekom vir haar begrafnis. Dit was net so hartseer toe ons vir oulaas plaas toe is om al Ouma se goedjies op te pak. Daar het ek besef dat dat dit 'n deel van my lewe was wat afgesluit is.

    Na Ouma se dood het het Oupa Mayfair in Johannesburg, Transvaal toe getrek. Ons het daar vir hom gaan kuier en hy het gereeld vir ons kom kuier.

    Oupa en Ouma was twee groot ouers wat enige kind trots en geliefd laat voel het. Hulle was die sout van die aarde.

    Rhonél Winnifred Woodford neé De Wet - Granddaughter

    What I can remember is that Ouma died when I was nearly 7. She used to safe guard me totally. The times I spent with her on the farm along with Shannie and Kosie were the best! I recall how she used to say that she always wanted to cut her hair shorter, when she had no choice to, after the Wicks Bubblegum I stuck behind her ears when I slept with her, got tangled in hair.

    The times we use to go down the "voor" in the big bathtubs were awesom, best times on the farm. Then if you could just dip your hands in her tins of biscuits. She always had something for every one. She really loved my father and I think she was the only mother figure he ever had in his life.
    Sometimes though I think he missed her more than what my mother did - my opinion only.

    I was very lucky to spend time with both my grandparents shortly before their deaths and there are memories I will always treasure, even though we lived far away in the Free State.

    Family/Spouse: Joseph John (Pollie) VAN DYK. Joseph was born on 4 Jul 1903 in Christiana, Transvaal, South Africa; was christened on 4 Nov 1903 in Christiana, Transvaal, South Africa; died on 6 Mar 1979 in Johannesburg, Transvaal, South Africa; was buried in Braamfontein, Johannesburg, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. James Joshia (Jimmy - Jim) VAN DYK was born on 1 Nov 1925 in Christiana, Transvaal, South Africa; died on 12 May 2002 in Parow, Cape Town, South Africa.
    2. Maude Esther VAN DYK was born about 1928 in Christiana, Transvaal, South Africa; died about 1970 in Edenvale, , Transvaal, South Africa.
    3. Joseph John (Joe) VAN DYK was born on 13 Dec 1933 in Christiana, Transvaal, South Africa; died on 5 Feb 2005 in Pretoria, Gauteng, South Africa.
    4. Jacobus Herculaas (Koos) VAN DYK was born on 23 Aug 1935 in Christiana, Transvaal, South Africa.
    5. Dorothy Jemima (Dot) VAN DYK was born on 7 Sep 1938 in Johannesburg, Transvaal, South Africa; died on 6 May 2005 in Johannesburg, Gauteng, South Africa.
    6. Jacomina Gertruida (Minnie) VAN DYK was born on 18 Nov 1940 in Johannesburg, Transvaal, South Africa.

Generation: 2

  1. 2.  Jacobus Herculaas (Koos) DE LA REY was born on 11 Dec 1883 (son of General Jacobus Herculaas (Koos) DE LA REY and Jacoba Elizabeth (Nonnie) GREEFF); died in 1907.
    Children:
    1. Koos DE LA REY
    2. Pieter DE LA REY
    3. Hendrik DE LA REY
    4. Hester DE LA REY
    5. 1. Jacomina Gertruida DE LA REY was born on 20 Apr 1906; died on 9 Jan 1967 in Johannesburg, S A.


Generation: 3

  1. 4.  General Jacobus Herculaas (Koos) DE LA REY was born on 22 Oct 1847 in 'doornfontein', District Winburg, O.F.S., South Africa (son of Adriaan Johannes Geysbertus DE LA REY and Adriana Wilhelmina VAN ROOYEN); died on 15 Sep 1914 in Langlaagte, Johannesburg, Transvaal, South Africa.

    Notes:

    According to Meintjies, in "de la Rey, Lion of the West " Koos de la Rey's second name was spelt "Herculaas" by himself but it is misspelt by many others as "Hercules" or "Herculas".

    There are numerous publications about the colourful life and career of the well-known general J H (Koos) de la Rey, also known as the Lion of the West.

    Jacobus married Jacoba Elizabeth (Nonnie) GREEFF on 24 Oct 1876 in Zeerust, Transvaal, South Africa. Jacoba (daughter of Hendrik Adriaan GREEFF and Suzanna Maria REDELINGHUYS) was born on 28 May 1856 in Paarl, Cape, South Africa; was christened in in Paarl, Cape, South Africa; died on 12 Aug 1923 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 5.  Jacoba Elizabeth (Nonnie) GREEFF was born on 28 May 1856 in Paarl, Cape, South Africa; was christened in in Paarl, Cape, South Africa (daughter of Hendrik Adriaan GREEFF and Suzanna Maria REDELINGHUYS); died on 12 Aug 1923 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.

    Notes:

    Methuen was captured at Tweebosch on 7 March 1902, the only British general taken during the war. It is on record that Mrs de la Rey gave him boerebeskuit and killed her last chicken for him. Source: Emily Hobhouse, Boer War Letters, Human & Rosseau, ISBN 0 7981 1823 7

    Max du Preez skryf op 9 Januarie 2009 in Beeld soos volg:

    Die stortvloed heldeverering vir Helen Suzman na haar dood op Nuwejaarsdag het my weer laat wonder hoekom ons gemeenskap so traag bly om die merkwaardige vrouehelde uit ons verlede te erken en te eer. Dink maar aan Albertina Sisulu. Selfs skoolkinders weet wie en wat Walter Sisulu was, maar al wat die meeste Suid-Afrikaners van Albertina weet, is dat sy Walter se getroue eggenote was.

    Ek het albei mense geken. Ek dink 'n eerlike ontleding sal aantoon dat Walter, wonderlike, eerbare man wat hy was, se belangrikste rol dié van aanvulling tot Nelson Mandela was.

    Albertina, daarenteen, was tot in die vroeg 1990's 'n merkwaardige leier in eie reg, want haar man was in die tronk. Geslagte jong swart leiers is deur haar huis en haar hande. Sy is die Moeder van die Nasie; Winnie Madikizela was dit nooit nie.

    Ek het in my jongste boek, Of Tricksters, Tyrants and Turncoats, ook na enkele ander vrouehelde gekyk, en twee uitgelig wat ek gedink heeltemal onderskat is: die BaTlokwa-leier en bobaas-kryger van die vroeg 1800's, Mantatisi, en Nonnie Greeff-de la Rey, vrou van Generaal Koos. Dit is vir my interessant dat die meeste reaksie wat ek oor die boek kry, juis oor Nonnie de la Rey gaan. Dit is die meeste lesers se gunstelingstorie, swart en Engelssprekend ingesluit. Soos haar ma, Suzanna, het Nonnie (in 1865 gedoop Jacoba Elizabeth) trou aan haar man gesweer, hom gedienstig bygestaan en aanvaar hy is die leier in die huwelik. Maar Suzanna en haar dogter (soos MaSisulu en soveel ander sterk vroue) was eintlik net sulke sterk - of sterker - persoonlikhede as hul mans, wat eintlik maar net toegelaat het dat hul mans glo hy is die geeerde patriarg net om nie die orde te versteur nie.

    Diep godsdienstig was Nonnie wel, maar nie so 'n fundamentalistiese Christen soos Koos nie. Terwyl sy en haar ma op nog 'n lang tog saam met haar ewig-trekkende pa, Hendrik, heeltemal sonder water gaan staan het, het Hendrik aan God gesê as Hy vir hulle water gee en hul lewe red, hy op sy vyftigste verjaardag na daardie selfde plek sou teruggaan om vir God dankie te sê. Hendrik het van sy kniee opgestaan en vir sy gesin gese God het aan hom gese daar is water in daardie boom, en hy wys na 'n ou boom daar naby. Hulle dag eers die arme man het sonsteek, maar toe hulle by die boom kom, sien hulle 'n klomp water van die laaste reenbui was in 'n vurk in die boomstam opgevang. Daar was genoeg water vir hulle en hul diere.

    Hendrik het wel in 1878 op sy vyftigste verjaardag met sy familie, vriende en sy dominee na dieselfde plek teruggegaan om God te bedank. Toe sy vyftig word in 1906, het Nonnie haar familie en vriende ook na die plek teruggeneem om weer dankie te gaan se - en in 1937 het haar dogter, Polly, dieselfde op haar vyftigste verjaardag gedoen.

    Die Greeffs het in Lichtenburg tot ruste gekom. Nonnie en Koos is in 1876 in die Hervormde kerk in Zeerust getroud. Sy het nie veel onderwys in haar lewe gehad nie, maar kon darem genoeg lees en skryf om 'n dagboek oor haar lewe te hou.

    Die De la Reys het op een van Hendrik Greeff se stukke grond begin boer, maar Koos was meestal weg om Naturellekommissaris, landmeter en kommandoleier te speel. Nonnie het die boerdery oorgeneem. Tussen 1878 en 1897 het Nonnie die lewe geskenk aan sewe dogters en vyf seuns - twaalf kinders in negentien jaar! Twee van die seuns is as babas dood.

    Ná haar ma se dood het Nonnie ook haar ma se vier jongste kinders en sommer twee ander kinders ook aangeneem. Sy het dus sestien kinders gehad om groot te maak en kos te gee. Koos self het volgens van sy biograwe nie veel met die opvoeding te make gehad nie.

    Maar die merkwaardige deel van Nonnie se lewe het eintlik begin toe die oorlog in 1899 uitbreek en Koos 'n militêre sleutelfiguur geword het. Binne 'n maand ná die uitbreek van die oorlog is haar seun Adaan, wat saam met sy pa geveg het, by die Slag van Tweerivieren doodgeskiet. Nonnie was diep getref, maar het dit haar plig geag om eerder haar man te troos. Sy het in 'n verlate huis naby haar man se kommando in die Magersfontein-distrik gaan bly en haar man gereeld gesien in die weke ná Adaan se dood. Op Kersdag en Oujaarsdag het sy vir hom 'n groot maaltyd gegee. Sy is eers op 7 Januarie 1900 terug huis toe nadat Koos Colesberg toe gestuur is.

    Die Britte het gou agtergekom Koos de la Rey gaan een van hul grootste nagmerries wees. Hulle het gehoor Koos gaan kort-kort terug plaas toe om vir Nonnie en die kinders te sien en het 'n veldtog geloods om hom te vang. Maar elke keer as Nonnie Britse soldate op haar plaas gesien ronddwaal het of probeer het om vee of perde te vang, het sy perd opgesaal en die Britse bevelvoerders gaan konfronteer. Generaals Archibald Hunter, CWH Douglas en Lord Methuen self het so onder haar skerp tong deurgeloop en elke keer hul manskappe opdrag gegee om hulself te gedra.

    Nonnie het gou 'n gevreesde figuur onder die Britse offisiere geword. Lord Methuen het haar op haar plaas gaan besoek, eers om vir haar te gaan se sy opdrag was om al haar perde te konfiskeer (wat sy hom toe oorreed het om nie te doen nie) en later om met haar te onderhandel oor sy opdragte van bo om haar huis af te brand. Hy het aangebied om een gebou te los sodat sy en die kinders daarin kon woon, maar sy was nie bereid tot enige kompromis nie. Hy is uiteindelik weg sonder dat die De la Rey-opstal afgebrand is.

    Haar bestaan in Lichtenburg was gou onhoudbaar. 'n Indiese handelaar wat langs die De la Reys se dorpshuis gewoon het en 'n goeie vriend van Koos was, Ajam Abed, het haar voorraad kos, koffie, suiker en medisyne aangevul en in November 1900 het sy en die kinders - en 'n paar koeie vir melk en skape en hoenders vir vleis - begin swerf.

    Vir byna agtien maande, tot en met die einde van die oorlog, was Nonnie en die kroos nomadies. Hulle het soms in grotte gebly, soms, wanneer dit veilig geag is, saam met families wat nog op hul plase was en andersins in die veld of in verlate geboue.

    Haar hoenders en skape was goud werd en sy het soms vleis vir mieliemeel en broodmeel geruil. (Toe Lord Methuen in Maart 1902 deur haar man se magte gewond is, het sy vir hom beskuit gestuur wat sy in die veld gebak het.) Toe die koffie begin opraak, het sy soetpatats gerooster en gemaal en met die laaste bietjie koffiemoer gemeng. Stysel uit groenmielies en salpeter van 'n verlate muur afgekrap was genoeg om haar eie seep te maak.

    Die kinders se klere was gou kapot. 'n Union Jack-vlag en 'n groen snoekertafelkleed wat 'n soldaat uit die hotel in Wolmaransstad gesteel het, het in kledingstukke vir die kinders 'n nuwe lewe gekry.

    Nonnie se formidabele, legendariese teenwoordigheid op die vlaktes van konflik was 'n groot bron van inspirasie vir ander Boeregesinne, vir die Boerekrygers en natuurlik vir haar generaalman. Hoewel Koos se gevegstyl baie beweeglik was, het hy en Nonnie blykbaar altyd geweet waar die ander een is. Nonnie het baie keer by hom op kommando gaan oorslaap en gewoonlik spesiale dae soos Kersdag en Nuwejaarsdag by hom deurgebring.

    Die twee het beplan om hul 25ste huweliksherdenking op 24 Oktober 1901 romanties te vier en Koos het vroegoggend al sy kispak aangetrek. Maar die volgende oomblik het die Britte sy kommando aangeval en pleks van romanse moes hy en sy manne veg vir hul lewe. Hy het die hele geveg in sy kispak aangevoer en glo die aand ontdek dat twee van sy baadjieknope deur 'n Britse koeel afgeskiet is . . .

    Nonnie se groot vrees was dat die Britte haar sou vang en in 'n konsentrasiekamp sou toesluit. En tog is daar getuienis dat Britse aanvalsmagte verskeie kere op haar afgekom en nooit probeer het om haar te arresteer nie. Sy het altyd haar man gestaan en die offisiere was dalk 'n bietjie bang vir haar - of dalk was dit net groot respek, vir haar en vir haar man.

    Die laaste groot veldslag van die oorlog was by Tweebosch op 7 Maart 1902, 'n veldslag wat oorweldigend deur Koos de la Rey en sy manne gewen is. Lord Methuen se perd is onder hom doodgeskiet en sy been is gebreek. Koos de la Rey het hom soos 'n mede-offisier behandel en Methuen het glo selfs verskoning gevra vir die konsentrasiekamp-beleid van sy weermag. Hy het ook dadelik na Nonnie se welstand verneem.

    Nonnie is dadelik Tweebosch toe en het Methuen in sy tent gaan sien. Volgens haar dagboek het hy gese hy was jammer dat hy en sy magte haar soveel moeilikheid veroorsaak het. Nonnie het een van haar kosbare hoenders geslag en vir Methuen as padkos saamgegee toe hy na Krugersdorp se hospitaal vervoer is.

    De la Rey se manskappe was kwaad dat die vyand se bevelvoerder sulke behandeling kry en het hul generaal verplig om die ambulanswa te laat omdraai. Terug by Tweebosch het Koos en Nonnie saam aan die Boerekrygers verduidelik dat dit die Christelike ding sou wees om te doen, en dié keer het die manne dit aanvaar en Methuen is vort. Koos en Nonnie het 'n telegram aan Methuen se vrou laat stuur om te se hy is gewond, maar sou gou gesond word.

    Nonnie Greeff-de la Rey se omswerwinge het eers in Mei 1902 tpot 'n einde gekom toe die twee Boererepublieke en Brittanje 'n vredesverdrag gesluit het. Sy is op 12 Augustus 1923 dood, nege jaar nadat haar man per ongeluk deur die polisie in Johannesburg doodgeskiet is.

    Viva, Nonnie, viva!

    Christened:
    Gedoop deur Ds van der Lingen.

    Children:
    1. Susanna Maria Magrieta (Sannie) DE LA REY was born on 4 Jan 1878 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 22 Nov 1902; was buried in Pretoria, Transvaal, South Africa.
    2. Adriana Wilhelmina Margaretha (Ada) DE LA REY was born on 21 Feb 1879 in Manana, Lichtenburg S A; died on 22 Dec 1903 in "Smaldeel", Winburg District, O.F.S., South Africa.
    3. Adriaan Johannes Gysbertus (Adaan) DE LA REY was born on 26 Nov 1880 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 28 Nov 1899 in Jacobsdal, S A.
    4. Hendrik Adriaan DE LA REY was born in Jan 1882; died in Jan-Feb 1882.
    5. 2. Jacobus Herculaas (Koos) DE LA REY was born on 11 Dec 1883; died in 1907.
    6. Hendrik Adriaan Greeff DE LA REY was born on 1 Sep 1885 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 11 Oct 1885 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 16 Jan 1959.
    7. Jacoba Elizabeth Aletta (Pollie) DE LA REY was born on 19 Feb 1887; was christened on 13 Mar 1887 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 13 Apr 1967.
    8. Johanna Elizabeth (Hannie) DE LA REY was born on 12 Jan 1889; died on 28 Nov 1971.
    9. Pieter DE LA REY was born on 6 Jun 1890; was christened on 31 Aug 1890 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died in Mar 1891.
    10. Magdalena Maria Margaretha (Lenie) DE LA REY was born on 20 Feb 1892; was christened on 24 Apr 1892 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    11. Hester Gertina DE LA REY was born on 9 Nov 1893 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 22 Jan 1894 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 12 May 1963 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    12. Gabriel Johannes (Jannie) DE LA REY was born on 20 Apr 1896; was christened on 26 Jun 1896 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 19 Apr 1972 in Germiston, Transvaal, South Africa; was buried in Apr 1972 in Suidparkbegraafplaas, Germiston.


Generation: 4

  1. 8.  Adriaan Johannes Geysbertus DE LA REY was born on 25 Dec 1812 in Cape, South Africa; died on 6 Dec 1891 in Delareyskraal, Bloemhof.

    Adriaan married Adriana Wilhelmina VAN ROOYEN on 20 May 1838. Adriana was born on 12 Apr 1818 in George; died on 20 May 1913 in Schweizer-Reneke. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 9.  Adriana Wilhelmina VAN ROOYEN was born on 12 Apr 1818 in George; died on 20 May 1913 in Schweizer-Reneke.
    Children:
    1. 4. General Jacobus Herculaas (Koos) DE LA REY was born on 22 Oct 1847 in 'doornfontein', District Winburg, O.F.S., South Africa; died on 15 Sep 1914 in Langlaagte, Johannesburg, Transvaal, South Africa.

  3. 10.  Hendrik Adriaan GREEFFHendrik Adriaan GREEFF was born on 26 Jan 1828 in Lichtenburg, Durbanville Cape; was christened on 10 Feb 1828 in Ned Geref Gemeente Kaapstad (son of Matthys Hendrik GREEFF and Rachel Anna Jacoba DE VILLIERS); died on 3 Apr 1884 in The Farm Rooipoort, District Of Volksrust, S A.; was buried in 1884 and re-buried 1944 in Rooipoort, Volksrust Dist And Later Manana, Lichtenburg.

    Other Events:

    • Alt. Birth: 29 Jan 1828, Lichtenburg, Durbanville, Cape, South Africa
    • Alt Death: 4 Mar 1884, 'sandspruit', Wakkerstroom, Transvaal, South Africa
    • Alt. Death: 3 Apr 1884, The Farm Rooipoort, District Volksrust, Transvaal, South Africa

    Notes:

    B2c1d4e1f6g1

    The particular bonding that exists between Hendrik's descendants was triggered by the occasion when, near to the place where he later founded the town of Lichtenburg, his prayer for water was answered by the Lord. Hendrik returned to the place to give thanks on his 50th birthday.

    Many of his descendants have spontaneously followed suit, arranging family gatherings at the site and honouring the Lord in a special way on their 50th birthdays.

    The farm where he was born in Durbanville, Cape was named Lichtenburg, after the area in Germany from where his ancestor, Matthias Greeff came to South Africa in the 17th Century.

    Hendrik's date of birth has yet to be confirmed. The inscription on his gravestone reads 19 Jan 1928, the National Archives say it was 26 Jan 1828 and Gretha du Preez in her book "Stigter van Lichtenburg, Kommandant H A Greeff" states that the date was 29 Jan 1828. The latter date is shown provisionally, until further confirmation is found. In his book "Die wel en wee van Hendrik Adriaan Greeff", pp.34, A D Bosman quotes from the writing of ds de Vries, where he described how he joined Hendrik for his birthday celebration on 29 January 1878, thereby providing a further source to indicate that 29 January 1828 could be the correct date of birth.

    The first four large concentration camps in Germany were already in existence in 1937, two years before the war. They were Dachau, Buchenwald, Sachsenhausen and Lichtenburg! (Source: Page 61. Veranov, Michael (Ed). 1998. The Third Reich at War. Siena Publishing.)

    Pieter du Preez remembers (2016) that great-grandfather H A Greeff owned a large home in a Lichtenburg suburb known as Doornfontein, later Retief Park. The house was later demolished. He doubts whether H A Greeff would have built the farmhouse at Manana. He was focused on the founding of the town.

    Later word-of-mouth evidence from close family members does, however, suggest that Hendrik did, in fact, build the stately farmhouse.

    Hendrik married Suzanna Maria REDELINGHUYS on 16 Jul 1855 in Hopetown, Cape, South Africa. Suzanna (daughter of Johannes Hermanus REDELINGHUYS and Jacoba Elisabet GROBLER) was born on 6 Jan 1837 in Malmesbury, Cape, South Africa; died on 21 Jan 1888 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 11.  Suzanna Maria REDELINGHUYS was born on 6 Jan 1837 in Malmesbury, Cape, South Africa (daughter of Johannes Hermanus REDELINGHUYS and Jacoba Elisabet GROBLER); died on 21 Jan 1888 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.

    Notes:

    During 1858, while camping on the farm Elandsfontein where they wished to settle, Hendrik and Suzanne were guarding the cattle during the night. She saw something prowling around the camp, took aim and fired. Hendrik thought that she had imagined things but when morning came they found a lioness that had been shot by Suzanne.

    Notes:

    Married:
    Getroud deur Ds J Murray.Alt Marriage: Hendrik Adriaan GREEFF, b2c1d4e1f6g1 Date: 16 Jul 1855 Location: Hoopstad, O.F.S., South Africa

    Children:
    1. 5. Jacoba Elizabeth (Nonnie) GREEFF was born on 28 May 1856 in Paarl, Cape, South Africa; was christened in in Paarl, Cape, South Africa; died on 12 Aug 1923 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    2. Rachel Jacoba Elizabeth GREEFF was born on 16 Oct 1857; was christened in in Hopetown; died on 11 Jul 1858.
    3. Magdalena Maria Margaretha (Lenie) GREEFF was born on 4 Jan 1859 in Makwassie, Transvaal, South Africa; was christened in in Hopetown, Cape, South Africa; died on 30 Dec 1928.
    4. Johanna Hendrika GREEFF was christened in in Potchefstroom, Transvaal, South Africa; died on 31 May 1863.
    5. Johanna Hendrika (Hannie) GREEFF was born on 15 May 1860 in Montagu, Cape, South Africa; was christened in in Potchefstroom, Transvaal, South Africa; died on 15 Apr 1898 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    6. Johannes Hermanus GREEFF was born on 14 Mar 1864; died on 19 Oct 1864.
    7. Pn GREEFF was born on 29 Oct 1865; died on 5 Nov 1865.
    8. Hendrik Gabriel GREEFF was born on 11 Jul 1867 in Elandsfontein, Lichtenburg District, S A; was christened in in Potchefstroom, Transvaal, South Africa; died on 27 May 1929 in Grootpan, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Grootpan, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    9. Margaretha Suzanna (Grieta) GREEFF was born on 12 Nov 1868 in Zemanangombe, Damaraland; was christened in in Potchefstroom, Transvaal, South Africa; died on 5 Jul 1938 in Germiston, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, Lichtenburg.
    10. Gabriel Johannes (Jan) GREEFF was born on 13 Sep 1870 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened in in Potchefstroom, Transvaal, South Africa; died on 16 Jul 1944 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    11. Susanna Maria (Sannie) GREEFF was born on 4 Jul 1872; was christened in in Kimberley; died on 6 Oct 1956; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    12. Cornelis Evert GREEFF was born on 15 Mar 1874; was christened in in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    13. Anna Catharina (Annie, Ann) GREEFF was born on 23 Nov 1875 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 9 Feb 1964 in Princess Nursing Home, Johannesburg, Transvaal, South Africa.
    14. Abraham Isak GREEFF was born on 20 Mar 1878; died in Jan 1888 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, Lichtenburg.


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info