3. | Sara COCHET (COUCHET), Barentsz was born about 1665 in Oost-Souburgh, Walcheren, Netherlands (daughter of Barent Jansz COCH, Jansz and Jannetie Joosse VAN VOOREN); died in Apr 1714 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was buried in Possibly Babylons Toren, Klapmuts. Notes:
Arrived at Cape 1688.
du Plooy.paf:Sara was van Oost-Souburg op die eiland Walcheren afkomstig en haar eerste man was Pieter de Klerk. Sy is in 1687 'n weduwee, lidmaat van die Kaapse Kerk. Sy hertrou 16.5.1688 met Guillaume du Toit.
Juna Malherbe:Sara Cochet was 'n dogter van Barent Jansz Coché (Cousiee) en Jannetie Joosse van Vooren. Sara Cochet moes 'n merkwaardige vrou gewees het wat haar nie sommer van stryk laat bring het nie. Dit blyk onder andere uit haar optrede tydens die koloniste se stryd teen die korrupte heerskappy van goewerneur WA van der Stel. Vyftien soldate is in Desember 1707 na Guillaume du Toit en Sara Cochet se huis gestuur om hom in hegtenis te neem, maar Sara wou hulle nie toelaat om in die huis te kom nie en hulle is druipstert terug na hul basis. In die nag van 3 op 4 Maart 1707 het die soldate meer sukses behaal toe hulle die deur afgebreek het, Sara Cochet se arms pimpel en pers geknyp het en haar vir 'n "donderheks" uitgeskel en gedreig het om haar kop met 'n geweer (roer) in te slaan as sy nie gou genoeg lig verskaf nie. Sy het toegegee en Guillaume du Toit is in hegtenis geneem. Ek het al van 'n heks gehoor, maar nog nie van 'n donderheks nie. Ek wonder of sy 'n harde stem gehad het of net baie lawaai kon maak.
Volgens Pama II was sy van Oost-Soubergh op Walcheren afkomstig. Meeste bronne lys haar net as Sara Cochet. Sy word volgens Hulstaert in Familia 1989 No 3 p63 op 5 April 1670 ingeskryf in die lidmaatskapboek van die Serooskerke: "Is aengecomen met goede attestatie van Oostsouburgh Sarah Barentsz. Zij is de dochter van Barent Jansz Coché (Cousiee) en Jannetie Joosse van Vooren."
Sy en Pieter de Clercq, haar eerste man het vyf kinders in die Serooskerke in Walcheren gedoop. In Familia (1989, No 1) beskryf Eben de Klerk verder hoe sy na die dood van haar man in Junie 1678 op die ou end besluit om haar verloofde, die hubare Guillaume du Toit in 1688 na Suid-Afrika toe te volg. Sy neem haar de Clercq kinders met haar mee op die skip "Oosterlandt", wat vir hierdie dae in besondere voorspoedige reis van net 3 maande was.
Sy trou 'n week nadat sy lidmaat geword het van die Kaapse gemeente met Guillaume op 16 Mei 1688 - sy was toe reeds 36 jaar oud en 10 jaar lank 'n weduwee. Uit hierdie huwelik word 3 dogters gebore.
Sy staan haar man sterk by toe hy in opstand kom teen goewerneur Willem Adriaan van der Stel . Op die nag van 17 April 1706 probeer landdros de Meurs met 14 man om vir Guillaume te verras. Sara weier egter volstrek om die deur oop te maak. Amper twee jaar later op 2 Maart 1708 skop ses soldate twee deur af en neem hom gevange. Hulle het haar arms "bond en blaauw" geknyp en skel haar uit vir "een ou donderhex".
Na haar man se dood in 1710 op hulle plaas "Aan't Pad" verhuis sy na Stellenbosch waar sy op erf F in Bo-Dorp straat woon. Die huis Eendrag is later op hierdie perseel gebou.
Sara is in 1714 oorlede en in alle waarskynlikheid in die Hugenote begrafplaas op Babylons Toren, tussen Simondium en Klapmuts begrawe.
Sourced from: "Die herkoms van die de Klerks" by Eben de Klerk (Familia XXVI/1989 no 1 pg 2)
with additional information from "Reacties en aanvullings op Die herkoms van die de Klerks" (Familia XXVI/1989 no 3 pg 63) by CE Hulstaert
On 19/5/1686 Sara Couchet is listed in the Church register as "Na de Kaap".
Arriveer 26 Apr 1688 met drie kinders aan die Kaap.
Sien Al laggende en Pratende van J C Pretorius Bls 24 - 30
Sourced from: "Die herkoms van die de Klerks" by Eben de Klerk (Familia XXVI/1989 no 1 pg 2)
with additional information from "Reacties en aanvullings op Die herkoms van die de Klerks" (Familia XXVI/1989 no 3 pg 63) by CE Hulstaert
On 19/5/1686 Sara Couchet is listed in the Church register as "Na de Kaap".
Arriveer 26 Apr 1688 met drie kinders aan die Kaap.
Sien Al laggende en Pratende van J C Pretorius Bls 24 - 30
Sara se kinders uit haar vorige huwelik was Abraham, Jeanne en Joost.
Children:
- Jannetjie DE CLERCQ and died.
- Jooste DE KLERK and died.
- Abraham DE CLERCQ was born on 7 May 1670 in Serooskerke, Walcheren, Zeeland, Netherlands; was christened on 18 May 1670 in Serooskerke, Walcheren, Zeeland, Netherlands; died in 1670 in Netherlands.
- 1. Abraham DE KLERK (CLERCQ), a1 was born on 7 May 1670 in Serooskerke, Walcheren, Zeeland, Netherlands; was christened on 11 Oct 1671 in Serooskerke, Walcheren, Zeeland, Netherlands; died in 1745 in Cape, South Africa.
- Barend DE CLERCQ was christened on 14 Jan 1674 in Serooskerke, Walcheren, Zeeland, Netherlands; and died.
- Jeanne (Johanna-Jannetjie) DE CLERCQ (DE KLERK) was born on 3 May 1676 in Serooskerke, Walcheren, Zeeland, Netherlands; was christened on 3 May 1676 in Serooskerke, Walcheren, Zeeland, Netherlands; died on 3 Feb 1767 in Cape, South Africa.
- Joost DE KLERK (CLERCQ), Progenitor a2 was born in in Netherlands; was christened on 16 Oct 1678 in Serooskerke, Walcheren, Zeeland, Netherlands; died in 1713 in Cape, South Africa.
|
|