• First Name:   
  • Last Name:   
Maria VAN DER WESTHUYZEN (VANDERWESTHUIZEN), b1

Maria VAN DER WESTHUYZEN (VANDERWESTHUIZEN), b1

Female 1675 - 1734  (~ 58 years)

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Maria VAN DER WESTHUYZEN (VANDERWESTHUIZEN), b1 was born in in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 6 Oct 1675 in Cape Town, Cape, South Africa (daughter of Pieter (Jansz) VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN, progenitor and Maria Hendriks WINKELHAUSEN); died in 1734 in 'Droogevallei', District Malmesbury, Cape, South Africa.

    Notes:

    Het vier seuns en vier dogters by Van Niekerk gehad - dus ook die stammoeder van die Van Niekerks.
    Dit is in hierdie landbouers-netwerk waar hy Maria Van Der Westhuizen, weduwee van Cornelis Van Nieuwekerken (vandag Van Niekerk), ontmoet het. Cornelis was een van die burgers wat verban was na Mauritius as gevolg van hulle verset teen Willem Adriaen Van Der Stel. Samuel tree in die huwelik met die weduwee Maria op die 22ste Maart 1711 in Stellenbosch. Cornelis en Maria het vier seuns en twee dogters gehad. Al die Van Niekerks in Suid-Afrika stam van hierdie vier seuns af. Al die Van Niekerks en Walterse het dus die selfde stammoeder. Cornelis het vir Maria verskeie plase nagelaat wat Samuel in staat gestel het om die plaas de Tijgerberge, geleë aan die Tygerberge, in 1714 vir 9000 Kaapse Gulden aan te koop. Die plaas de Tijgerberge heet vandag Altydgedacht en kan as die Walters-stamplaas beskou word. Drie Walters seuns word gebore en gedoop in die Kaapse kerk by name Daniël (1711), Nicolaas (1714) en Stephanus Sebastiaan (1716). Hulle word saam met die ouer van Niekerk-kinders groot op de Tijgerberge. Uit die plaasopgaafrolle is dit duidelik dat Samuel 'n suksesvolle wyn- en veeboer was. Teen 1725 het hy reeds 25 000 wingerdstokke aangeplant en sowat 18 leggers wyn gelewer. Hy sterf in 1726 en laat sy boedel na aan Maria (wat suksesvol voort boer en verder uitbrei na die Swartland) asook 12 000 Kaapse Gulden aan die Van Niekerk-seuns en 15 000 Kaapse Gulden aan die Walters-seuns wat in trust gehou word tot hulle mondigwording. Maria10 sterf as 'n welgestelde vrou in 1734 en laat 'n boedel van 84 211 Kaapse Gulden na. Haar drie plase, de Tijgerberge, Droogevallei en Hoorenbosch asook 'n opstal op die plaas Zeekoeivalleij word verkoop. Haar erfgename, die vier van Niekerk- en drie Walters-seuns, ontvang almal 8 643 Kaapse Gulden uit haar boedel wat tesame met hulle vader se erflating almal in staat stel om hulle eie plase kontant aan te koop.
    Maria tree in die huwelik met Cornelis Van Niekerk op 1 April 1691 op 15 jarige ouderdom. Haar eerste kind, Aletta word gebore in 1693 wat trou met Anthonij Van Rooijen, en later Bloemendal koop by Samuel Walters. Haar moeder, Maria Hendriks Winkelhausen, sterf rondom 1706 en haar man ongeveer 1710 en moes op 35 jarige ouderdom die ses kinders alleen grootmaak. Dit moes maar 'n moeilike tyd vir Maria gewees het om die boerdery op Bloemendal en Stellenberg aan die gang te hou terwyl sy nog jong kinders moes grootmaak. Op 23 Maart 1711 tree sy in die huwelik met Samuel Walters en wat die plaas, De Tijgerberge (vandag die bekende wynplaas , Altydgedacht ) aankoop. Drie Walters seuns , Daniel (1712) , Nicolaas (1714) en Stephanus Sebastiaan (1716) word gebore en word saam met die Van Niekerks kinders groot op De Tijgerberge (Altydgedacht). Na Samuel se dood op 13 Desember 1725, boer sy suksesvol voort en bekom ook die plaas Drooge Vallei en Hoorenbos. Teen 1731 het sy 35 slawe, 1400 skape en 25 000 wingerstokke besit. Sy sterf as welgestelde vrou in Augustus 1734 en laat 84 000 Gulde na.
    Maria stel haar testament op, op die 10 April 1726, kort na Samuel se dood. In die testament versoek sy dat die sewe seuns elkeen 'n slaaf kry: "uit eiegen beweging als een Donatie Causa Mortis te skenken bij desen aan haar kinderen, de volgende slaven en slavinne zoo als deselfde sijn geprokureerd namens…". Die res van die slawe word na haar dood verkoop op die Vendu veiling in 1734. Die slawe word gelys in die slaweregister en toon aan die plaas waar hulle gewoon het asook die verkoop prys in Riksdaalders.[Terug na begin]
    Maria se boedel word finaal afgehandel op 31 Augustus 1737 na al die gelde vir die verkoop van die bates en skuld ingevorder is. Sy laat 'n boedel na van 84 211 Gulden na wat in vandag se terme meer as R 10 miljoen beloop. Elk van die sewe seuns ontvang 8 643 Gulden, bo en behalwe die 12 000 Gulden wat die Van Niekerk seuns reeds ontvang het uit Samuel se boedel en die Walters seuns ontvang ook nog elk 5 000 Gulde uit Maria se boedel wat Samuel in trust gelaat het. Elk van die seuns ontvang dus 12 000 Gulde hulle ouers wat 'n relatiewe fortuin was in daardie jare, danksy Cornelis Van Niekerk, Samuel Walters en Maria Van Der Westhuizen. Elk van die seuns koop hulle eie plase en dra by tot die ontwikkeling van die Kaapse ekonomie. Hulle bydraes word opgesom in die onderstaande tabel wat saamgestel is uit die opgaafrolle van ongeveer 1738 tot 1741 asook die verskeie transportaktes. Maria kan trots wees op haar nageslag wat Cornelis en Samuel se name voortbou in Suider-Afrika.

    35 Slawe, 1,400 skape, 100 beeste, 25,000 wingerdstokke, 200 mud koring

    Maria married Sameul WALTERS on 22 20 1711. Sameul and died. [Group Sheet] [Family Chart]

    Maria married Corneli(u)s (Gerritsz) VAN NIEKERK(NIEUKERK), Progenitor on 1 Apr 1691 in Cape Town, Cape, South Africa. Corneli(u)s (son of Gerrits VAN NIEUKERK and Mrs. Gerrits VAN NIEUKERK) was born about 1667 in Nijkerk, Gelderland, Netherlands; died before 1711 in Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. Aletta VAN NIEKERK, b1 was christened on 4 Jan 1693 in Cape Town, Cape, South Africa; died before 1713 in Cape, South Africa.
    2. Gerrit VAN NIEKERK, b2 was born in 1695 in Swellendam, Cape, South Africa; was christened on 18 Sep 1695 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    3. Johannes VAN NIEKERK, b3 was born about 1697; was christened on 15 Sep 1697 in Cape Town, Cape, South Africa; died about Dec 1744 in Cape, South Africa.
    4. Petrus VAN NIEKERK, b4 was christened on 2 Apr 1702 in Cape Town, Cape, South Africa; died before 1765 in Cape, South Africa.
    5. Helena VAN NIEKERK, b5 was born about 1704 in Cape, South Africa; was christened on 9 Nov 1704 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    6. Bernhardus VAN NIEKERK, b6 was born in 1708; was christened on 20 Jan 1709 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.

    Maria married Cornelis VAN NIEKERK on 1 Apr 1691. Cornelis and died. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. Gerrit VAN NIEKERK, b2 was born in 1695 in Swellendam, Cape, South Africa; was christened on 18 Sep 1695 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.

    Maria married Samuel WALTER on 22 Mar 1711 in Stellenbosch, Cape, South Africa. Samuel was born about 1667 in Pressburg, Bratis Lava, L; died on 13 Dec 1725 in 'Droogevallei', District Malmesbury, Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


Generation: 2

  1. 2.  Pieter (Jansz) VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN, progenitor was born about 1649 in Brugge, Flanders, Belgium; died on 8 Oct 1736 in Cape Town, Cape, South Africa.

    Notes:

    Landerye hier was tot onlansg die oudste bestaande landerye in SA

    Erasmus Register - gebaseer op tweede vrou se volgende troue

    WESTEREHOF/F kan die naam van die plaas naby Brugge wees waar hulle oorspronklik vandaan kom!?

    Soldier on arrival, burger 18.1.1662.

    Janet's notes, '..van Brugge, Vlaandere, soldaat by aankoms, burger (teen?) 18/1/1662.'

    Volgens Pama II was hy afkomstig vanaf Brugge in Vlaandere. Sy van is ook Westhuysen, Westhuyzen en Westhuijzen gespel. Hy kom as soldaat na die Kaap in 1662 en word burger op 18 Januarie 1662. Hy trou met Maria Hendriks Winkelhausen, weduwee van Hendrik Barendse. Hy hertrou later met Eva Gerrits Ligtehard van Amsterdam.

    In 1681 het Simon van der Stel vir Willem van Dieden and Pieter van der Westhuizen 'n stuk land toegeken. Hierdie stuk land is later bekend as Kronendal in Houtbaai.

    KINDERS:
    b1 Maria,gedoop 06 October 1675, getrou met Cornelis van Niekerk, hertrou met Sameul Walters
    b2 Jan, gedoop 09 Mei 1677, getrou 09 December 1714 met Gesiena Wiegman, hertrou, 25 Augustus 1720 met Anna Maria Brons
    b3 Nicolaas, gedoop 07 Mei 1679, getrou met Catharina Olivier
    b4 Barend, gedoop 16 Maart 1681, getrou 11 October 1711 met Sophia Appel
    b5 Helena, gedoop 27 Junie 1683
    b6 Hendrik gedoop 02 Junie 1686
    b7 Pieter gedoop 10 September 1690, gehuwd 25 November 1714 met Jacomina Mos, van Amsterdam, hertrou 05 October 1721 met Beatrix Olivier.

    Bron:
    Geslacht-Register der Oude Kaapsche Familiën comp. deur CC de Villiers: GM Theal 1894


    Saamgestel deur:
    AM van Rensburg

    !Emmerentia van Rensburg Registers

    De Villiers/Pama p 1118.
    Pieter kom in die Kaap aan as 'n soldaat en word 'n burger op 18 Januarie 1662 C Pama: Die Groot Afrikaanse Familienaamboek p 337. Betekenis: Dorpe Westerhuis in Overyssel en Gelderland (Nederland).

    , van Brugge in Vlaandere, kom na die Kaap as soldaat voor 1662. Pieter word al reeds 'n vryburger op die 18 de Januarie 1662, 10 jaar na Jan Van Riebeeck se koms, en is die stamvader van die Van Der Westhuizens. Hy tree in die huwelike met Maria Hendriks Wikelhausen van Duitse oorsprong, en weduwee van Hendrik Barends, op 18 November 1673. Maria een van sewe kinders, word gedoop op die 6de Oktober 1675 . Die ander kinders was Jan (1677), Nicolaas (1679), Barend 1681, Helena (1683), Hendrik (1686) en Pieter (1690). Op 29 Desember 1681 word 'n stuk grond in Houtbaai as 'n vrypagplaas, later beken as Kronendal, aan Pieter en sy nuwe vennoot, Willem van Dienen gegee. Die landerye van Kronendal was tot onlangs die oudste bestaande landerye in Suid-Afrika. Die pragtige historiese Kronendal opstal is vandag 'n bekende baken op Houtbaai en is heel waarskynlik op die ou fondamente van Pieter se huis gebou. Maria, as 2 jarige dogter word groot op Kronendal saam met haar broers en susters. Dit is merkwaardig dat die landerye waar sy as jong dogter gespeel onlangs nog bewerk was.

    Died:
    Erasmus Register - gebaseer op tweede vrou se volgende troue

    Pieter married Maria Hendriks WINKELHAUSEN on 18 Nov 1673 in Cape Town, Cape, South Africa. Maria (daughter of Hendrik Barendse WINKELHAUSEN) was born about 1653 in Burghsteinfurt, Westfalen, Prussia; died about 1703 in Cape Town, Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Maria Hendriks WINKELHAUSEN was born about 1653 in Burghsteinfurt, Westfalen, Prussia (daughter of Hendrik Barendse WINKELHAUSEN); died about 1703 in Cape Town, Cape, South Africa.

    Notes:

    Janet's notes, '..van Burgsteinfurt, Wesfale, weduwee van Hendrik Barends.'

    !Emmerentia van Rensburg Registers
    De Villiers/Pama p 1118.
    Maria was die weduwee van Hendrik Barendsz.
    De Villiers Pama p 118
    Die Groot Afrikaanse Familienaamboek p 337

    Notes:

    Married:
    Brummer, GEDCOM give mariage date as 5 November 1673.

    Children:
    1. Hendrik VANDERWESTHUIZEN died in in Cape, South Africa.
    2. 1. Maria VAN DER WESTHUYZEN (VANDERWESTHUIZEN), b1 was born in in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 6 Oct 1675 in Cape Town, Cape, South Africa; died in 1734 in 'Droogevallei', District Malmesbury, Cape, South Africa.
    3. Jan VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN, b2 was born in in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 9 May 1677 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    4. Nicolaas VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN, b3 was born on 6 May 1679 in Cape Town, Cape, South Africa; was christened on 7 May 1679; died on 8 Oct 1736 in Bethelehem, Drakenstein, Cape, South Africa.
    5. Barend VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN, b4 was born in in Cape, South Africa; was christened on 16 Aug 1681; died in in Cape, South Africa.
    6. Helena VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN, b5 was christened on 27 Jun 1683 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape Town, Cape, South Africa.
    7. Hendrik VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN, b6 was christened on 2 Jun 1686 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    8. Pieter VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN, b7 was born on 16 Sep 1690 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 10 Sep 1690 in Cape Town, Cape, South Africa; died in 1739 in Cape, South Africa.
    9. Barend VAN DER WESTHU(I)(Y)(S)(Z)EN was christened on 15 Sep 1737; and died.


Generation: 3

  1. 6.  Hendrik Barendse WINKELHAUSEN was born in 1630 in Burgsteinfurt, Westfalen, Prussia; and died.
    Children:
    1. 3. Maria Hendriks WINKELHAUSEN was born about 1653 in Burghsteinfurt, Westfalen, Prussia; died about 1703 in Cape Town, Cape, South Africa.


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info