• First Name:   
  • Last Name:   
Johannes DE JAGER

Johannes DE JAGER

Male 1752 - Yes, date unknown

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Johannes DE JAGER was christened on 26 Nov 1752 in Stellenbosch, Cape, South Africa (son of Andries DE JAGER, a3b1 and Elizabeth POTGIETER, b1c2); and died.

Generation: 2

  1. 2.  Andries DE JAGER, a3b1 was born about 1698 in Cape Town, Cape, South Africa (son of Pieter Christiaan DE JAGER, a3 and Hermina KARELSE (CARELSE)); died in in Cape, South Africa.

    Notes:

    Burger Drakenstein
    SAG4: The baptismal record of Andries has not yet been found but he was probably a "voorkind" of the progenitors.

    Andries married Elizabeth POTGIETER, b1c2 on 29 Sep 1726 in Stellenbosch, Cape, South Africa. Elizabeth (daughter of Johannes (Jan Harmensz) POTGIETER, b1 and Clara HARST, a4b2) was born about 1709; was christened on 31 Mar 1709; died in in Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Elizabeth POTGIETER, b1c2 was born about 1709; was christened on 31 Mar 1709 (daughter of Johannes (Jan Harmensz) POTGIETER, b1 and Clara HARST, a4b2); died in in Cape, South Africa.

    Notes:

    Married:
    Alt Marriage: Andries de JAGER a3b1 Date: 29 Sep 1726 Location: Drakenstein(Paarl), Cape, South Africa
    Alt. Marriage: Andries de JAGER a3b1 Date: 29 Sep 1726 Location: Drakenstein(Paarl), Cape, South Africa

    Children:
    1. Hermina DE JAGER, a3b1c1 was christened on 10 Aug 1727; and died.
    2. Clara DE JAGER was christened on 23 Jan 1729; and died.
    3. Pieter DE JAGER was christened on 2 Jun 1731; and died.
    4. Jan Hermanus DE JAGER, b1c4 was christened on 19 Apr 1733; and died.
    5. Maria Catharina DE JAGER was christened on 2 Oct 1734; and died.
    6. Andries Christoffel DE JAGER, b1c6 was christened on 5 Aug 1736; and died.
    7. Hester Frederika DE JAGER, b1c7 was christened on 19 Oct 1738; and died.
    8. Frederick DE JAGER, a3b1c8 was born in 1740 in Cape, South Africa; was christened on 31 Jan 1740; died in in Cape, South Africa.
    9. Christiaan DE JAGER, a3b1c9 was christened on 18 Jan 1742 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died in in South Africa.
    10. Elizabeth DE JAGER, a3b1c10 was born in in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened on 10 Nov 1743 in Paarl, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    11. Lodewyk DE JAGER, a3b1c11 was born about 1745; was christened on 16 Oct 1745; and died.
    12. Andries DE JAGER was christened on 13 May 1748; and died.
    13. Petrus DE JAGER was christened on 1 Feb 1750; and died.
    14. 1. Johannes DE JAGER was christened on 26 Nov 1752 in Stellenbosch, Cape, South Africa; and died.


Generation: 3

  1. 4.  Pieter Christiaan DE JAGER, a3 was born about 1662 in Zutphen, Gelderland, Netherlands; died in 1715 in Gelderland (Gulderland), Rotterdam, Holland.

    Notes:

    Van Zutphen in Gelderland. The progenitor is shown in the baptismal and marriage registers as Pieter Christiaens. His wife, Hermina Karels is of unknown heritage and has no connection with the Carelse family(the progenitor of the Carelse family only arrived at the Cape by about 1740). Adriana Gerritsdogter was known under various names.

    Volgens SAG 4 was hy van Zutphen, Gelderland afkomstig en word in die doop- en trouregister van Kaapstad aangegee as Pieter Christiaens. Pieter en Hermina se eerste kind Andries se doopinskrywing kon nie opgespoor word nie - hy is moontlik 'n voorkind van die stamouers.

    de JACER Pieter Chrlstiaan de Jager, v. Zutphen,in Gelderland, + 1715. x 19.2.169G Hermina [Karelse; xx 15.7.1714Adriana Gerritsdogter. bl AndrIes, burger JIi.akenstein. x 29.9.1726 Elisabeth Potgieter

    Hoewel die naam en geboortedatum van ene Pieter Christiaan de Jager *1640 in Nederland daarop dui dat hy "moontlik" die vader van ons stamvader kan wees, is daar "geen bewyse" hiervoor nie. Volgens navorsing in Nederland gedoen, is daar 'n moontlikeheid dat sy vader Andries de Jager was, maar daaroor is tans ook geen sekerheid nie.

    Pieter married Hermina KARELSE (CARELSE) on 19 Feb 1696 in Cape Town, Cape, South Africa. Hermina was born about 1665 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in in Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 5.  Hermina KARELSE (CARELSE) was born about 1665 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in in Cape, South Africa.

    Notes:

    Volgens SAG 4 is die stammoeder Hermina Karels van onbekende herkoms, en het geen verband met die Carelse-familie nie (die stamvader van die Carelses het eers teen 1740 gearriveer).

    Children:
    1. Anthoinette DE JAGER, a3b1 was christened on 30 Sep 1696 in Cape Town, Cape, South Africa; and died.
    2. Antonetta DE JAGER was christened on 30 Sep 1696 in Cape Town, Cape, South Africa; and died.
    3. 2. Andries DE JAGER, a3b1 was born about 1698 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    4. Carel DE JAGER, a3b3 was born in 1699; was christened on 24 May 1699 in Cape Town, Cape, South Africa; died in 1765 in Swellendam, Cape, South Africa.
    5. Johannes DE JAGER was christened on 25 Oct 1701 in Cape Town, Cape, South Africa; and died.
    6. Louis DE JAGER was christened on 13 Aug 1703 in Cape Town, Cape, South Africa; and died.
    7. Anna Margaretha DE JAGER was christened on 21 Mar 1706 in Cape Town, Cape, South Africa; and died.
    8. Christiaan DE JAGER, a3b7 was born in in Cape, South Africa; was christened on 4 Aug 1709 in Cape Town, Cape, South Africa; died on 12 Feb 1746 in Stellenbosch, Cape, South Africa.
    9. Lourens DE JAGER, a3b9 was born on 15 Nov 1711 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened on 21 Nov 1717 in Cape Town, Cape, South Africa; died in 1758 in Cape, South Africa.

  3. 6.  Johannes (Jan Harmensz) POTGIETER, b1 was born about 1650 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 23-6 Sep 1674 in Swellendam, Cape, South Africa (son of Harmen Jansz POTGIETER, Progenitor and Isabella FREDERIKS, [S]); died in 1733 in Cape, South Africa.

    Notes:

    Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.

    Du Plooy.paf : Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter was eerstens getroud met Clara Herbst, dogter van Johannes Herbst van Bremen. Hulle het 3 dogters gehad, waarvan die eerste waarskynlik voor 1714 oorlede is. In 1714, na die dood van Clara, trek hy verder die binneland in na Stellenbosh met sy twee dogters, Elisabeth en Sybille. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier in Wellington later die eiendom van Charl Cillie. Jan se naam kom voor in die weilisensies wat tussen 1703 en 1707 uitgereik is. (de Wet GC, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p39 verw. RLR Oude Wildschutte Boek: weilisensies. 27.12.1703 en 5.3.1705 pp 134-135, 138-9).

    'n Keerpunt was bereik aan die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vry-burgers sodanig verswak het dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerm nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand was en die vry-burgers se beeste gesteel is, pleit die boere by die politieke raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n kommando van 30 vrywillegers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en "wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen het te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidiesie wond Jan Harmensz 'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan Harmensz, wat beskryf word as 'n vry-burger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.
    Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuinisse voor die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike gedrag". Hierdie ekspediesie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die beskerming van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die kommandostelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandoes. In 1732 word daar in die de la Fonteine verslag gemeld dat hy 'n bestaan maak van sy vee en landerye.

    Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz".

    Bronne: F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979) Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985) Resolusies van die Politieke Raad, Dee l IV, 1707-1717 Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719 Resolusies van die Polit ieke Raad, Deel VII
    Verwys ook na: Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
    Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4:
    Testamenten, 1726-1735, No 147 MOOC 7/4:
    Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147.
    Clara: Haar van word ook aangedui as HARST.
    Maria: Die trou datum word soms ook aangedui as 14 Feb 1715. Sy xx Theunis Botha.

    Johannes Potgieter, is ongeveer 1674 gebore (hy is op 23 September 1674 gedoop aan die Kaap). Hy was die eerste Potgieter wat op Suid-Afrikaanse bodem gebore is. Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter, het 24 Jul 1702 met Clara Herbst (* 1687), die dogter van Johannes Herbst van Bremen en Lysbeth Sanders, getrou. By Clara het Johannes 3 dogter gehad. Hul eerste dogter, Johanna, was in 1704 gebore (~ 3 April 1704) en het jonk (voor 1714) gesterf. Hul tweede dogter, Elizabeth, gebore ongeveer 1711 (~ 6 November 1709) het op 29 September 1726 met Andries Pieter de Jager getrou. Johannes en Clara se derde dogter, Isabella (of soms ook Sibella genoem) is in 1711 gebore (~ 28 Junie 1711) en is 9 Maart 1727 met Philippe du Preez getroud. Philippe het die plaas Grootvadersbosch besit.

    Op 18 Februarie 1714 trou Johannes weer met Maria Catharina van Eeden (* 13 Februarie 1692), die dogter van Jan Janse van Eeden en Maria Russaar. By Maria het hy 7 kinders (3 dogter en 4 seuns) gehad. Die twee oudste dogters, Hester (~ 23 Februarie 1716) en Emmerentia (~ 20 Oktober 1719) is met die twee Botha broers, Christoffel en Jacobus, getroud. Hierdie huwelikke is van belang aangesien daar vir eeue daarna vriendskappe tussen die twee families sou wees en vele huwelike sou tussen hierdie families plaasvind. Johannes en Maria se derde kind, Johannes, is in 1722 gebore (~ 1 Maart 1722). Hierdie seun is met Aletta van Rooyen getrou. Sy agter-kleinseun, Cornelis Potgieter was later is die volgende eeu 'n baie bekende politikus in die Transvaal en was die voorsitter van die Transvaalse Volksraad. Johannes en Maria se vierde kind, Frederik (~ 11 Junie 1724), is eers met Eva Catharina Kriel en later met Maria Magdalena Landman getroud. Hy het in totaal 18 kinders (waarvan 10 seuns) gehad. Een van sy klein-seuns, Evert Frederik was 'n prominente leier van die voortrekkers in Natal. Die volgende seun, Theodorus (~ 7 April 1726), het by 5 kinders by Hester Anna Marais gehad. Min is bekend oor hulle sesde kind Hermanus Lambertus (~16 Mei 1728) en dit word geglo dat hierdie seun jonk moes gesterf het. Johannes en Maria se jongste dogter, Maria Johanna (~ 27 Augustus 1730), is met Christoffel Snyman getroud.

    Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.

    From Bremen, 1686 Supervisor of the Kompanje's Stock Post in Hottentots-Holland, 1690 burger Drakenstein. Surname was changed to Herbst.

    Bronne: F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979) Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985) Resolusies van die Politieke Raad, Deel IV, 1707-1717 Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719 Resolusies van die Politieke Raad, Deel VII
    Verwys ook na: Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
    Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4:
    Testamenten, 1726-1735, No 147 MOOC 7/4:
    Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147.
    Clara: Haar van word ook aangedui as HARST.
    Maria: Die trou datum word soms ook aangedui as 14 Feb 1715. Sy xx Theunis Botha.

    Died:
    Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.

    Johannes married Clara HARST, a4b2 on 24 Jul 1712 in Stellenbosch, Cape, South Africa. Clara (daughter of Johann HERBST(HARST), a4 and Lysbeth (Lijsbeth) SANDERS, V.D.K., daughter of Johann HERBST(HARST), a4 and Lysbeth SANDERS, V.D.K.) was born in 1687 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened in 1687; died on 22 Feb 1714 in Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 7.  Clara HARST, a4b2 was born in 1687 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened in 1687 (daughter of Johann HERBST(HARST), a4 and Lysbeth (Lijsbeth) SANDERS, V.D.K., daughter of Johann HERBST(HARST), a4 and Lysbeth SANDERS, V.D.K.); died on 22 Feb 1714 in Cape, South Africa.

    Notes:

    !BIRTH-MAR:Hendrik Jooste Registers;Porgieter

    TROU:De Villiers Pama;Bls 717;b1

    SAG vol 8 page 216 wife of b1

    Notes:

    Married:
    Alt Marriage: Johannes (Jan Harmensz) POTGIETER b1 Date: 24 Jul 1727

    Children:
    1. Johanna POTGIETER, b1c1 was born about 1704; was christened on 3 Apr 1704 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died before 1714 in Cape, South Africa.
    2. 3. Elizabeth POTGIETER, b1c2 was born about 1709; was christened on 31 Mar 1709; died in in Cape, South Africa.
    3. Sibella (Isabella) POTGIETER, b1c3 was born about 1711 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened on 28 Jun 1711; died on 4 Oct 1744 in Cape, South Africa.
    4. Amerentia (Emmerentia) POTGIETER, b1c5 was born on 20 Oct 1719 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 29 Oct 1719; died in in Cape, South Africa.
    5. Johannes POTGIETER, b1c6 was born about 1722; was christened on 1 Mar 1722 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    6. Theodorus POTGIETER was born in 1726 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 7 Apr 1726 in Swellendam, Cape, South Africa; and died.


Generation: 4

  1. 12.  Harmen Jansz POTGIETER, Progenitor was born in 1635 in Nordhorn, Wesfalen, Germany (son of Jan (Or Johannes) POTGIETER and Schwerne LODDEN); died between 1 Sep 1705 and 1708 in Stellenbosch, Cape, South Africa.

    Notes:

    In 1670 he moved to Amsterdam where he entered service with the H.O.I.K. as soldier and thus came to the Cape. Occupation: Builders assistant/Blacksmith.

    Noordhoorn is situated in Groningen province south west of the city Griningen. The Potgieter famaly lived there on a farm with the families Steyn and Prinsloo as neighbours. Harmen was a lifelong friend of Douw Gerbrand Steyn. His daughter Maria, later married Jacobus Steyn, the adopted son of Douw and so became the "stammoeder" [first mother] of the Steyns in South Africa.

    De Wet File: Heese incorrectly indicated in "Slagtersnek en sy Mense" that he died from a Xhosa assegaai on a barter expedition to the interior. He was from Nordhorn, in "Wesfale". Builders assistant 1665, later blacksmith in Stellenbosch.

    Du Plooy.paf:
    Harmen Janz was die seun van Jan Potgieter (gebore 1605) van Nordhorn, Duitsland, en Schwerne LODDEN (gebore 1610), van Frensdorf, Duitsland. In 1670 verhuis Harmen na Amsterdam, en tree daar in diens van die VOC as soldaat en kom na die Kaap van Goeie Hoop, waar hy met Isabella Fredericks (of Beeltjie), weduwee van Claas Vechtman trou. Hulle het 8 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige huwelik insluit. Later verlaat hy die diens van die VOC en word vry-smit.

    Gedurende 1702 het die stamvader, Harmen Jansz, 'n ruilekspedisie na die binneland vergesel. In Kafferland aan die Oossgrens is die geselskap deur die Kosas oorval, en Harmen Jansz is deur 'n assegaai gedood.


    Hy was een van die eerste bewoners van die nuwe nedersetting by die Eersterivier (Stellebosch ), waar hy sy ambag as smit beoefen. Hy word deur de Wet gelys as smit 1674-1705. (de Wet GC , Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p68). In 1688 het hy sy smitswinkel aan Lourens Verbrugge oorgedra vir die helfte van die wins (p107, verw 1STB 18/152 kontrak 1.12.1687).

    De Wet meld dat Harmen in 1663 'n vryburger geword het, in 1670 weer tot die Kompanjie in diens getree en in 1674 weer uitgetree en 'n vryburger gebly tot sy dood in 1706. (p 197, verw Boesken AJ, Resolusies vd politieke raad, II 4.2.1671, p56; VC 49 Monsterrolle van vryliede 31 .12.1706, p107)

    Hy het in 1679 na die Eersterivier verhuis, waar hy gevestig het op die laer terrasse langs d ie Eersterivier, wat aan hom belowe is 1680, maar dit was eers baie later (1712) aan sy weduwee se boedel amptelik toegeken. Die plaas is uit die boedel aan Aletta Beck verkoop, wie dit "Voorgelegen" gedoop het. Die grond het bestaan uit twee dele - die oostelike deel strek van die huidige kerk van Stellenbosch tot by Mostertsdrift. Die veel groter westelike deel strek van erens tussen die huidige Andringa en Herte strate en sluit in die gebied waar die huidige stadsaal gebou is. Sy opstal was op hierdie groter deel, ongeveer waar Bird straat vir Dorp straat kruis. Die huis het 'n netjiese front, wat die indruk skep dat Harmen 'n ryk man moes gewees het. Later is hierdie deel van die plaas Voorgelegen gedoop. In 1693 verkoop hy deel van die grond aan Linnes.

    Op 8 November 1679 is die stad Stellenbosch gestig. Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679 by Kaap aangekom het as kommandeur van die nedersetting, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog na Hottentots-Holland onderneem waar 'n paar vryburgers reeds gevestig het (vandag Somerset-Wes en omgewing). Nadat van der Stel se werk daar afgehandel was het hulle met 'n ompad teruggegaan. Op 8 November het hulle by 'n asemrowende landstreek uitgekom waar Harmen en 'n paar ander vryburgers gevestig was. Hulle het daardie aand op 'n eiland in die Eersterivier oornag. Op die eiland was daar baie pragtige hoë bome. Omdat geen kommandeur of goewerneur daar was nie, het Simon van der Stel die eilandjie Stellenbosch genoem.

    Die plek het hom onmidelik, uit die oogpunt van sy opdragte as kommandeur, geinteresseer omdat dit as voortreflik vir landbou beskou is. Onmiddellik nadat hy terug was by die Kasteel aan die Kaap, het hy aangekondig dat daar vir mense wat hulle langs die oewers van die Eersterivier wil vestig, grond beskikbaar is in die vorm van eiendomsplase. Baie gunstige voorwaardes is vir voornemende boere aangebied en die reaksie was goed. Potgieter het ook aktief deelgeneem aan die openbare lewe van die klein gemeenskap as "wagmeester" van die artillerie. Kommissaris H.W van Reede het hom aangestel as 'n lid van die heemraad in 1685 (saam met Gert van der Bijl, Henning Husing en Jan Cornelis Mostert). Van Reede verwys na hom nie by sy van nie, maar verwys eerder na hom by wyse van sy aambag, Harmen Jansz Smit, soos wat wel dikwels die geval was in daardie tye. Hy het sy ambag by Stellenbosch voortgesit, en later sy stief-seun, Nicolaas Vechtman in die ambag opgelei. Hierdie stief-seun was 'n groot vriend van Adam Tas, wat na hom verwys het as die "kreupel vulkaan" -'n verwysing na die kreupel Romaanse smit -god, Volcanus.

    JA Hofmeyer verwys na die boek "Slagtersnek en sy mense" deur Dr J.A. Heese, waar daar vermeld word dat Harmen Jansz vermoor was in 1702. Heese het later dit reg gestel. Hofmeyer noem ook dat Harmen Jansz 'n permit toegestaan was in 1705 om 6 waens hout te versamel by die Vier-en-twintig-riviere en maak daarvan die aanname dat Harmen Jansz tussen 1 Sep 1705 and 1708 moes gesterf het. Sy weduwee hertrou met Lourens Verbrugge in 1708. In die indeks van hofsake in Uit die Raad van Justisie, 1652-1672 (Staatsdrukker, Pretoria 1986) verskyn daar verskeie ake waarin "Harmen Jansz" betrokke sou wees: 338, 30.7.1670, Harmen Jansz vs. Willem Willemsz van Deventer; skuld; saak geskik (CJ1, p583) 341, 30.7.1670, Harmen Jansz; hout sonder toestemming gekap (CJ1, p592) 396, 1.6.1671 & 6.1.1672, Fiskal cs. Harmen Jansz van Noordhoorn; Kompanjie se tyd en werktuie vir eie gewin gebruik; ses maande ad opus publicum en ses maande gasie pro fisco. (CJ 2952, p406-408, CJ 1, p672-672,739)
    Bronne: Patrick van Griethuisen
    Stellenbosch - Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van Stellenbosch (1979), ISBN 0 620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer.
    Hugo AM, Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 (Tafelberg 1963)
    Dr Carl Potgieter, Kommandant-general AH Potgieter
    Die Swardt Joernaal No 2, 30 Junie 1999 (Eric Swardt familiebond)
    Isabella, die weduwee van Nikolaus Vechtman het na Harmen se afsterwe getrou met Lourens Verbrugge.

    Harmen Jansz Potgieter het op 8 Mei 1672 met Isabella Frederiks getrou. Hulle het 7 kinders gehad, plus een kind, Nicolaas Vechtman, van Isabella se vorige huwelik.

    Hulle eerste kind, 'n seun, Johannes Potgieter, is ongeveer 1674 gebore (hy is op 23 September 1674 gedoop aan die Kaap). Hy was die eerste Potgieter wat op Suid-Afrikaanse bodem gebore is. Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter, het 24 Jul 1702 met Clara Herbst (* 1687), die dogter van Johannes Herbst van Bremen en Lysbeth Sanders, getrou. By Clara het Johannes 3 dogter gehad. Hul eerste dogter, Johanna, was in 1704 gebore (~ 3 April 1704) en het jonk (voor 1714) gesterf. Hul tweede dogter, Elizabeth, gebore ongeveer 1711 (~ 6 November 1709) het op 29 September 1726 met Andries Pieter de Jager getrou. Johannes en Clara se derde dogter, Isabella (of soms ook Sibella genoem) is in 1711 gebore (~ 28 Junie 1711) en is 9 Maart 1727 met Philippe du Preez getroud. Philippe het die plaas Grootvadersbosch besit.

    In 1714, na die dood van Clara, het Johannes verder binneland toe getrek met sy twee dogters, Elisabeth and Sybille. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington later die eiendom van Charl Cillie.

    'n Keerpunt was bereik aan die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vry-burgers sodanig verswak het dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerk nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand was en die vry-burgers se beeste gesteel is pleit die boere by die politieke raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n kommando van 30 vrywillegers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en "wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen het te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidiesie wond Jan Harmensz 'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan Harmensz, wat beskryf word as 'n vry-burger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.

    Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuinisse voor die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike gedrag".

    Hierdie ekspediesie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die beskerming van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die kommando stelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandoes.

    Op 18 Februarie 1714 trou Johannes weer met Maria Catharina van Eeden (* 13 Februarie 1692), die dogter van Jan Janse van Eeden en Maria Russaar. By Maria het hy 7 kinders (3 dogter en 4 seuns) gehad. Die twee oudste dogters, Hester (~ 23 Februarie 1716) en Emmerentia (~ 20 Oktober 1719) is met die twee Botha broers, Christoffel en Jacobus, getroud. Hierdie huwelikke is van belang aangesien daar vir eeue daarna vriendskappe tussen die twee families sou wees en vele huwelike sou tussen hierdie families plaasvind. Johannes en Maria se derde kind, Johannes, is in 1722 gebore (~ 1 Maart 1722). Hierdie seun is met Aletta van Rooyen getrou. Sy agter-kleinseun, Cornelis Potgieter was later is die volgende eeu 'n baie bekende politikus in die Transvaal en was die voorsitter van die Transvaalse Volksraad. Johannes en Maria se vierde kind, Frederik (~ 11 Junie 1724), is eers met Eva Catharina Kriel en later met Maria Magdalena Landman getroud. Hy het in totaal 18 kinders (waarvan 10 seuns) gehad. Een van sy klein-seuns, Evert Frederik was 'n prominente leier van die voortrekkers in Natal. Die volgende seun, Theodorus (~ 7 April 1726), het by 5 kinders by Hester Anna Marais gehad. Min is bekend oor hulle sesde kind Hermanus Lambertus (~16 Mei 1728) en dit word geglo dat hierdie seun jonk moes gesterf het. Johannes en Maria se jongste dogter, Maria Johanna (~ 27 Augustus 1730), is met Christoffel Snyman getroud.

    Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.

    Harmen Jansz en Isabella se tweede jongste kind, Hans Jurgen (~ 16 Julie 1690) het in Drakenstein gewoon, waar hy op 31 Maart 1720 met Cornelia Botha (die suster van Theunis Botha, wat later met Hans se skoonsuster getrou het) trou. Hans was 'n soldaat in diens van die VOC. Op 17 November 1722 word Hans vrygestel van die weermag as gevolg van 'n ligaamlike gebrek.

    Hans en Cornelia het 9 kinders (3 seuns en 6 dogter) gehad. Aangesien die gemeenskap in die Drakenstein / Stelenbosch gebied maar klein was, was dit daardie tyd maar moeilik om 'n man of vrou te vind wat nie reeds familiebande gehad het nie. Hul oudste seun, Hermanus (~ 15 Julie 1721), trou met sy niggie, Elsie Botha. Martha (~ 13 September 1722) het met Hermanus Steyn (s.v. Jacobus Steyn en Maria Potgieter) getrou. Elsie (~ 3 Februarie 1726) trou met Philippus Snuman, Isabella (~ 14 September 1727) trou met Anthony Lombaard en later met Christiaan Godlieb Lessing, Catharina (~ 2 Desember 1731) trou eers met haar neef Petrus Botha. Haar tweeling suster, Maria (~ 2 Desember 1731) het met hul neef Johannes Lodewikus du Preez getrou. Na Maria se dood trou Johannes en Catharina. Niks is verder bekend oor Hans en Cornelia se 5de kind, Amerentia (~ 5 Februarie 1730).

    Jacobus Potgieter (~ 14 November 1734), die tweede jongste kind van Hans en Cornelia, het met Clara Isabella du Preez, Johannes Lodewikus se suster getrou. Jacobus se kleinseun, Andries Hendrik, het in die volgende eeu as kommandant-generaal die boerevolk uit die Kaap Kolonie na die Transvaal gelei met die Groot Trek. Die jongste seun, Hans Jurgen (~ 15 April 1736) het 9 kinders (4 seuns) by Elisabeth van Staden gehad.

    Hans Jurgen sterf in 1736, waarna sy weduwee in 1738 met Cornelis van Rooyen trou.

    Die stamvader, Harmen Jansz het 5 dogters gehad. Catharina (~ 26 November 1679), is eers met September Pieter Hubner en later met Jacob Potje getroud. Niks is verder bekend oor Elizabeth (~ 26 Junie 1682) en Amerentia (~ 17 Sptember 1684). Maria (~ 31 Augustus 1687) is met Jacobus Steyn getroud. Die jongste kind, Beatrix (~ 17 Maart 1693) het na die dood van haar eerste man, Dirk Vroomhof, met Elias Kien, chirurg van Bercibes, getrou en met hulle twee kinders teruggekeer na Holland.

    Bronne:
    F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979)
    Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985)
    De Villiers, Geslagsregister van die Ou Kaapse families
    Resolusies van die Politieke Raad, Deel IV, 1707-1717
    Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719
    Resolusies van die Politieke Raad, Deel VII
    Resolusies van die Politieke Raad, Deel VI, 1720-1723

    Verwys ook na:
    Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
    Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4: Testamenten, 1726-1735, No 147
    MOOC 7/4: Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147.

    Hy het in 1679 na die Eersterivier verhuis, waar hy gevestig het op die laer terrasse langs die Eersterivier, wat aan hom belowe is 1680, maar dit was eers baie later (1712) aan sy weduwee se boedel amptelik toegeken. Die plaas is uit die boedel aan Aletta Beck verkoop, wie dit "Voorgelegen" gedoop het. Die grond het bestaan uit twee dele - die oostelike deel strek van die huidige kerk van Stellenbosch tot by Mostertsdrift. Die veel groter westelike deel strek van erens tussen die huidige Andringa en Herte strate en sluit in die gebied waar die huidige stadsaal gebou is. Sy opstal was op hierdie groter deel, ongeveer waar Bird straat vir Dorp straat kruis. Die huis het 'n netjiese front, wat die indruk skep dat Harmen 'n ryk man moes gewees het. Later is hierdie deel van die plaas Voorgelegen gedoop. In 1693 verkoop hy deel van die grond aan Linnes.

    Op 8 November 1679 is die stad Stellenbosch gestig. Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679 by Kaap aangekom het as kommandeur van die nedersetting, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog na Hottentots-Holland onderneem waar 'n paar vryburgers reeds gevestig het (vandag Somerset-Wes en omgewing). Nadat van der Stel se werk daar afgehandel was het hulle met 'n ompad teruggegaan. Op 8 November het hulle by 'n asemrowende landstreek uitgekom waar Harmen en 'n paar ander vryburgers gevestig was. Hulle het daardie aand op 'n eiland in die Eersterivier oornag. Op die eiland was daar baie pragtige hoë bome. Omdat geen kommandeur of goewerneur daar was nie, het Simon van der Stel die eilandjie Stellenbosch genoem.

    Die plek het hom onmidelik, uit die oogpunt van sy opdragte as kommandeur, geinteresseer omdat dit as voortreflik vir landbou beskou is. Onmiddellik nadat hy terug was by die Kasteel aan die Kaap, het hy aangekondig dat daar vir mense wat hulle langs die oewers van die Eersterivier wil vestig, grond beskikbaar is in die vorm van eiendomsplase. Baie gunstige voorwaardes is vir voornemende boere aangebied en die reaksie was goed.

    Potgieter het ook aktief deelgeneem aan die openbare lewe van die klein gemeenskap as "wagmeester" van die artillerie. Kommissaris H.W van Reede het hom aangestel as 'n lid van die heemraad in 1685 (saam met Gert van der Bijl, Henning Husing en Jan Cornelis Mostert). Van Reede verwys na hom nie by sy van nie, maar verwys eerder na hom by wyse van sy aambag, Harmen Jansz Smit, soos wat wel dikwels die geval was in daardie tye. Hy het sy ambag by Stellenbosch voortgesit, en later sy stief-seun, Nicolaas Vechtman in die ambag opgelei. Hierdie stief-seun was 'n groot vriend van Adam Tas, wat na hom verwys het as die "kreupel vulkaan" - 'n verwysing na die kreupel Romaanse smit-god, Volcanus.

    JA Hofmeyer verwys na die boek "Slagtersnek en sy mense" deur Dr J.A. Heese, waar daar vermeld word dat Harmen Jansz vermoor was in 1702. Heese het later dit reg gestel. Hofmeyer noem ook dat Harmen Jansz 'n permit toegestaan was in 1705 om 6 waems hout te versamel by die Vier-en-twintig-riviere en maak daarvan die aanname dat Harmen Jansz tussen 1 Sep 1705 and 1708 moes gesterf het. Sy weduwee hertrou met Lourens Verbrugge in 1708.

    In die indeks van hofsake in Uit die Raad van Justisie, 1652-1672 (Staatsdrukker, Pretoria 1986) verskyn daar verskeie sake waarin "Harmen Jansz" betrokke sou wees: 338, 30.7.1670, Harmen Jansz vs. Willem Willemsz van Deventer; skuld; saak geskik (CJ1, p583) 341, 30.7.1670, Harmen Jansz; hout sonder toestemming gekap (CJ1, p592) 396, 1.6.1671 & 6.1.1672, Fiskal cs. Harmen Jansz van Noordhoorn; Kompanjie se tyd en werktuie vir eie gewin gebruik; ses maande ad opus publicum en ses maande gasie pro fisco. (CJ 2952, p406-408, CJ 1, p672-672,739)

    Bronne:
    Patrick van Griethuisen Stellenbosch - Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van Stellenbosch (1979), ISBN 0 620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer.

    Hugo AM, Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 (Tafelberg 1963)

    Dr Carl Potgieter, Kommandant-general AH Potgieter

    Die Swardt Joernaal No 2, 30 Junie 1999 (Eric Swardt familiebond)

    Navorsing te danke aan:
    Eric Swardt swardte@icon.co.za


    Harmen Jansz Potgieter het op 8 Mei 1672 met Isabella Frederiks getrou. Hulle het 7 kinders gehad, plus een kind, Nicolaas Vechtman, van Isabella se vorige huwelik.
    Hulle eerste kind, 'n seun, Johannes Potgieter, is ongeveer 1674 gebore (hy is op 23 September 1674 gedoop aan die Kaap). Hy was die eerste Potgieter wat op Suid-Afrikaanse bodem gebore is. Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter, het 24 Jul 1702 met Clara Herbst (* 1687), die dogter van Johannes Herbst van Bremen en Lysbeth Sanders, getrou. By Clara het Johannes 3 dogter gehad. Hul eerste dogter, Johanna, was in 1704 gebore (~ 3 April 1704) en het jonk (voor 1714) gesterf. Hul tweede dogter, Elizabeth, gebore ongeveer 1711 (~ 6 November 1709) het op 29 September 1726 met Andries Pieter de Jager getrou. Johannes en Clara se derde dogter, Isabella (of soms ook Sibella genoem) is in 1711 gebore (~ 28 Junie 1711) en is 9 Maart 1727 met Philippe du Preez getroud. Philippe het die plaas Grootvadersbosch besit.

    In 1714, na die dood van Clara, het Johannes verder binneland toe getrek met sy twee dogters, Elisabeth and Sybille. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington later die eiendom van Charl Cillie.

    'n Keerpunt was bereik aan die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vry-burgers sodanig verswak het dat die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerk nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis van Pieter Rossouw afgebrand was en die vry-burgers se beeste gesteel is pleit die boere by die politieke raad vir toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n kommando van 30 vrywillegers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en "wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen het te gaan soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidiesie wond Jan Harmensz 'n boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan Harmensz, wat beskryf word as 'n vry-burger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.

    Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuinisse voor die Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde ouderdom en onbehoorlike gedrag".

    Hierdie ekspediesie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die beskerming van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die kommando stelsel met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandoes.

    Op 18 Februarie 1714 trou Johannes weer met Maria Catharina van Eeden (* 13 Februarie 1692), die dogter van Jan Janse van Eeden en Maria Russaar. By Maria het hy 7 kinders (3 dogter en 4 seuns) gehad. Die twee oudste dogters, Hester (~ 23 Februarie 1716) en Emmerentia (~ 20 Oktober 1719) is met die twee Botha broers, Christoffel en Jacobus, getroud. Hierdie huwelikke is van belang aangesien daar vir eeue daarna vriendskappe tussen die twee families sou wees en vele huwelike sou tussen hierdie families plaasvind. Johannes en Maria se derde kind, Johannes, is in 1722 gebore (~ 1 Maart 1722). Hierdie seun is met Aletta van Rooyen getrou. Sy agter-kleinseun, Cornelis Potgieter was later is die volgende eeu 'n baie bekende politikus in die Transvaal en was die voorsitter van die Transvaalse Volksraad. Johannes en Maria se vierde kind, Frederik (~ 11 Junie 1724), is eers met Eva Catharina Kriel en later met Maria Magdalena Landman getroud. Hy het in totaal 18 kinders (waarvan 10 seuns) gehad. Een van sy klein-seuns, Evert Frederik was 'n prominente leier van die voortrekkers in Natal. Die volgende seun, Theodorus (~ 7 April 1726), het by 5 kinders by Hester Anna Marais gehad. Min is bekend oor hulle sesde kind Hermanus Lambertus (~16 Mei 1728) en dit word geglo dat hierdie seun jonk moes gesterf het. Johannes en Maria se jongste dogter, Maria Johanna (~ 27 Augustus 1730), is met Christoffel Snyman getroud.

    Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee Jan Harmensz". Na sy dood trou sy weduwee met Theunis Botha, die skoonvader van haar twee dogters.

    Harmen Jansz en Isabella se tweede jongste kind, Hans Jurgen (~ 16 Julie 1690) het in Drakenstein gewoon, waar hy op 31 Maart 1720 met Cornelia Botha (die suster van Theunis Botha, wat later met Hans se skoonsuster getrou het) trou. Hans was 'n soldaat in diens van die VOC. Op 17 November 1722 word Hans vrygestel van die weermag as gevolg van 'n ligaamlike gebrek.

    Hans en Cornelia het 9 kinders (3 seuns en 6 dogter) gehad. Aangesien die gemeenskap in die Drakenstein / Stelenbosch gebied maar klein was, was dit daardie tyd maar moeilik om 'n man of vrou te vind wat nie reeds familiebande gehad het nie. Hul oudste seun, Hermanus (~ 15 Julie 1721), trou met sy niggie, Elsie Botha. Martha (~ 13 September 1722) het met Hermanus Steyn (s.v. Jacobus Steyn en Maria Potgieter) getrou. Elsie (~ 3 Februarie 1726) trou met Philippus Snuman, Isabella (~ 14 September 1727) trou met Anthony Lombaard en later met Christiaan Godlieb Lessing, Catharina (~ 2 Desember 1731) trou eers met haar neef Petrus Botha. Haar tweeling suster, Maria (~ 2 Desember 1731) het met hul neef Johannes Lodewikus du Preez getrou. Na Maria se dood trou Johannes en Catharina. Niks is verder bekend oor Hans en Cornelia se 5de kind, Amerentia (~ 5 Februarie 1730).

    Jacobus Potgieter (~ 14 November 1734), die tweede jongste kind van Hans en Cornelia, het met Clara Isabella du Preez, Johannes Lodewikus se suster getrou. Jacobus se kleinseun, Andries Hendrik, het in die volgende eeu as kommandant-generaal die boerevolk uit die Kaap Kolonie na die Transvaal gelei met die Groot Trek. Die jongste seun, Hans Jurgen (~ 15 April 1736) het 9 kinders (4 seuns) by Elisabeth van Staden gehad.

    Hans Jurgen sterf in 1736, waarna sy weduwee in 1738 met Cornelis van Rooyen trou.

    Die stamvader, Harmen Jansz het 5 dogters gehad. Catharina (~ 26 November 1679), is eers met September Pieter Hubner en later met Jacob Potje getroud. Niks is verder bekend oor Elizabeth (~ 26 Junie 1682) en Amerentia (~ 17 Sptember 1684). Maria (~ 31 Augustus 1687) is met Jacobus Steyn getroud. Die jongste kind, Beatrix (~ 17 Maart 1693) het na die dood van haar eerste man, Dirk Vroomhof, met Elias Kien, chirurg van Bercibes, getrou en met hulle twee kinders teruggekeer na Holland.

    Bronne:
    F Smith, Stellenbosch - Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979)
    Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985)
    De Villiers, Geslagsregister van die Ou Kaapse families
    Resolusies van die Politieke Raad, Deel IV, 1707-1717
    Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719
    Resolusies van die Politieke Raad, Deel VII
    Resolusies van die Politieke Raad, Deel VI, 1720-1723

    Verwys ook na:
    Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
    Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4: Testamenten, 1726-1735, No 147
    MOOC 7/4: Testamenten 1726-1735 nos. 130 &

    Die POTGIETER voorouers is deur Patrick van Griethuisen en Dr Ludwich Edel nagevors en terug gevolg tot by Bernd POTGEITER wat trou met 'n dogter van Heinrich KETELER. Hy kom van Essen, op die Ruhr, na Nordhorn wat in die Graafskap van Bentheim, Duitsland geleë is. In 1546 is sy naam in die Burgerboek daar ingeskryf en in 1577 word hy nog daar in 'n akte genoem. Sy skoonpa, Hynrich Keteler, of ook Kettel Hinrik genoem, woon omstreeks 1500 tot 1537 in Ossenhoek.

    Dr Jordaan Potgieter volg die Potgieter naam selfs verder terug in sy navorsing tot by Hermann (1463), sy seun Gerhard (1493) en kleinseun Diederik (1541). Diederik sou dan ook die vader van Berndt hierbo wees.

    Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemdvir die Ysterwerke en was daardie tyd ook reeds baie bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die oorsprong van die van POTGIETER.

    Barend het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich POTGETER, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou met Fenne HILLERINCK wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle het geen nageslag nagelaat nie. Sy tweede seun was Kettel Hermann POTGETER. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete POTGETER wat getrou het met Albert ROLOWES.

    Kettel Hermann POTGETER, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese SCHOLTEN, 'n dogter van Scholten VON BIMOLTEN, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in die oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers op die Scholten boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem. Slegs een kind van hierdie huwelik Nesen Hermann POTTGETER wat ongeveer in 1590 gebore is, is bekend.

    Hermann POTTGETER, hy word ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese (Agnese). Hermann is ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann Pottgeter, burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou metTryne, die stiefdogter van Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier kinders gehad; Nesen Lambert POTGIETER wat die eienaar van 'n stuk grond in Pottkamp, Adeldorf was, Gert POTGETER wat die eienaar van die "Faberhaus" in Schuttorf was, Hermann POTTGEITER wat in 1648 trou met 'n dogter van Swenne VON LODDEN, en Jan POTGIETER.

    Jan (of Johannes) POTGIETER was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met Schwerne LODDEN, die dogter van Swenne VON LODDEN van Frensdorf . Sy was ook in Nordhorn gebore, in die jaar 1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan.

    Ons stamvader Harmen Jansz POTGIETER wat in 1635 in Nordhorn gebore is was die enigste seun uit hierdie huwelik.

    Harmen Janz was die seun van Jan Potgieter (gebore 1605) van Nordhorn, Duitsland, en Schwerne LODDEN (gebore 1610), van Frensdorf, Duitsland. In 1670 verhuis Harmen na Amsterdam, en tree daar in diens van die VOC as soldaat en kom nadie Kaap van Goeie Hoop, waar hy met Isabella Fredericks (of Beeltjie), weduwee van Claas Vechtman trou. Hulle het 8 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige huwelik insluit. Later verlaat hy die diens van die VOC en word vry-smit.

    Noordhoorn is geleë in die Groningen provinsie, sui-wes van die stad Griningen. Die Potgieterfamilie het daar op 'n plaas gewoon met die families Steyn en Prinsloo as bure. Harmen was dan ook 'n lewenslange vriend van Douw Gerbrand Steyn. Sy dogter, Maria, het later met Jacobus Steyn, die aangenome seun van Douw getrou en so die stammoeder van die Steyns in Suid-Afrika geword.

    Hy was een van die eerste bewoners van die nuwe nedersetting by die Eersterivier (Stellebosch), waar hy sy ambag as smit beoefen. Hy word deur de Wet gelys as smit 1674-1705. (de Wet GC, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, p68). In 1688 het hy sy smitswinkel aan Lourens Verbrugge oorgedra vir die helfte van die wins (p107, verw1STB 18/152 kontrak 1.12.1687).

    De Wet meld dat Harmen in 1663 'n vryburger geword het, in 1670 weer tot die Kompanjie in diens getree en in 1674 weer uitgetree en 'n vryburger gebly tot sy dood in 1706. (p 197, verw Boesken AJ, Resolusies vdpolitieke raad, II 4.2.1671, p56; VC 49 Monsterrolle van vryliede 31.12.1706, p107)

    Hy het in 1679 na die Eersterivier verhuis, waar hy gevestig het op die laer terrasse langs die Eersterivier, wat aan hom belowe is 1680, maar dit was eers baie later (1712) aan sy weduwee se boedel amptelik toegeken. Die plaas is uit die boedel aan Aletta Beck verkoop, wie dit "Voorgelegen" gedoop het. Die grond het bestaan uit twee dele - die oostelike deel strek van die huidige kerk van Stellenbosch tot by Mostertsdrift. Die veel groter westelike deel strek van erens tussen die huidige Andringa en Herte strate en sluit in die gebied waar die huidige stadsaal gebou is. Sy opstal was op hierdie groter deel, ongeveer waar Bird straat virDorp straat kruis. Die huis het 'n netjiese front, wat die indruk skep dat Harmen 'n ryk man moes gewees het. Later is hierdie deel van die plaas Voorgelegen gedoop. In 1693 verkoop hy deel van die grond aan Linnes.

    Op 8 November 1679 is diestad Stellenbosch gestig. Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in 1679 by Kaap aangekom het as kommandeur van die nedersetting, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n inspeksietog na Hottentots-Holland onderneem waar 'n paar vryburgersreeds gevestig het (vandag Somerset-Wes en omgewing). Nadat van der Stel se werk daar afgehandel was het hulle met 'n ompad teruggegaan. Op 8 November het hulle by 'n asemrowende landstreek uitgekom waar Harmen en 'n paar ander vryburgers gevestig was. Hulle het daardie aand op 'n eiland in die Eersterivier oornag. Op die eiland was daar baie pragtige hoë bome. Omdat geen kommandeur of goewerneur daar was nie, het Simon van der Stel die eilandjie Stellenbosch genoem.

    Die plek hethom onmidelik, uit die oogpunt van sy opdragte as kommandeur, geinteresseer omdat dit as voortreflik vir landbou beskou is. Onmiddellik nadat hy terug was by die Kasteel aan die Kaap, het hy aangekondig dat daar vir mense wat hulle langs die oewers van die Eersterivier wil vestig, grond beskikbaar is in die vorm van eiendomsplase. Baie gunstige voorwaardes is vir voornemende boere aangebied en die reaksie was goed.

    Potgieter het ook aktief deelgeneem aan die openbare lewe van dieklein gemeenskap as "wagmeester" van die artillerie. Kommissaris H.W van Reede het hom aangestel as 'n lid van die heemraad in 1685 (saam met Gert van der Bijl, Henning Husing en Jan Cornelis Mostert). Van Reede verwys na hom nie by sy van nie,maar verwys eerder na hom by wyse van sy aambag, Harmen Jansz Smit, soos wat wel dikwels die geval was in daardie tye. Hy het sy ambag by Stellenbosch voortgesit, en later sy stief-seun, Nicolaas Vechtman in die ambag opgelei. Hierdie stief-seun was 'n groot vriend van Adam Tas, wat na hom verwys het as die "kreupel vulkaan" - 'n verwysing na die kreupel Romaanse smit-god, Volcanus.

    JA Hofmeyer verwys na die boek "Slagtersnek en sy mense" deur Dr J.A. Heese, waar daar vermeld worddat Harmen Jansz vermoor was in 1702. Heese het later dit reg gestel. Hofmeyer noem ook dat Harmen Jansz 'n permit toegestaan was in 1705 om 6 waems hout te versamel by die Vier-en-twintig-riviere en maak daarvan die aanname dat Harmen Jansz tussen 1 Sep 1705 and 1708 moes gesterf het. Sy weduwee hertrou met Lourens Verbrugge in 1708.

    In die indeks van hofsake in Uit die Raad van Justisie, 1652-1672 (Staatsdrukker, Pretoria 1986) verskyn daar verskeie sake waarin "Harmen Jansz" betrokke sou wees: 338, 30.7.1670, Harmen Jansz vs. Willem Willemsz van Deventer; skuld; saak geskik (CJ1, p583) 341, 30.7.1670, Harmen Jansz; hout sonder toestemming gekap (CJ1, p592) 396, 1.6.1671 & 6.1.1672, Fiskal cs. Harmen Jansz van Noordhoorn; Kompanjie se tyd en werktuie vir eie gewin gebruik; ses maande ad opus publicum en ses maande gasie pro fisco. (CJ 2952, p406-408, CJ 1, p672-672,739)

    Bronne:

    Patrick van Griethuisen Stellenbosch - Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van Stellenbosch (1979), ISBN 0 620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer.

    Hugo AM, Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 (Tafelberg 1963)

    Dr Carl Potgieter, Kommandant-general AH Potgieter

    Die Swardt Joernaal No 2, 30 Junie 1999 (Eric Swardt familiebond)

    Navorsing te danke aan: Eric Swardt swardte@icon.co.za

    Bydrae te danke aan:

    Webblad:

    In 1665 he was amason in Stellenbosch. Later "hoefsmid".

    Harmen married Isabella FREDERIKS, [S] on 8 May 1672 in Swellendam, Cape, South Africa. Isabella was born on 8 May 1652 in Amsterdam, North Holland, Netherlands; died in 1711 in Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 13.  Isabella FREDERIKS, [S] was born on 8 May 1652 in Amsterdam, North Holland, Netherlands; died in 1711 in Cape, South Africa.

    Notes:

    From Merano in Southern Tirol.

    Hulle het 8 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige huwelik insluit.

    Alt Name: Isabella (of Beeltjie) FREDERIKS

    Afkomstig van Amsterdam. Weduwee van Nikolaus Vechtman van Merano in Suid-Tirool.

    Notes:

    Married:
    Alt Marriage: Harmen Jansz POTGIETER Progenitor Date: 8 May 1672 Location: Stellenbosch, Cape, South Africa

    Children:
    1. Eliabeth POTGIETER and died.
    2. 6. Johannes (Jan Harmensz) POTGIETER, b1 was born about 1650 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 23-6 Sep 1674 in Swellendam, Cape, South Africa; died in 1733 in Cape, South Africa.
    3. Jan Harmensz NN, b1 was christened on 23 Sep 1673-1674; and died.
    4. Frederik POTGIETER, b2 was christened on 28 Feb 1677; died in in Cape, South Africa.
    5. Frederick POTGIETER was born on 28 Mar 1677; and died.
    6. Catharina POTGIETER, b3 was born in 1679 in Stellenbosch, Cape, South Africa; was christened on 26 Nov 1679 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    7. Elisabeth POTGIETER, b4 was christened on 28 Jun 1682 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    8. Elizabeth POTGIETER, b4 was christened on 28 Jun 1682 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    9. Amerentina POTGIETER, b5 was christened on 17 Sep 1684 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    10. Emerentia POTGIETER was christened on 17 Sep 1684 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    11. Maria POTGIETER, b6 was born in in South Africa; was christened on 31 Aug 1687 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    12. Hans Jurgen POTGIETER, b7 was born in in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened on 16 Jul 1690 in Cape Town, Cape, South Africa; died in 1736 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).
    13. Beatrix POTGIETER, b8 was born about 1693; was christened on 17 Mar 1693 in Swellendam, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.

  3. 14.  Johann HERBST(HARST), a4 was born about 1650 in Bremen, Westfalen, Prussia; died after 1728 in Cape, South Africa.

    Notes:

    From Bremen, 1686 Supervisor of the Kompanje's Stock Post in Hottentots-Holland, 1690 burger Drakenstein. Surname was changed to Herbst.

    Johann married Lysbeth SANDERS, V.D.K.. Lysbeth (daughter of Lysbeth VAN ANGOLA) was born about 1665 in Holland, Netherlands; died in 1742-1743 in Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 15.  Lysbeth SANDERS, V.D.K. was born about 1665 in Holland, Netherlands (daughter of Lysbeth VAN ANGOLA); died in 1742-1743 in Cape, South Africa.

    Notes:

    Said to be part Indian part African. She was a slave owned by Louis of Bengalehimself a freed slave

    She was known as Lijsbeth of the Cape and also Lijsbeth Lowis(e), female slave of Mathijs Coemans, sold to Adriaan van Brakel for f160 3.3.1671 and shortly before 1680 to Louis of Bengal. Together with two daughters, she was freed 27.7.1683, sentenced 1696 on theft.

    Du Plooy.paf: Wat die ander Lijsbeth betref het Mansell Upham die volgende geskryf:

    Lijsbeth Sanders (possibly the daughter of Pladoor, a slave woman from Guinea) and Louis van Bengale had a violent love/hate relationship that spanned many years. Belonging to Adriaen van Brakel she was arrested in 1678 for theft and breaking into the house of Louis. Although she was returned to her master she caused her accomplices - two sailors - to be banished to Robben Island. Van Brakel later sold her to the Free Black Louis van Bengale - he having fathered 2 or 3 of her children. Louis finally freed his "meijt genaemt Lijsbeth van Cabo" & her 2 children in 1683. Louis, however, sued her for breach of promise of marriage in 1688, she meanwhile having run off with an Englishmen - her former lover's shepherd. The shepherd was punished, her children handed over to Louis who
    married somebody else. Attempts (we know of at least two formal attempts 1688 & 1715) to have his former concubine put back into slavery failed. Lijsbeth was convicted in 1696 for stealing jewelry belonging to Jacob Cornelissen from Bengal - who once belonged to the Robben Island-relegated Mayken van den Bergh - was branded and had to serve 3 years in the public works. Thereafter Lijsbeth sought solace in the arms of Herbst (read all about him in Hoge) by whom she reputedly had 2 more children. I suspect, however, that Clara was fathered by the Englishman and not Herbst who fathered other children by other women...Lijsbeth was over 80 years old when she died circa 1742/3.

    "Daar is nog onduidelikheid oor wie die moeder van Lysbeth Sanders was. Op grond van navorsing wat deur Mansell Upham gedoen is, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat haar moeder moontlik Lysbeth van Angola was. Hoe dit ookal sy daar bestaan geen twyfel dat Lysbeth Sanders van nie-blanke afkoms was nie. Lysbeth Sanders het 'n veelbewoë lewe gehad.

    Sy het met verskillende mans verhoudings gehad en was die moeder van vyf dogters wat baie nasate onder blanke Afrikaners het. Sy is in 1696 gegesel en moes drie jaar in kettings deurbring nadat sy die juwele van Jacob Cornelissen van Bengale gesteel het. Nadat sy vrygelaat is, het sy by Johann Herbst onderdak gevind en die moeder geword van sy twee dogters Clara en Gerbrecht. Clara het getrou met Johannes Harmensz Potgieter en so het
    Lysbeth Sanders ook die stammoeder geword van 'n deel van die Potgieter-familie. 'n Aantal van haar meer bekende nasate is pres. Paul Kruger, genl. Louis Botha, die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter en die bekende genl. Koos de La Rey. Lysbeth Sanders was al oor die tagtig jaar oud toe sy in 1742/43 oorlede is."

    Bron: O.a. J.L. Hattingh: Die Blanke nageslag van Louis van Bengale en
    Lijsbeth van die Kaap, KRONOS Vol. 3, 1980, pp. 5-51.

    Children:
    1. 7. Clara HARST, a4b2 was born in 1687 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened in 1687; died on 22 Feb 1714 in Cape, South Africa.


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info