• First Name:   
  • Last Name:   
Antoinette GREEFF

Antoinette GREEFF

Female 1973 -  (50 years)

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Antoinette GREEFFAntoinette GREEFF was born on 29 Oct 1973 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Empangeni, Natal, South Africa (daughter of Gabriel Johannes (Jan) GREEFF and Juanita Barry LEACH).

    Notes:

    Die pragtige bruinoog Antoinette was van kleins af vol lewenslus, emosie en entoesiasme. Haar belangstelling strek van musiek en kuns na hengel, weermagaktiwiteite en fiksheid. Sy ontvang die troetelnaam "Varkie" by haar ouers en hulle word haar "Bere."

    In 1991 word sy as een van 120 uit etlike duisende aansoeke gekeur om die jaar by die estydse Burgerlikebeskermingskollege in George opleiding te ondergaan.

    Sy neem deel aan sendingtoere wat uitreik na afgeleë gemeenskappe in Namibië en later jare na die mense van Indië, maar hou deurentyd noue kontak met haar ouerhuis deur gereeld briewe te skryf waarin sy haar onvoorwaardelike liefde en deernis vir haar medemens met haar ouers deel.

    Antoinette leef in 1996 haar diensbare geaardheid verder uit by PEN, 'n Evangelisasie -en Uitreikaksie na die jeug in Pretoria. Sy inisieer 'n kreatiwiteitontwikkelingsentrum vir tienermeisies waar sy hulle op ontspanne wyse leer van die liefde van Jesus.

    Haar veelsydigheid kom oor die jare al hoe meer na vore. In haar vroeë dertigerjare bedryf sy 'n fiksheidsklas waar die fisiese voordele van joga-oefeninge geleer word. Deur haarself te help, word sy 'n bedrewe sweiser. Sy vervaardig onder andere hulle huis se diefwering. Sy ontwerp en vervaardig staal ornamente, versamelstukke en swaar hekke en traprelings vir onder andere wynplase in die Boland, terwyl sy haar rol as moeder en eggenote met onderskeiding vervul.

    In 2011 verhuis sy en haar gesin na Canberra in Australie, waar sy haar kunssinigheid voortsit deur te skilder, kunsklasse aan te bied en ook vanwaar sy voortgaan om van tyd tot tyd uitreike na Indië te onderneem. Hier het sy haarself ook verder in die kunsrigting bekwaam deur in daardie rigting te gradueer.

    Haar jongste interessante avontuur is om Canberra en sy mense beter te leer ken deur Munisipale busse te bestuur.

    Antoinette married Hendrik Hermanus KARSTEN on 13 Dec 1997 in Pretoria, South Africa. Hendrik was born on 11 Oct 1974 in Windhoek, South West Africa (Namibia). [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. Juan KARSTEN was born on 2 Jun 1997 in Barberton, Transvaal, South Africa.
    2. Francisca KARSTEN was born on 18 Apr 1999 in Pietersburg, Transvaal, South Africa.

Generation: 2

  1. 2.  Gabriel Johannes (Jan) GREEFF was born on 1 Apr 1943 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Benoni, Transvaal, South Africa (son of Pieter Francois Steyn (Pieter) GREEFF and Susanna Maria Magrieta (Sannie) REYNEKE).

    Other Events:

    • Address: Gabriel Johannes (Jan) GREEFF; Address:
      Tuin Tuiste 75
      Posbus 575
      Bela Bela, Limpopo 0480
      Suid-Afrika
    • Phone: 014 736 6676
    • Phone: 084 548 3890

    Notes:

    Lewensverhaal van Jan (G. J.) Greeff

    Gebore in Benoni op 1 April 1943 en voltooi sy skoolloopbaan in dieselfde dorp, eers by Northmead Afrikaans Medium en matrikuleer in 1960 by die aangrensende Hoërskool Brandwag. Reeds in sy voorskoolse jare is hy fanaties oor enigiets meganies. Hy maak ou horlosies wat Pappa Piet met sy horlosieherstelstokperdjie versamel uitmekaar, verlustig hom in die uitdagings ven Meccano en timmer 'n houtvliegtuig in die agterplaas aanmekaar. Een waarin hy kan sit en waarvoor hy vir Pappa vra om 'n enjin te bring sodat hy dit kan laat vlieg.

    By sy geboorte het Pappa Piet vir hom 'n wilgerboom geplant. Daardie boom was die middelpunt van die meeste van sy kinderfantasiespeletjies. Swaai aan die wilgertakke, aan toue wat Pappa van die myn af gebring het, as denkbeeldige Tarzan en baie ander fiksiekarakters. Die gevolg van Pappa se wyse versiendheid was 'n baie fikse en atletiese kind met uitstekende ko-ordinasie en verbeeldingskrag. Hy is ook van kleins af deur sy liefdevolle ouers aangemoedig om baie rou en vars groente en vrugte uit die tuin te eet. Pappa was nooit ongelukkig wanneer hy die groentetjies sommer al pluk en eet lank voordat dit ryp word of selfs sodra die koppies uit die grond kom nie.

    Jan skryf in 1961 by TUKS in met 'n vakkeuse vir 'n graad in dier- en plantkunde wat deur voorligters aanbeveel is. Hy het geen belangstelling, aanvoeling of aanleg vir die studie-onderwerp nie, is eerder aangele vir iets in die rigting van meganika. Aan die einde van sy eerste studiejaar kry hy tydelike vakansiewerk by die Stadsraad van Benoni en nadat sy studie-uitslae 'n rampspoedige jaar bevestig, ontvang hy 'n aanbod vir permanente werk wat lei tot 'n loopbaan in Plaaslike Bestuursadministrasie. Ten spyte van sy voorliefde vir meganiese dinge, help sy veelsydigheid hom om 'n sukses te maak van 'n loopbaan in munisipale administrasie, waar hy in 1993 as Stadsekretaris van Empangeni en geregistreerde professionele stadsklerk uitgetree het.

    Hy sluit intussen in 1963 aan by die Kommando's en vorder binne 6 jaar tot die rang van kaptein en later tot kommandant.

    Hy verwerf die Diploma in snelskrif en ook in "shorthand" wat sy pad baan na sy eerste groot bevordering, na die pos van komiteeklerk. In 1966 volg 'n verdere stap na 'n senior komiteeklerkpos by die personeeldepartement van die Stadsraad van Pretoria. Hierdie aanstelling was buitengewoon omdat die Pretoria Stadsraad 'n streng beleid van bevordering uit eie geledere op grond van senioriteit gehandhaaf het. Dit was dus bykans onmoontlik vir 'n buitestaander om in 'n bevorderingspos aangestel te word.

    Hierdie beleid van senioriteit lei tot 'n meevaller vir Jan wanneer 'n toesighouerspos in die personeeldepartement geskep word met die doel om hom daarin te bevorder. Die departement word verplig om die pos intern te adverteer. Aansoeke stroom in van meer senior kollegas in die hierargie en ten spyte van sterk motivering deur Jan se departementshoofde dat slegs hy die pos behoorlik sal kan baasraak, word die senioriteitsbeleid streng toegepas en 'n meer senior kandidaat uit 'n ander departement kry die pos. Na drie maande dien die betrokke hoofde 'n verslag in waarin uitgespel word dat die nuutaangestelde toesighouer nie die werk sonder Jan se hulp kan verrig nie, wat 'n onuithoudbare situasie skep. Na lang beraadslaging word 'n nuwe pos op die volgende hoër rang bokant die nuwe toesighouer geskep en word Jan daarin aangestel.

    In hierdie tyd sit Jan eendag tydens etenstyd in sy kantoor op die vyfde verdieping van Munitoria toe hy 'n geskarrel oorkant die gang hoor. Die volgende oomblik hardloop 'n man verby en Jan hoor die departementshoof skree dat die man die sekretaresse se handsak gesteel het. Hy sit die handsakdief in die lang gang agterna. Die jaagtog snel by die trappe af na die vierde verdieping en op in daardie gang. Die dief hoor dat hy van agter ingehaal word en probeer by die volgende stel trappe verder na ondertoe wegkom, maar Jan kom in die draai by en duik sy voete onder hom uit sodat hy homself half bedwelmd val teen die hoek van die muur by die trap. Die dief het so mak soos 'n lam bly sit totdat die polisie opdaag, en in die daaropvolgende hofsaak is hy skuldig bevind en 'n swaar straf opgelê. Al wat hy in die hof vir Jan te se gehad het was dat hy die man was wat hom gevang het.

    Jan het vir vier en 'n halwe jaar in Pretoria gewerk. Die eerste jaar het hy in die Jeugtuiste in Pretoria gewoon, maar daarna elke dag van sy ouerhuis in Benoni af werk-toe gery. In 1966 pak sy meganiese aanleg hom weer en hy ontwerp en bou 'n visvang- en strandvoertuig op die onderstel van 'n DKW. Hierdie voertuig het baie aandag getrek en het in die daaropvolgende jare langs die hele kus van die destydse Transkei af tot by Pomene in Mosambiek diens gedoen. In 1973 omskep hy die voorwielaangedrewe voertuig na permanente vierwielaandrywing, deur die meganiese onderdele van die DKW Munga te gebruik.

    In 1970 raak Jan moeg vir die heen en weer ryery van Benoni af na sy werk in Pretoria en doen suksesvol aansoek vir 'n bestuurspos, weer by die Benoni Stadsraad.

    Gedurende sy bedankingsmaand in Pretoria in September 1970 speel 'n kollega, 'n Noord-Transvaalse hokkie-administrateur by name Myrtle Lazar 'n suksesvolle rol as "matchmaker" met Juanita Leach, 'n onderwyseres in liggaamlike opvoeding wat vir die Noord-Transvaalse hokkiespan uitdraf. Sy het ook haar provinsie in atletiek en gimnastiek verteenwoordig.

    In 1971 verstewig Juanita die militere bande met 'n aanstelling as Luitenant [Instrukteur in Liggaamlike Opvoeding] in die pioniersjaar van die SA Leërvrouekollege [SALVKOL] op George.

    Die kaptein en die luitenant reel 'n militere huwelik op 11 Desember 1971. By die huwelikseremonie tree die offisiere van Jan se eenheid saam met studente van SALVKOL op as erewag, waarskynlik die eerste keer in die geskiedenis van die SA Weermag dat so 'n gemengde erewag optree.

    In 1963 begin 'n lang pad as ampsdraer in die NG Kerk, eers as diaken en vanaf 1972 as ouderling. Tydens 'n seminaar van Campus Crusade for Christ by Kempton Park in 1971 ontvang hy 'n geskenk van die Here: bevestiging van geloofsekerheid. In daardie stadium ervaar hy dit as 'n bekering, maar sewe jaar later begelei Jesus hom na die besef dat Hy Jan se lewe reeds tydens sy kinderjare nuut gemaak het, danksy die onwrikbare toewyding, liefde, gebed en voorbeeld van sy ouers.

    Antoinette word in 1973 gebore en in 1991 doen sy suksesvol aansoek vir 'n jaar by SALVKOL as die eerste student wat 'n kind is van 'n oud-offisier of oud-student. In 1976 arriveer Sanet en sy volg in haar moeder en ouer suster se voetspore toe sy in 1994 ook diens doen by SALVKOL.

    In 1974 word Jan aangestel as Assistant-Stadsklerk op Empangeni en die hele gesin word Zoeloelanders in murg en been. Pieter word in 1979 gebore en die laatlam, Henno in 1985.

    Gedurende sy dienstyd bewys Jan homself van tyd tot tyd as 'n amptenaar wat nie terugdeins vir uitdagings en gemaksones nie. Wanneer daar byvoorbeeld iets gedoen moet word waarvoor bestaande wetgewing nie voorsiening maak nie dan vat hy die bestaande orde aan. Eers moet sy kollegas bewus gemaak word van die realiteit dat wetgewing nie in beton gegiet is nie en vir die gemeenskap se behoeftes gemaak en aangepas moet word. Dan moet die besluitnemers, die stadsraadslede dienooreenkomstig ingelig en oortuig word. Vandaar moet die voorgestelde wetswysiging na die Provinsiale owerhede gaan waar dit herkou moet word alvorens die proses verder kan vorder. Dan moet dit deur advertering aan die openbare mening vir kommentaar en beswaar voorgehou word en laastens word dit in die Provinsiale Koerant as wysigingswet gepubliseer.

    So byvoorbeeld, in die tagtigerjare toe die land aan't kook was met opstande en politieke woelinge, is daar landwyd aandag gegee aan die beskerming van strategiese instellings soos die groot brandstofopslagplekke by talle dorpe, veral aan die kus. Alhoewel die logiese eerstelynbeskerming die plaaslike brandweer- en beskermingsdienste was, het bestaande wetgewing geen mag aan plaaslike owerhede verleen om hierdie depots te beveilig of selfs te betree nie. Jan het met die hulp en ondersteuning van sy regterhand, die destydse hoof van beskermingsdienste, Coen Breytenbach aan die werk gespring en die owerhede oortuig van die logika om die gesentraliseerde beheer oor die veiligheid en beskerming van die brandstofdepots na plaaslike owerhede te desentraliseer. Dit was nodig om sentrale sowel as plaaslike wetgewing te wysig om dit te bewerkstellig en was waarskynlik 'n unieke geleentheid waar 'n klein plaaslike owerheid se insette daartoe gelei het dat sentrale regeringsbeleid en wetgewing gewysig is sodat plaaslike owerhede hulle verordeninge kon uitbrei om take wat voorheen van hulle weerhou is te kon uitvoer.

    Die plaaslike regulasies wat so by Empangeni ontstaan het, is later as 'n model gebruik vir die uitbreiding van die sentrale regering se wetgewing wat beheermaatreels oor strategiese hulpbronne landwyd voorskryf.

    In 1984, tydens die aanloop tot die welbekende sikloon Demoina en die rampspoedige vloede wat gevolg het, het Zoeloeland een van die ernstigste droogtes in sy geskiedenis ervaar. Huishoudings is beperk tot 250 liter water per dag en etlike ander streng beperkings is ingestel. Water moes vir huise in Empangeni se hoërliggende gebiede aangery word. Desnieteenstaande het die dorp se waterbron, die Nsesemeer letterlik begin opdroog. Die Munisipaliteit was besig om 'n noodpyplyn vanaf 'n kanaal uit die Mhlatuzerivier aan te lê, toe 'n onverwagse krisis opduik. Die verwagting was dat daar nog water vir vyf tot ses weke in die meer sou wees. Dit sou tyd toelaat om die pyplyn te voltooi. Wat niemand egter geweet het nie was dat die profiel van die bodem van die meer van so 'n aard was dat geen water na die pompstasie sou kon vloei sodra die watervlak daal tot 'n bepaalde laagtepunt nie. Modderbanke wat voorheen onder water was het die vloei belemmer. Skielik, 'n maand voordat dit verwag is, was daar geen water om te pomp nie.

    Alhoewel watervoorsiening nie deel van Jan se portefeulje was nie, het hy die inisiatief geneem om verteenwoordigers van die suikerbedryf op die Mfolosivlakte te kontak. Hy het verneem dat hulle baggertoerusting het wat kanale in moddertoestande kan grawe. Binne dae is onderhandelings afgesluit en 'n kontrak beding. 'n Yslike baggerplatform is vanaf Mtubatuba na die suidelike oewer van die Nsesemeer vervoer. Daar het kollega en vriend Coen Breytenbach weer eens hand bygesit deur 'n glipweg met 'n laaigraaf te stoot sodat die platform by die oewer te water gelaat kon word. Van daar af het dit 'n kanaal deur die modder gebagger tot by die pompstasie. Die tydsberekening was kritiek maar volmaak, en deur die Here se genade het die baggeroperasie die res van die water in die meer na die pompstasie laat vloei op die dag toe die watervoorraad finaal sou opdroog.

    In Desember 1986 neem Jan waar in die pos van Stadsklerk. Vroeg die oggend van 11 Desember, die dag van sy en Jua se 15de huweliksherdenking, ontvang hy 'n oproep van 'n paniekbevange kollega. Die werkers by die siviele werkplaas staak! Hy moes inderhaas gaan kyk wat aangaan en die saak hanteer. Uiteraard was die betrokke vakbond se verteenwoordigers op die toneel om hul saak te stel en Jan moes met hulle onderhandel. Dit was 'n sensitiewe aangeleentheid in verband met 'n vakbondlid wat ontslaan is en toe later in 'n laer besoldigde pos herindiens geneem is. Daar is oor en weer eise, ultimatums en dreigemente uitgeruil en die uiteinde van die saak was dat ongeveer die helfte van die arbeidsmag, 159 in getal, hulleself teen 12:30 die middag ontslaan het deurdat hulle nie gehoor gegee het aan Jan se finale ultimatum om te begin werk nie. Die saak het in die Nywerheidshof gedraai waar die uitslag ten gunste van die werkgewer uitgewys is. Die volgende brief is op 30 April 1987 deur die Stadsklerk en Jan se baie gewaardeerde kollega, Lourens Kotze aan hom gerig:

    "Die Raad het by sy jongste vergadering kennis geneem van die beslissing van die Nywerheidshof. Die feit dat dit in die Raad se guns is, is tot 'n groot mate toe te skryf aan die wyse waarop u die saak in my afwesigheid gehanteer het en ek het opdrag om die Raad se dank daarvoor aan u oor te dra.


    Wees ook verseker van my dank vir u optrede in hierdie verband. Dit is goed om te weet dat die kantoor in veilige hande is in my afwesigheid."

    Hierdie uitslag het vriend en vyand verras. Totdat die uitslag bekend was moes Jan baie kritiek verduur. 'n Regsgeleerde by die Universiteit van Zoeloeland wat ook op die Stadsraad gedien het, het wyd en syd verkondig dat die ontslag van die werkers ongehoord was en dat daar geen twyfel was nie dat die Stadsraad sal moet instaan vir massiewe kostes om die betrokke werkers herindiens te neem omdat dit 'n uitgemaakte saak sou wees dat die Nywerheidshof die saak teen die Raad sou uitwys. Daarenteen is dit uit die volgende uittreksels uit die 28 bladsy relaas van die verrigtinge duidelik dat die saak op slegs een uitslag afgestuur het:

    ·"Greeff's statement is specific as to times, subject matter and events, whereas except for certain 'specific' denials, Mr. Ngubane's statement is vague and general." ·"It has been established that the contracts of employment of the employees concerned were lawfully terminated at 12:30 on 11 December 1986." ·"The respondent acted fairly and reasonably in this matter."

    Sewe punte word aangehaal op grond waarvan hierdie afleiding gemaak is. Dan weer "Respondent acted legally and fairly when it terminated the employment of the striking workers" en "It has been established that the respondent was entitled to terminate the employment of the employees when it did and that in doing so it acted fairly and reasonably."

    Op Empangeni word sy tyd bestee aan sy gesin, kerkraadsake, hengel, weermagaktiwiteite en sy loopbaan by die Stadsraad totdat hy besef dat verdere akademiese kwalifikasies nodig is vir vordering in sy loopbaan. Hy skryf in vir die diploma in Plaaslike Bestuursadministrasie by die Instituut vir Administrasie en Handel en verwerf tydens hierdie studies die J R Finchprys vir die beste vraestel in Munisipale Administrasie. Later erken hy dat hy die betrokke eksamen gaan skryf het sonder voorbereiding van enige aard, deur geheel en al staat te maak op sy praktiese ervaring en kennis van die vak.

    Na die verwerwing van hierdie diploma bekom hy ook lidmaatskap van die Instituut van Stadsklerke. Met hierdie studies agter die rug kan hy meer gereeld optrek vir lang hengelvakansies by eksotiese bestemmings soos Mapelane, Kaap Vidal en sy destydse gunsteling, Kosibaai. Sedert 1993 het die hengelgogga die gesin gereeld na Pomene langs die warm, tropiese waters van Mosambiek gelok.

    In 1989 raak Jan betrokke by netwerkbemarking. In 1993 verkoop hy sy eerste netwerk en sluit aan by Sportron Internasionaal, 'n dinamiese maatskappy wat fokus op natuurlike gesondheid. Hierdie besluit werk lewensveranderend vir hom en sy gesin, en hy begin om op te tree as Lewenstylkonsultant. Hierdie betrokkenheid bemagtig hom en sy gesin om voortaan elke jaar gesonder te word en van bykans al hulle vorige skete ontslae te raak terwyl hulle 'n groeiende passiewe inkomste geniet.

    Jan maak in 1990 die grootste blaps van sy lewe. Een wat verreikende impak op die hele gesin uitoefen. Sonder om seker te maak dat dit binne die wil van die Here is, deur dit behoorlik met sy gesin en geloofsgesin te bespreek en dit deeglik by die Here uit te klaar, bele hy in 'n besigheid wat nommerplate en advertensietekens vervaardig en syskermdrukwerk doen. Sy vennoot en bestuurder raak met die intrapslag betrokke in 'n afgryslike motorongeluk wat hom bykans permanent buite aksie stel. Jan self skryf die maatskappytjie se ander motor byna af teen 'n bees (die Here het hom wonderbaarlik bewaar, geen skrapie nie). 'n Vriend wat daarna aanbied om die plek te bestuur kom nie die mas op nie en uiteindelik sit hy met so 'n groot finansiële las dat die gesin se huis wat afbetaal is sowel as bykans al hulle roerende bates van die hand gesit moet word om likwidasie te vermy.

    Hierdie traumatiese ervaring het gedien om hulle meer bewus te maak van die Here se liefde en sorg. Vir bykans 15 jaar het hulle gestoei om kop bo water te hou, maar Hy het telkemale as dit lyk of daar geen uitweg meer is nie, uit die een of ander ongelooflike bron uitkoms gestuur.

    Die grootste voorreg en vreugde uit hierdie krisis was toe Pieter een dag vertel hoedat hy kan sien dat die Here die gesin hierdeur geleer het om dinge te waardeer en nie enigiets as vanselfsprekend te aanvaar nie. Dat die gesin, al het hulle so baie verloor, daardeur meer saamgebind is en ook meer innig die Here se hand van genade in hulle lewens ervaar.

    Dan tree die genade weer eens in oortreffende trap in. Jan se Munisipale loopbaan het sy tol op sy gesondheid begin eis en op sy 50 ste verjaarsdag, 1 April 1993 gee die Here vir hom 'n wonderlike verjaarsdaggeskenk - die voorreg om met volle pensioen uit sy pos van Stadsekretaris te tree. Hy en sy gesin kan die Here nie genoeg prys en dank vir hierdie en baie ander voorregte nie. Op dieselfde 50ste verjaarsdag is dit sy voorreg om by die Greeff-gedenkterrein te Witklip naby Lichtenburg die eer aan die Here te gee vir al die onuitspreeklike genade wat Hy oor die jare op die nasate van Hendrik Adriaan Greeff uitgestort het.

    Die gesin se bande met Zoeloeland word verbreek toe hulle einde 1996 na Barberton, die juweel van die Laeveld verhuis. Hier mis hulle die subtropiese see en die goeie vriende van Zoeloeland maar die berge kompenseer in 'n mate en hulle geniet die meer matige klimaat na die hoë humiditeit van Zoeloeland. Nou is hulle ook nader aan Mosambiek waar hulle gereeld langs die wit strande en skoon, warm water gaan uitspan en ook nader aan die kinders en ander familie in Pretoria.

    Jan se betrokkenheid by die verkryging van grond vir 'n vakansieplek in Mosambiek lei tot sy verkiesing, in 1995, as Voorsitter van die Pomene Grondeienaarsvereniging wat in 2004 verander na Direksievoorsitter van die Reserva de Pomene SARL, 'n openbare maatskappy in Mosambiek wat hom beywer vir die vestiging van 'n reservaat / wêrelderfenisgebied by hierdie allermooiste en mees unieke plek aan die hele kuslyn.

    Intussen lei die Here hom oor 'n tydperk van baie jare na 'n punt waar hy in 2007 betrokkenheid by formele kerkstrukture met 'n klubsoortige aard stopsit. Hierdie besluit word nie ligtelik geneem nie, en is voorafgegaan deur baie jare se gestoei met die probleem van kerkbetrokkenheid wat inhoudloos bly. Sy oortuiging is dat die kerk van Jesus Christus daar is vir twee redes: Om gelowiges aan Hom en aan mekaar saam te bind met liefdesbande en die tweede, wat daaruit voortspruit, om Jesus se liefde so aan die wêreld uit te leef dat ander Hom ook as Verlosser sal leer ken. So wil Jesus Sy kerk bou op opregte, diensbare en liefdevolle verhoudings tussen mense wat Hy bymekaarbring. Jan glo dat die Here langs hierdie weg vir hom en vele ander wil gebruik om weer gestalte te gee aan Jesus se visie vir Sy kerk, die ekklesia, dit wil sê alle gelowiges wêreldwyd. Saam moet hulle (meervoud) Sy stem hoor en Sy opdragte so uitvoer dat hulle as Sy liggaam (enkelvoud) sigbaar sal wees. Jan glo dat die gewoonte om "kerk-toe te gaan" plek moet maak vir 'n kerk wat as een liggaam sigbaar word uitreik en uitgaan na 'n verloregaande wêreld.

    Hy vind dit moeilik om na meer as 60 lewensjare in 'n geloofslewe gebou op 'n basis waarby die N G Kerk intiem betrokke was, 'n nuwe koers in te slaan. Hy bly egter vasberade om nie weer in die strik te trap van sy eie wil of die leiding van mense te volg nie, maar om eers te wag op die Here se duidelike leiding, soos bevestig deur die Woord en deur medegelowiges wat God op sy pad bring. Hy word in hierdie proses begelei en ondersteun deur sy mentor en vriend oor baie jare, Marius Potgieter. Jan en Marius se paaie het in die laat sestigerjare in Benoni gekruis en sedertdien kon die lang afstande wat hulle geskei het slegs hulle vriendskapsbande versterk. Marius het na George verhuis waar hy as teoloog veral bekendheid verwerf het vir sy baanbrekerswerk aan die sogenaamde Selgemeentemodel.

    Sedert die begin van 2011 praktiseer Marius as nutuurlike geneser by die Synergetica Kliniek naby Cullinan waar hy ook betrokke is by opleiding. Hierdie koersaappassing by sy vriend, pas Jan uitstekend aangesien die twee kan saamwerk aan die konsep van natuurlike geneeskunde.

    In Oktober 2012 verhuis Jan en Jua na 'n eenheid by die Tuin Tuiste aftree-dorpie in Warmbad wat hulle deur die Here se genade aankoop.

    Gabriel married Juanita Barry LEACH on 11 Dec 1971 in Pretoria, South Africa. Juanita (daughter of Barend Daniel (Ben) LEACH and Thomas (Tommie) NAUDE) was born on 9 Apr 1946 in Kimberley, Cape, South Africa; was christened on 12 May 1946 in Kimberley, Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Juanita Barry LEACHJuanita Barry LEACH was born on 9 Apr 1946 in Kimberley, Cape, South Africa; was christened on 12 May 1946 in Kimberley, Cape, South Africa (daughter of Barend Daniel (Ben) LEACH and Thomas (Tommie) NAUDE).

    Notes:

    Die doopdatum is bevestig na aanleiding van die datum op haar dooprok wat dieselfde datum is as haar Pappie se verjaarsdag.

    Behaal die Hoër Onderwysdiploma in liggaamlike opvoeding in 1967 aan die Pretoria Onderwyskollege en UNISA se Kleuteronderwysdiploma in 1982. Gee onderwys by Rynfield Laerskool in Benoni, Hoerskool Swartruggens, Hoerskool Staatspresident C.R. Swart in Pretoria en later by Gateway Christenskool op Barberton.

    Behaal op skool Noord-transvaal kleure in atletiek, gimnastiek en hokkie.

    Verwerf op Onderwyskollege Noord-Transvaal kleure in atletiek en wen O-18 SA Kampioenskappe 80m hekkies in Bloemfontein. Speel vir Harlekyne hokkie en behaal Noord-Transvaal tweede span vir 'n Interprovinsiale byeenkoms in Oos-Londen in 1966. Word gekies as bestuurder van die Noord-Transvaalse skolespan na die Interprovinsiale toernooi in Bloemfontein in 1970.

    Word in 1971 aangestel as Luitenant (Sportinstrukteur) by die SA Leervrouekollege op George. Verteenwoordig SWD in hokkie by 'n Interprovinsiale toernooi in Johannesburg.

    Haar troue op 11 Desember 1971 in Pretoria was 'n eerste van sy soort waar 'n gemengde erewag van Benoni Kommando se offisiere en studente van die SALVKOL optree. Spesiale toestemming moes hiervoor verkry word.

    Children:
    1. 1. Antoinette GREEFF was born on 29 Oct 1973 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Empangeni, Natal, South Africa.
    2. Sanet GREEFF was born on 6 Feb 1976 in Empangeni, Natal, South Africa.
    3. Pieter Francois Steyn GREEFF was born on 8 Nov 1979 in Empangeni, Natal, South Africa.
    4. Hendrik Adriaan (Henno) GREEFF was born on 14 Oct 1985 in Empangeni, Natal, South Africa.


Generation: 3

  1. 4.  Pieter Francois Steyn (Pieter) GREEFF was born on 2 Oct 1900 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened in in Lichtenburg, Transvaal, South Africa (son of Gabriel Johannes (Jan) GREEFF and Carolina Petronella (Totie) DE WET); died on 25 May 1983 in Roodepoort, Transvaal, South Africa; was buried on 30 May 1983 in Roodepoort, Transvaal, South Africa.

    Other Events:

    • Physical Description: Stood 5'10" with an athletic build. Brown hair and light blue eyes.

    Notes:

    The "Steyn" was added to the family name because Pieter was born on the birthday of President Steyn who was a personal friend of his father, Gabriël Johannes (Jan) Greeff.

    Pieter's dream was to become a doctor. One of his lifelong passions was to assist those with illnesses and disabilities and given the lack of opportunities to study in this field, he achieved much, earning the respect of many who he helped towards better health by sound advice and the use of biochemical, herbal and traditional remedies.

    Denied the opportunity to pursue his dream by his parents' wish for him to farm and their disapproval of his choice of spouse, he and his wife Sannie and two daughters, Marie and Ina relocated from Lichtenburg to the Witwatersrand by ox-waggon in January 1933. Into her old age, Ina remembered how the waggon got stuck en route.

    Pieter found work on the gold mines during those difficult years of the Great Depression but his move away from his beloved birth-place, the farm Manana near Lichtenburg, led to him being disowned by his affluent parents.

    The stress of being unable to care for his family as he would have liked, led to attacks of epilepsy, stroke and shingles.

    Pieter and his family lived in Benoni, where he became well known, respected and loved. He was a hard and diligent worker and rose through the ranks to mine captain in a much shorter time than the vast majority of candidates. He continued his studies and earned promotion, so that he soon owned his own home and was later promoted to the position of economy engineer, due to his ability to plan and implement economy measures to the benefit of his employer. When he achieved financial stability for his family through sheer guts, determination, study and hard work, the epilepsy disappeared and his general health improved.

    He regularly spread the gospel of Jesus Christ in the black townships on weekends and was fond of ministering to children.

    His love for children was very real and special to his own three children, who only have fond memories of the times they spent together as a family.

    He left the mines to join his son-in-law, Corrie Botes in a welding business in Springs and after his retirement he devoted much of his time to his beloved Lord and Saviour, Jesus Christ by distributing tracts to workers at railway and bus stations, often travelling by train to Johannesburg, Pretoria and other destinations for this purpose.

    Once a black man refused to accept the tract he offered, commenting that he was a white rascist. Pieter calmly related to the man with an anecdote from his rural background, asking him what happens when a springbuck suddenly discovers that he is among the impala. The man responded by saying that it immediately sets off to its own kind. He took the point, changed his mind and accepted the tract.

    Pieter and Sannie raised their two daughters, Marie and Ina in Benoni, where their only son Jan (Gabriël Johannes) was born in 1943.

    He designed and handcrafted beautiful brass 21st birthday "keys" with loving care and had them chromium-plated, one for each of his children, when they turned 21.

    His favourite hobby and lifelong passion was watch and clock repairs. He also pursued other interesting pastimes. For example, once he took to writing the Lord's prayer on the back of postage stamps with an extremely fine-pointed pen and a magnifying glass. His son recalls how he once wrote the full prayer onto a standard size postage stamp TWICE.

    A lasting testimony to his creative ability and workmanship is the memorial designed and built by him for the grave of his grandfather, Hendrik Adriaan Greeff. The memorial can be seen at the family graveyard at Manana, about 8 kilometres to the east / northeast of Lichtenburg.

    Pieter married Susanna Maria Magrieta (Sannie) REYNEKE on 9 Jun 1925 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa. Susanna (daughter of Hermanus Casparus REYNEKE and Jacoba Maria VAN DER MERWE) was born on 28 Feb 1906 in Paardekraal; died on 8 Mar 1986 in Roodepoort, Transvaal, South Africa; was buried in Roodepoort, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 5.  Susanna Maria Magrieta (Sannie) REYNEKESusanna Maria Magrieta (Sannie) REYNEKE was born on 28 Feb 1906 in Paardekraal (daughter of Hermanus Casparus REYNEKE and Jacoba Maria VAN DER MERWE); died on 8 Mar 1986 in Roodepoort, Transvaal, South Africa; was buried in Roodepoort, Transvaal, South Africa.

    Notes:

    Sannie was a loving and faithful partner to Pieter for more than 58 years of their married life. Her priorities were her husband and the children, and she diligently looked after the family finances, carefully planning her savings to ensure that there were funds for an annual family holiday by the sea while ensuring that the household was always well attended to and in good shape.

    She loved her children too much to spoil them. While they received everything that they needed, she did not tolerate ill discipline and did not hesitate to spank a child in public if this was called for, but never unjustified. Her children knew where they stood, knew right from wrong and grew up to understand and appreciate the value of "tough love."

    Sannie loved to play tennis and won many local tournaments in Benoni and on the East Rand. She played tennis competitively well into her sixties. Then she took up bowls because all her friends had either retired, died or given up tennis for bowls. She also excelled at bowls, winning many club and East Rand titles as well as competitions in Ramsgate where she also loved to play during the annual family holidays. She became very well loved and respected at the club, as was the case at the tennis club previously.

    After having been involved in a car accident while driving near Ventersdorp in the 'fifties, she refused to drive further and never drove again in her life. She made extensive use of public transport to get to wherever she wished to be.

    After Piet (as she affectionately called him) passed away in 1983, she pined away to join him in their heavenly Father's home almost three years later, shortly after her 80th birthday.

    Children:
    1. Jacoba Maria (Marie) GREEFF was born on 14 Nov 1926 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 29 Jun 2021 in Pretoria, Gauteng, South Afrca.
    2. Catharina Petronella (Ina) GREEFF was born on 7 Sep 1929 in Lichtenburg, South Africa; died on 10 Jan 2012 in Roodepoort, S A; was cremated on 16 Jan 2012 in Roodepoort, S A.
    3. 2. Gabriel Johannes (Jan) GREEFF was born on 1 Apr 1943 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Benoni, Transvaal, South Africa.

  3. 6.  Barend Daniel (Ben) LEACHBarend Daniel (Ben) LEACH

    Barend married Thomas (Tommie) NAUDE. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 7.  Thomas (Tommie) NAUDEThomas (Tommie) NAUDE
    Children:
    1. 3. Juanita Barry LEACH was born on 9 Apr 1946 in Kimberley, Cape, South Africa; was christened on 12 May 1946 in Kimberley, Cape, South Africa.


Generation: 4

  1. 8.  Gabriel Johannes (Jan) GREEFFGabriel Johannes (Jan) GREEFF was born on 13 Sep 1870 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened in in Potchefstroom, Transvaal, South Africa (son of Hendrik Adriaan GREEFF and Suzanna Maria REDELINGHUYS); died on 16 Jul 1944 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.

    Other Events:

    • Reference Number: H475

    Notes:

    Date of his death provided by Francois Greeff, e-SAGI, Mei 2007, source to be confirmed.

    According to anecdotal evidence from Andries Petrus (Boet) du Preez *9 Aug 1928, confirmed by G J (Sonny) Greeff, *3 Nov 1926, Jan Greeff who was adjutant to General Koos de la Rey during the Anglo-Boer war, was in charge of operations during the battle of Magersfontein, where Buller was defeated.

    This is known as one of general de la Rey's finest victories but ironically he was not present. He was attending the funeral of his son Adaan who had been killed in action. The battle was fought under the leadership of Col Jan Greeff.

    Emily Hobhouse, in her book "Boer War Letters," Human & Rosseau, ISBN 00 0 7981 1823 7, pp 2880 para 4:

    I was taken about the district by Mrs de la Rey's brother, a young Mr. Greeff and we dined at his house, a dreadful ruin, with the floors all rooted up and the doors gone and the wall broken. It was a fine big house and remained intact until 12 May 1902, when ten days before Peace and during negotiations the troops took it into their hands to wreck it utterly. So they live in terrible discomfort in a couple of rooms and wonder if they will ever have enough money to rebuild it, seeing compensation is a fraud and they have no cash properly to restock the farm.

    And on pp 289 para 3: I was driven by Mr Greeff and Mr Malan and found the entire population of the hamlet assembled in the marquee school to receive me...

    Pieter du Preez (grandson) recalls that oupa Jan lived in the farm house at Manana before the outbreak of the Anglo-Boer war. He owns a copper chandelier which had been plastered into the wall together with a few other valuables when they had to leave the house during the war.

    He vaguely remembers that great-grandpa H A built a small house on the farm which was later replaced by the large farm house by his son, Gabriël Johannes.

    This evidence appears to be incorrect. Subsequent word-of-mouth evidence derived from direct descendants indicate that the large house was built by H A Greeff.

    Gabriel married Carolina Petronella (Totie) DE WET on 6 May 1891 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa. Carolina was born on 8 Apr 1873 in Dordrecht, Cape, South Africa; died on 3 Jul 1947 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana Cemetery, Lichtenburg, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 9.  Carolina Petronella (Totie) DE WET was born on 8 Apr 1873 in Dordrecht, Cape, South Africa; died on 3 Jul 1947 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana Cemetery, Lichtenburg, Transvaal, South Africa.

    Other Events:

    • Reference Number: H475

    Notes:

    A1b1c1d2e1f2g9 Oompie's sister

    Children:
    1. Margaretha Wilhelmina (Grieta) GREEFF was born on 10 Nov 1892 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 25 Dec 1892 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 26 Sep 1969 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    2. Susanna Maria GREEFF was born on 25 Nov 1894 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 23 Dec 1894 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 13 Aug 1897; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    3. Hendrik Adriaan (Hennie) GREEFF was born on 28 Nov 1896 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 31 Jan 1897 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died in 1962 in Syferfontein, Marico Dist.; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    4. Susanna Maria GREEFF was born on 4 Nov 1898 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 26 Dec 1898 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 19 Nov 1969; was buried in Manana, Lichtenburg.
    5. 4. Pieter Francois Steyn (Pieter) GREEFF was born on 2 Oct 1900 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened in in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 25 May 1983 in Roodepoort, Transvaal, South Africa; was buried on 30 May 1983 in Roodepoort, Transvaal, South Africa.
    6. Carolina Petronella (Totie) GREEFF was born on 28 Apr 1903 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 28 Jun 1903 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 22 Jun 1908 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    7. Jacoba Elizabeth (Kowie) GREEFF was born on 18 Jun 1905 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 27 Aug 1905 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 6 Dec 1989 in Pretoria, Transvaal, South Africa; was buried in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    8. Gabriel Jan Smuts GREEFF was born on 5 Feb 1907 in Lichtenburg; died on 18 Aug 1976 in Kimberley.
    9. Wouter De Wet (Wollie) GREEFF was born on 20 Feb 1910 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 1 May 1910 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 8 Jun 1913 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.

  3. 10.  Hermanus Casparus REYNEKEHermanus Casparus REYNEKE was born about 1879; died on 25 Apr 1940.

    Hermanus married Jacoba Maria VAN DER MERWE. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 11.  Jacoba Maria VAN DER MERWEJacoba Maria VAN DER MERWE

    Notes:

    Died:
    Y

    Children:
    1. 5. Susanna Maria Magrieta (Sannie) REYNEKE was born on 28 Feb 1906 in Paardekraal; died on 8 Mar 1986 in Roodepoort, Transvaal, South Africa; was buried in Roodepoort, Transvaal, South Africa.


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info