• First Name:   
  • Last Name:   
Jacobus Christoffel SNIJMAN, b1

Jacobus Christoffel SNIJMAN, b1

Male 1690 - Young

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Jacobus Christoffel SNIJMAN, b1 was born in 1690; was christened on 10 Dec 1690 in Cape, South Africa (son of Christoffel SNYMAN (SNIJMAN), progenitor and Marguerite-Therese DE SAVOYE, b1); died in Young in Cape, South Africa.

Generation: 2

  1. 2.  Christoffel SNYMAN (SNIJMAN), progenitor was born about 1668 in Neuburg; was christened on 9 Mar 1669 in Cape Town, Cape, South Africa (son of Anthony of Bengalie NN and Catharine of Palacatti NN); died about 1706 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).

    Notes:

    'Vry swarte' volgens Paarl Museum.
    "First non-European to be granted land at the Cape" - Ian Neilson

    Stamvader v.d. Snymans in Suid-Afrika (sien Hoge se bydraes p. 129), boer "Sandvliet", Groot Drakenstein

    Farmed on "Sandvliet" in Groor Drakenstein; bought the farm Sandvliet in Groot Drakenstein in 1692. It stayed in possession of his widow, Marguerite de Savoye and her second husband Henning Viljoen, until it was sold out of her estate in 1735.

    Du Plooy.paf: Christoffel Snijman verw: a, trou voor 1 Jul 1690, Margaretha Theresia de Savoije, gebore 1671 , Gent, Vlaandere. Christoffel Snijman was die stamvader van die Snymans in Suid-Afrika. Sy van is ook Senayement gespel. (Senayment in die Drakensteinregister). Hy is deur sy voog, Paul Roux, dié van gegee het. Hy is dus die oorspronklike Snyman. Hy het voor 1689 na die Kaap gekom. Hy boer in 1692 in vennootskap met Ernst Friedrich Walter.

    8.190 ?,Catharina *? 1631 + 1683 :-a slave woman from Paliacatta (i.e. Chief VOC settlement in Bengal - now known as Pulicat situated on the shores of Lake Pulicat on the Coromandel Coast of the Indian Sub-contient) born by 1631 and belonging (already by 1656) to the free woman Maria Magdalena (no surname) in Batavia (ie present-day Jakarta in Indonesia). On 8 October 1656 she was sexually assualted and grounded by her lover, the slave Claes van Malabar, in a stable at the Fort Rijswijck. Defending herself, she hit Claes with a ladder across his pelvis. His bladder burst and he died 4 days later. Convicted for murder and sentenced to death, she was pardoned, however, and her sentence to be garrotted was commutted and she was banished as a slave to the Cape of Good Hope for the rest of her natuarl life. She arrived in the Cape on 21 February 1657 on board the Prins Willem which was part of the return fleet that left Batavia on 4 December 1656. She has the important distinction of being the first recorded female slave convict at the Cape. She had 2 voorkinders, one by the ensign and chief of the garrison, Pieter Everaerts from Bruijsaert and one by the soldier Hans Christoffel Snijder (Netherlandised version of Schneider) alias Snijman, from Heidelberg in the Palatinate. She was also known as Groote Catrijn amd Catharina van Bengale. Hans Christoffel Snijman (also found as Christoffel Snijman) was a solder in the garrison convicted and banished to Robben Island on 30th July 1667 for not standing guard - instead he had been sleeping on a regular basis with Groote Catrijn - washerwoman at the Fort to successive commanders. Thereafter, Snijders disappears from the records at the Cape. On instructions from the Council of India, Groote Catrijn was again pardoned and permitted to marry a free black (mardijker) Antjonij (Jansz) (de Later) van Bengale on 20th December 1671. Groote Catrijn, her husband, her daughter and granddaughter - with the exception of Christoffel Snijman Jnr appear to have all died in some family tragedy sometime between December 1682 and February 1683. Antjonij Jansz van Bengale's sizeable estate provided for the boy's education and a substantial inheritance [50501]

    Farmed on "Sandvliet" in Groor Drakenstein; bought the farm Sandvliet in Groot Drakenstein in 1692. It stayed in possession of his widow, Marguerite de Savoye and her second husband Henning Viljoen, until it was sold out of her estate in 1735.
    Marguerite-Therese is nie met 'n Indiër getroud nie maar met 'n "halfslag"-Indiër.

    Die voorheen vermeende vaderskap van Christoffel Snyman berus op kwitansies waarin hy ontvangs erken "als universele erfgenaam (van) mijn vader Anthonie van Bengale"

    Volgens Mansell Upham (Capensis 3/97 pp. 8 ff.) was Christoffel Snijman die buite-egtelike kind van Catharina van Bengale/Palicatta ook bekend as Groote Catrijn, by die soldaat Hans Christoffel Snijman/Snijder/Schneider van Heidelberg. Christoffel is op 9 Maart 1669 gedoop, genoem na sy biologiese vader.

    Catrijn is op 20 Desember 1671 met Anthonie Jansz van Bengale, of "Vrye Swart Anthonie de Later van Bengale" getroud. Catrijn en Anthonie, 'n halfsuster, Petronella en lg. se dogter is almal teen die einde van 1682 oorlede, wat Christoffel as die enigste erfgenaam agterlaat, en dus die kwitansies verklaar.

    Ek het verwysings raakgeloop dat Christoffel Snijman (wat 'n pragtige handskrif gehad het) deur Paul Roux, die Hugenote-skoolmeester opgevoed is. (Dit sou kon verklaar hoe hy sy latere bruid ontmoet het.)
    Ek soek nog na dokumentêre bevestiging daarvoor. Kan iemand dalk help?
    Ek besit 'n kopie van die laaste kwitansie, gedateer 8 April 1691 asook 'n kopie van Anthonie se handtekening/merk indien iemand sou belangstel.

    Ockert Malan
    Christoffel SNIJMAN was gedoop 9 Maart 1669, sy vader was Hans Christoffel Snijman 'n soldaat by die Kaap. Sy vader het 'n skelm verhouding gehad met die slaafin Catharina van Bengale, sy was ook bekend as Groote Catrijn (Kyk ook onder haar inskrywing). Sy vader is toe na Robben eiland gestuur op die 30 Julie 1667. Christoffel se moeder was hierdie Catharina van Bengale.

    In 'n brief van die owerheid 6 Januarie 1672 word daar melding gemaak dat Groot Catrijn vrygestel was.
    Sy moeder trou later met die vryswarte Anthony (Jansz) (de Later) van Bengale, wat toe sy stiefvader was. Baie mense maak die fout om te dink dat sy stiefvader sy vader was. Daar moes 'n tragedie plaas gevind het want die hele familie is ewe skielik oorlede tussen Desember 1682 en Februarie 1683, behalwe Christoffel.

    Christoffel was een van die min manlike halfslag slawe wat in die witgemeenskap ingetrou het. Christoffel trou in Julie 1689 met Margaretha Therese DE SAVOYE sy was van Gent, Vlaandere. Haar ouers was Jacques de Savoije en Marie Madeleine de Klerk. Margaretha het in 1688 saam met haar ouers na die Kaap gekom, sy was toe 17 jaar oud, hulle was Hugenote vlugtelinge en het op die skip Oosterland aangekom.

    Hulle het nege kinders gehad:
    b1 Jacobus Christoffel Snyman, ged 10.12.1690 (jonk oorlede?)
    b2 Catharina Snyman, ged 27.1.1692 x Johannes Viljoen
    b3 Maria Magdelana Snyman, ged 9.8.1693, x 15 Des 1710 Theunis Botha
    b4 Christina Snyman, ged 22.7.1695 x Jeremias Roux
    b5 Elsie Snyman, ged 1.8.1697 x 22 Okt 1713 Jacobus Botha
    b6 Johanna Snyman, ged 25.10.1699 x 7 Feb 1717 Anthonie Lombard
    b7 Philippus Snyman, ged 24.7.1701 x 14 Apr 1726 Johanna Margaretha van Deventer
    b8 Susanna Snyman, ged 28.10.1703 x Jacob Coetzer
    b9 Elisabeth Snyman, ged 21.3.1706, oorlede 18 Maart 1758 x Jan Hendrik van Helsdingen

    Christoffel Snyman het in 1692 geboer in vennootskap met Ernst Friedrich Walter. Hy het geboer op die plaas Sandvliet in Groot Drakenstein. Christoffel Snyman het in 1706 gesterwe. Margaretha Therese DE SAVOYE trou toe met Henning Viljoen.

    Bronne:
    Inligting van Danie Viljoen
    Mansell Upham "In Hevigen Woede" Capensis

    Saamgestel deur:
    AM van Rensburg
    BIOGRAPHY: 7.95 Snyman,Christoffel *aan die Kaap =Kaap 09.03.1669 ?1706 :-boer op Sandvliet' in Groot Drakenstein; Koop die plaas Sandvliet in Groot Drakenstein in 1692. Dit bly in besit van sy weduwee, Marguerite de Savoye en haar tweede man Henning Viljoen, totdat dit in 1735 uit haar boedel verkoop word [2122] 1689 (UPEGIS)
    Volgens Juna Malaherbe van die Hugenote Museum was Christoffel Snyman 'n Indier - sien die notas van Jaques de Savouye

    Died:
    Alternative date: 1693

    Christoffel married Marguerite-Therese DE SAVOYE, b1 in Jul 1689 in Cape Town, Cape, South Africa. Marguerite-Therese (daughter of Jacques DE SAVOYE, progenitor and Christine DU PONT, daughter of Jacques DE SAVOYE, progenitor and Marie Madeleine LE CLERQ) was born in 1672 in Ghent de Savoye, Flanders, France; was christened on 4 Sep 1672 in Ghent; died in 1742 in Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Marguerite-Therese DE SAVOYE, b1 was born in 1672 in Ghent de Savoye, Flanders, France; was christened on 4 Sep 1672 in Ghent (daughter of Jacques DE SAVOYE, progenitor and Christine DU PONT, daughter of Jacques DE SAVOYE, progenitor and Marie Madeleine LE CLERQ); died in 1742 in Cape, South Africa.

    Notes:

    Arrived as 17 year old with her parents, brother and sister as Hugenote fugitives from Aeth, "Vlaandere" on board the "Skippie" "Oosterlandt" Her first husband Christoffel Snyman bought the farm Sandvliet in Groot Drakenstein in 1692. After hisdeath it stayed in her possession with her second husband Henning Viljoen until it was sold from her estate in 1735. From her first marriage 9 children were born of which Catharina b2 married Johannes Viljoen b4.

    Came from Gent in Flanders. Arrived on 25 April 1688 onboard the 'Oosterland' and settled at Vrede-en-Lust, Drakenstein

    Huguenots who came to the Cape - Huguenot Memorial Museum, Franchhoek

    Du Plooy.paf: Margaretha Theresia de Savoije gebore 1671, Gent, Vlaandere, trou (1) bef 1 Jul 1690, Christoffel Snijman, verw: a, trou (2) 1706/7, (106) Henning Viljon, 8 Mrt 1682, Kaapstad, verw: b3 , beroep: Boer,74 sterf bef 28 Okt 1732. Margaretha arriveer as 17-jarige in 1688 saam met haar ouers, broer en suster as Hugenote-vlugtelinge uit Aeth, Vlaandere, met die skippie "Oosterland" aan die Kaap van Goeie Hoop. Sy het 9 kinders by Christoffel Snyman gehad.

    Juna Malherbe: Marguerite-Therese de Savoye se boedelinventaris is op 20 Maart 1742 opgestel. Ek weet nie of sy bankrot was nie, maar het sy baie geld geskuld onder andere aan Pieter du Plessis (Charles-seun); Johannes Marais en Hercules du Preez (Hercules-seun) [KAB: MOOC 8/6 no.95]

    Drie van haar kinders, Catharina Snyman, Christina Snyman en Philip Snyman is voor haar oorlede en hulle kinders het in hulle plek ge-erf.

    Richard Ball: Toe sy veranderings aan haar testament in 1732 en 1736 gemaak het, word sy as Margareta Theresia de Savoije deur die Notaris genoem, maar sy het haar naam by albei die kodisille as margarita de savoij geskryf.

    BIOGRAPHY: 7.96 De Savoye,Marguerite-Therese *1671 :-arriveer as 17-jarige in 1688 met haar ouers, broer en suster as Hugenote-vlugtellinge uit Aeth, Vlaandere, met die Skippie "Oosterlandt' aan die Kaap van Goeie Hoop [2123) UPEGIS


    Marguerite-Therese = 4.9.1672 Ghent, was die d/v Jacques de Savoye en Christina du Pont. D&P gee verkeerdelik haar moeder as Marie Madelein le Clercq. Sien Juna Malherbe se
    Die De Savoye-Familie' in die Hugenote-Vereniging van SA Bulletin 29 1991/2 p.32-35

    Margaretha Theresia de Savoije gebore 1671, Gent, Vlaandere, trou (1) bef 1 Jul 1690, Christo ffel Snijman, verw: a, trou (2) 1706/7, (106) Henning Viljon, 8 Mrt 1682, Kaapstad, verw: b3 , beroep: Boer,74 sterf bef 28 Okt 1732. Margaretha arriveer as 17-jarige in 1688 saam met ha ar ouers, broer en suster as Hugenote-vlugtelinge uit Aeth, Vlaandere, met die skippie "Ooste rland" aan die Kaap van Goeie Hoop. Sy het 9 kinders by Christoffel Snyman gehad.

    Notes:

    Married:
    Alt Marriage: Marguerite Theresa de SAVOYE Date: 1688

    Children:
    1. 1. Jacobus Christoffel SNIJMAN, b1 was born in 1690; was christened on 10 Dec 1690 in Cape, South Africa; died in Young in Cape, South Africa.
    2. Catharina SNYMAN (SNIJMAN), b2 was born in 1692; was christened on 27 Jan 1692 in Cape Town, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    3. Catarina SNYMAN was christened on 27 Jan 1692; and died.
    4. Maria Magdalena SNYMAN (SNIJMAN), b3 was born about 1693 in Cape, South Africa; was christened on 9 Aug 1693 in Cape Town, Cape, South Africa; died on 25 Nov 1723 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).
    5. Christina SNIJMAN, a1b4 was born on 22 Jul 1695 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened on 22 Jul 1695; died in 1724 in Cape, South Africa.
    6. Elsie SNYMAN (SNIJMAN), b5 was born on 1 Aug 1697; was christened on 1 Aug 1697; died in 1765 in Cape, South Africa.
    7. Johanna SNYMAN (SNIJMAN), b6 was born in 1699; was christened on 25 Oct 1699 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in in Cape, South Africa.
    8. Philippus SNYMAN, b7 was born in 1701; was christened on 24 Jul 1701 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died before 1735 in Cape, South Africa.
    9. Susanna SNIJMAN (SNYMAN), b8 was born in 1703; was christened on 28 Oct 1703 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in in Cape, South Africa.
    10. Elizabeth SNIJMAN was born in 1706; was christened on 21 Mar 1706; died on 18 Mar 1758 in South Africa.
    11. Elisabeth SNYMAN, b9 was born in 1706; was christened on 21 Mar 1706; died on 18 Mar 1758 in Cape, South Africa.


Generation: 3

  1. 4.  Anthony of Bengalie NN and died.

    Anthony married Catharine of Palacatti NN. Catharine and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 5.  Catharine of Palacatti NN and died.
    Children:
    1. 2. Christoffel SNYMAN (SNIJMAN), progenitor was born about 1668 in Neuburg; was christened on 9 Mar 1669 in Cape Town, Cape, South Africa; died about 1706 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).

  3. 6.  Jacques DE SAVOYE, progenitor was born in 1636 in Aeth, Hainant, France; was christened on 29 Jan 1636 in Ath, Province Henegouwe In Spanish Netherlands (son of Jacques DE SAVOYE and Jeanne VAN DER ZEE, son of Julien DE SAVOYE and Jeanne DUREAU(DURIEAU)); died on 8 Oct 1717 in Cape Town, Cape, South Africa.

    Notes:

    After France conquered Aeth he fled to Gent in Flanders in 1667. Outspoken Calvinist. Moved as widower from Gent to Sas in Zeeland in 1686. In 1687 he and his family went to Middelburg, Zeeland and left for the Cape in 1688 per the "Oosterland".

    Du Plooy.paf: Jacques de Savoije gebore 1636, Aeth, Hainaut (Vlaandere), beroep: Sakeman, boer, kaptein, trou
    (1) 4 Jul 1657, in Aeth, Vlaandere ?, Christiana du Pont, sterf bef 1686, trou
    (2) 1686, Marie Madeleine le Clercq, gebore Doornik, (Tournai?), België, begrawe: ?? Mei 1721. Jacques sterf ?? Okt 1717, Kaapstad, begrawe: ?? Okt 1717.

    Jaques de Savoye is in Aeth, Hainaut (Vlaan dere) gebore. Hy was een of ander sakeman daar, en het goed gedoen. Verhuis na Gent in 1667. Hy was bekend as ietwat van 'n dweper, en het die redelik verdraagsame owerhede in Gent geirriteer. Hy word ook beskryf as 'n oortuigde Calvinis, wat baie vir sy geloof gely het. Blykbaar het sy ywer vir die Protestantse geloof tot gevolg gehad dat hy deur die Jesuete vervolg is, en daar is selfs sprake van 'n moordkomplot teen hom. Trek van Gent na Sas van Gent in 1686. (Daar is later in die Kaap geskinder dat dit was omdat hy in Gent bankrot gespeel het. Hy het die plek verlaat omtrent dieselfde tydstip dat sy skoonseun (moontlik sy vennoot) bankrot gespeel het en na Leiden vertrek het). Jacques se broer Jean de Savoye het ook in Leiden gewoon. Daarna trek hulle na Middelberg. Vertrek op 29 Jan 1688 met die "Oosterlandt" na die Kaap. Saam met Jacques was sy tweede vrou Marie Madeleine, twee van sy dogters uit sy eerste huwelik, Margaretha (17 jaar) en Barbe-Therese (15 jaar), baba Jacques (9 maande ) en skoonma Antonette Carnoy. Hy bring ook die 3 Nourtier-broers saam as sy knegte. Hulle arriveer op 25 Apr 1688. In die Kaap was hy 'n boer (hy het die plaas Vrede-en- Lust in Drakenstein besit), 'n slawe-eienaar, heemraad en selfs Kaptein van die Drakenstein-militia. Ouderling in die kerk. Jacques se geldsake wou steeds nie vlot verloop nie. Hy was in die skuld by die V.O.C. en ander, o.a. dominee Pierre Simond en was bekend daarvoor dat hy "traag was om rekeninge flink te vereffen". Desnieteenstaande beskryf ds. Francois Simond van die Gereformeerde Kerk in Flaandere hom as 'n eerlike man met baie ywer vir sy geloof, en verklaar "sy lewe is 'n waardige voorbeeld van reinheid en heiligheid in soverre dit moontlik was in die plek waar hy hom bevind het, waar afgodery hoogty gevier het." Ook goewerneur Van der Stel skryf in 'n brief aan die Kamer van Delft oor hom: "Jacques de Savoye en sy gesin is 'n voorbeeld van ywer vir al die vlugtelinge en uitgewekenes, en dat hy as Heemraad aangewys is n.a.v. sy vaardighede. " Interesant genoeg was hy later aktief in die Vryburgers se stryd teen goewerneur W.A. van der Stel, en is vir 'n tydperk in die Kasteel toegesluit. Hy word beskryf as 'n opvlieënde man, wat maklik aanstoot geneem het. Hy het die plaas "Vrede en Lust" in Drakenstein besit.

    Verhuis met sy vrou en haar ma terug na Nederland in 1712 as afslagtarief-dekpassassiers op die Samson. (Hy moes waarskynlik sy hele fortuin verloor het). Hy laat in die Kaap 3 getroude dogters en een seun, waarskynlik Philippe Rudolph, agter. Lg. het sonder erfgenaam gesterf. Dit is bekend dat Jacques by die Walloonse kerk in Amsterdam aangesluit het in 1714. Tog keer hy weer terug na die Kaap in 1716. Daar sterf hy op die rype ouderdom van 81 en is begrawe in Oktober 1717.

    June Malherbe: Jacques de Savoye was blykbaar kort van draad en het gereeld met ander gebots. Sy grootste botsings was egter met die Hugenote-predikant, Pierre Simond. Aanvanklik was die twee goeie vriende en dit is nie duidelik wanneer en waaroor die onmin begin het nie. Simond het De Savoye onder sensuur geplaas en hom belet om die Nagmaal te gebruik. Sy rede was dat gerugte die ronde gedoen het dat De Savoye in Gent bankrot gespeel het. Destyds is dit as iets onterends beskou wat rede was vir kerklike tug. Die Kerkraad van Stellenbosch het De Savoye versoek om tydens 'n kerkraadsvergadering sy onskuld te bewys, maar hy het nie opgedaag nie.
    Geen bewyse kon gevind word dat De Savoye bankrot gespeel het nie, maar 'n mens kan uit sekere feite aflei dat dit wel waar was. De Savoye en sy skoonseun, André du Pont, was vennote in die linnebedryf in Gent. Du Pont is bankrot verklaar en dieselfde tyd het Jacques de Savoye Gent verlaat en hom in Sas van Gent gaan vestig. Toe sy broer Jean op 5 Januarie 1692 in Leiden oorlede is het Jacques hom nog baie geld geskuld (dus het hy finansieel swaar gekry).
    'n Mens vra jouself af waarom Jacques de Savoye hom nie ook in Leiden gaan vestig het nadat hy Gent verlaat het nie, maar verkies het om na die Kaap te emigreer. Die HOIK het die vryburgers aan die Kaap aan bande gelê wat handel en boerdery betref. De Savoye was 'n handelaar van beroep en nie 'n boer nie - hoekom het hy verkies om op 'n hoë ouderdom te begin boer? (Heel waarskynlik wou hy van sy finansiële probleme wegkom).
    Die geskil tussen De Savoye en Pierre Simond bereik op 19 November 1690 'n hoogtepunt met die doop van die kind van Marguerite-Therese de Savoye en Christoffel Snyman. Simond het geweier om De Savoye as doopgetuie en peetvader van die kind te aanvaar. Dit was destyds die gebruik dat die doopouers die predikant voor die doop moes inlig wie die getuies sal wees. Snyman het Simond op 4 November 1690 besoek, maar Simond was Kaap toe om daar te preek. Volgens Simond was dit een van die redes waarom hy De Savoye nie as getuie wou aanvaar nie. Die ander rede was twee briewe wat hy ontvang het, die een van meneer Boudaen, Direkteur van die Kamer van Zeeland en die ander van meneer De Jancourt, predikant van die Franse kerk te Middelburg, wat dit onder sy aandag gebring het dat De Savoye briewe met beledigings teenoor Pierre Simond na Rorretdam en Middelburg gestuur het. Die De Savoyes het 'n groot kabaal in die kerk opgeskop. Jacques, sy vrou en dogter het begin raas en skel op Pierre Simond en gesê dat hy net die teenoorgestelde doen van wat hy preek en hom gedreig dat hulle hul sal wreek.
    Goewerneur Simon van der Stel het hom met die saak bemoei en Pierre Simond in Mei 1691 vermaan om die saak met De Savoye te skik. Simond moes ook voor die Politieke Raad verskyn om sy saak te stel en 'n ondersoek is ook na sy lewe laat doen. Selfs die groot kerkraad bestaande uit dié van die Kaap, Stellenbosch en Drakenstein, plus drie besoekende predikante is op 15 Junie 1691 byeengeroep om die geskil tussen die twee op te los, maar kon nie daarin slaag nie.

    Jacques de Savoye is op 29 Januarie 1636 te Ath in die provinsie Henegouwe in die destydse Spaanse Nederlande gebore en was 'n seun van Julien de Savoye en Jeanne Dureau. Hy is op 4 Julie 1657 in die Katolieke Kerk te Ath met Christine du Pont getroud. Sy is gebore op 4 Augustus 1635 en een of ander tyd voor 1686 oorlede. Sy was 'n dogter van Denis du Pont en Anne de la Haye.

    Jacques de Savoye en Christine du Pont was die ouers van:
    1. Jacqus, gedoop 26.12.1659
    2. Catharine, gebore 21.9.1663
    3. Jeanne Julienne, gebore 13.7.1665
    4. Agatha-Therese, gedoop 1.7.1667
    5. Jeanne, getroud met André du Pont
    6. Jacques, gedoop Junie 1669, jonk oorlede
    7. Julienne-Louise, gedoop 16.5.1671, oorlede twee weke na geboorte
    8. Marguerite-Therese, gebore Gent 1672; trou met Christoffel Snyman; hertrou met Henning Viljoen
    9. Barbe-Therese, gedoop 20.5.1674, oorlede 1729; trou met Christiaan Ehlers; hertrou met Elias Kina
    10. Chrétien, gedoop 27.6.1676, begrawe 30.9.1676
    11. Susanne, gedoop 27.1.1678, jonk oorlede
    Jacques de Savoye is in 1686 hertroud met Marie-Madeleine le Clercq, die dogter van Philippe le Clercq en Antoinette Carnoy en hulle was die ouers van:
    12. Jacques, gebore 1687, oorlede 1717; ongetroud
    13. Jacquette, gedoop 12.4.1689
    14. Aletta, getroud met Pierre Meyer15. Philippe-Rudolph, gedoop 29.9.1694, oorlede 1741; ongetroud

    Ek weet nie of die De Savoyes Rooms Katolieke of Protestante was nie. Jacques de Savoye was 'n Protestant toe hy en sy gesin hulle aan die Kaap kom vestig het. Hy was een van die afvaardiging van 5 Hugenote wat op 28 November 1689 onder leiding van Pierre Simond vir goewerneur Simon van der Stel beosek het om 'n eie gemeente en kerkraad vir die Hugenote te versoek.

    Vriendelike groete

    Juna Malherbe
    Franschhoek

    Beste Loffie,
    M Boucher het van die inligting, oor die ouers van Jacques de Savoye, uit die SA Biografiese Woordeboekgebruik gemaak vir sy boek French Speakers at the Cape: the European background.
    Ek het in 1993 van 'n genealoog in België se dienste gebruik gemaak wat deur die Katolieke Doopregister 1582 - 1796; die Katolieke Huweliksregister 1616 - 1796 van Ath, België asook deur die "Civil Records" van Ath 1582 - 1795 en 1652 - 1674 gewerk het.
    Jacques de Savoye is op 29 Januarie 1636 gedoop en nie gebore nie. Hy was die tweede kind van Julien de Savoye, gedoop Ath 26 Oktober 1602 en Jeanne Dureau/Durieau

    Julien de Savoye was die sesde kind van Jacques de Savoye en Jeanne van der Zee/da la Mere
    Jeanne Dureau was 'n dogter van Jacques Dureau/Durieau en Marie Ghersouille.

    Ek weet nie of die De Savoyes Rooms Katolieke of Protestante was nie. Jacques de Savoye was 'n Protestanttoe hy en sy gesin hulle aan die Kaap kom vestig het. Hy was een van die afvaardiging van 5 Hugenote wat op28 November 1689 onder leiding van Pierre Simond vir goewerneur Simon van der Stel beosek het om 'n eie gemeente en kerkraad vir die Hugenote te versoek.

    Vriendelike groete

    Juna Malherbe
    Franschhoek

    From: "Richard Ball"
    To: "Alta Roux"
    Subject: [GenForum] die de Savoyes en Skoonma Carnoy
    Date: Monday, 21 April, 2003 12:19 AM

    Beste Alta,
    Maar nou sê Lucas dat André se Stamouersblad sê dat skoonma Antonette Carnoy saam met die gesin hier in SA aangekom het - maw, Antonette Carnoy was M M le Clercq se ma, en neem my dogter se matriargale lyn met nog een geslag terug? Wat was A Carnoy se man se name dan gewees - weet iemand dalk?

    M.M. Boucher, French Speakers at the Cape; The European background,
    University of South Africa, 1981, bladsy 264
    The former merchant Jacques de Savoye who, with his second wife Marie-Madeleine le Clercq, his mother-in-law Antoinette Carnoy, his children Marguerite-Therese and Barbe-The-rese by his first marriage and a baby Jacques, reached the Cape in 1688 aboard the Oosterland. 122 Savoye was sent out with a warm encomium from the Rotterdam chamber of the Dutch East India Company as a staunch Calvinist who had suffered for his beliefs.(123)
    Jacques de Savoye was born at Ath in Hainaut in 1636, the son of a father of the same name and his wife Jeanne van der Zee.(124) Not therefore a Frenchman by birth, but a native of the Spanish Netherlands, he came of a family which perhaps had its roots in the Cambresis, where the name was known in the sixteenth century.(125) Savoye evidently prospered in Ath, where he lived for many years. When he left the town he possessed houses, land and investments there, the management of which he placed in the hands of a fellow-merchant Jean Henrichant.(126) It was probably at Ath that he married his first wife Christine du Pont, whose family came from that town.(127)

    bladsy 267
    Savoye's first wife had died by 1686 and it is possible that he met his second wife at the Sas. Marie-Madeleine le Clercq of Tournai was the daughter of Philippe le Clercq and Antoinette Carnoy.(141) Her mother, then a widow, became a member of the Walloon church in Amsterdam on May 5, 1686. She does not appear to have been in easy circumstances as she was provided with help in kind from the relief funds of the church on December 11, 1686,(142) receiving a camisole, the gift of Philippe de la Fontaine.

    123. C 416, Inkomende brieven: Kamer Rotterdam, Dec. 23,
    1687, ff. 1031v.-1033; FRANKEN, 'Franse vlugtelinge', IV,
    Die Huisgenoot, X, 211, April 2, 1926, p. 21.

    124. G.C. DE WET, 'De Savoye, Jacques', in DE KOCK et al.
    (eds), Dictionary of South African biography, III, p. 210.

    125. For a Moi'se de Savoye from the Cambresis in Amsterdam
    in 1586 see FWK: (De) Savoye.

    126. CJ 3023, Gemengde notarieele stukken, 1686-1700: May
    27, 1693, pp. 68-69 (CA); FRANKEN, 'Franse vlugtelinge', IV,
    Die Huisgenoot, X, 214, April 30, 1926, p. 17.

    127. Kerkelijke ondertrouw, 195, 1575-1710: Sept. 12, 1681
    (Gemeentearchief Leyden).

    141. BOTHA, French refugees, pp. 62; 85.

    142. PA 201, Archieven, 46b; 285k.
    (jammer, maar ek kan nie sien waarvoor PA staan nie!)

    Groete,

    Richard
    --
    Richard Ball
    Norfolk, Engeland
    From: "Hugenoot Museum"
    To: Subject: [GenForum] Doornik, die De Savoyes en skoonma Carnoy
    Date: Tuesday, 22 April, 2003 4:45 PM

    Beste Alta,
    Lucas is heeltemal reg, Marguerite-Therese de Savoye, gebore 1672, oorlede 1742 was 'n dogter van Jacques/Jacobus de Savoye en sy eerste vrou Christine Du Pont. Hulle trou in die Katolieke Kerk te Ath in Vlaandere op 4 Julie 1657. Later woon hy in Gent, Vlaandere en nog later in Middelburg in Nederland waar hy 'n handelaar was.
    Jacques/Jacobus de Savoye is in 1686 met Marie-Madeleine le Clercq hertroud. Dit is interessant dat Jacques/Jacobus de Savoye telkens sy naam as "Jacobus de Savoije" teken, terwyl Marie Madeleine le Clercq haar naam as "M.M. le clerc femme a Jaque de Savoi" teken [miskien het die een Vlaams en die ander een Frans gepraat].
    Die De Savoye gesin bly vir my een van die interessante Hugenote-families aan die Kaap. Hoekom het hulle Frankryk en later Nederland, wat destyds sy Goue Eeubeleef het verlaat om hulle aan die suidpunt van Afrika te vestig waar daar geennoemenswaardige argiktuur, teater en infra-struktuur bestaan het nie. Hoe het die tienerdogters Marguerite-Therese en Barbe-Therese hulle hier aangepas ?. Hoekom is Marguerite-Therese met 'n Indiër (Christoffel Snyman) getroud ? Hoekom het Jacques/Jacobus de Savoye en ds Pierre Simond nie met mekaar oor die weg gekom nie ?
    'n Artikel oor Jacques/Jacobus de Savoye is in Bulletin 29 . 1991 - 1992 van die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika gepubliseer, maar ons sal nooit werklik al die antwoorde op ons vrae hê nie.

    Vriendelike groete,

    Juna Malherbe
    Franschhoek.
    Terloops, 'n wynkelder op die plaas Vrede en Lust in Simondium is na Jacques de Savoye vernoem (ongeveer 2002)

    Jacques married Marie Madeleine LE CLERQ. Marie (daughter of Phillipe LE CLERQ and Antonette CARNOY) was born in in Tourney, Dornik, France; and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 7.  Marie Madeleine LE CLERQ was born in in Tourney, Dornik, France (daughter of Phillipe LE CLERQ and Antonette CARNOY); and died.
    Children:
    1. 3. Marguerite-Therese DE SAVOYE, b1 was born in 1672 in Ghent de Savoye, Flanders, France; was christened on 4 Sep 1672 in Ghent; died in 1742 in Cape, South Africa.


Generation: 4

  1. 12.  Julien DE SAVOYE was christened on 26 Oct 1602 in Ath, Province Henegouwe In Spanish Netherlands (son of Jacques DE SAVOYE and Jeanne VAN DER ZEE(DE LA MERE)); and died.

    Julien married Jeanne DUREAU(DURIEAU) on 23 Sep 1631 in Aeth, Hainant, Belgi. Jeanne (daughter of Jacques DUREAU(DURIEAU) and Marie GHERSOUILLE) was christened on 30 May 1611 in Aeth, Hainant, Belgi; and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 13.  Jeanne DUREAU(DURIEAU) was christened on 30 May 1611 in Aeth, Hainant, Belgi (daughter of Jacques DUREAU(DURIEAU) and Marie GHERSOUILLE); and died.
    Children:
    1. Jacques DE SAVOYE was born in 1610 in Aeth, France; and died.
    2. Gillette DE SAVOYE was christened on 5 Feb 1633 in Aeth, Hainant, Belgi; and died.
    3. 6. Jacques DE SAVOYE, progenitor was born in 1636 in Aeth, Hainant, France; was christened on 29 Jan 1636 in Ath, Province Henegouwe In Spanish Netherlands; died on 8 Oct 1717 in Cape Town, Cape, South Africa.
    4. Jean DE SAVOYE was christened on 22 Apr 1646 in Aeth, Hainant, Belgi; died on 5 Jan 1692 in Leiden, Zuid Holland, Nederland.

  3. 14.  Phillipe LE CLERQ and died.

    Phillipe married Antonette CARNOY. Antonette and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 15.  Antonette CARNOY and died.
    Children:
    1. 7. Marie Madeleine LE CLERQ was born in in Tourney, Dornik, France; and died.


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info