• First Name:   
  • Last Name:   
Geesje Gerritsz VAN DEVENTER, b6

Geesje Gerritsz VAN DEVENTER, b6

Female 1707 - 1730  (23 years)

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Geesje Gerritsz VAN DEVENTER, b6 was born in 1707 in Cape, South Africa; was christened on 18 Aug 1707 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl) (daughter of Gerrit Janse (Jansz) VAN DEVENTER, progenitor and Adriana JACOBS); died in 1730 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).

    Geesje married Francois JOUBERT, b10 on 6 Nov 1729 in Paarl, Cape, South Africa. Francois (son of Pierre (Or David) JOUBERT (JAUBERT), progenitor and Isabeau RICHARDE) was born about 1706 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); was christened on 28 Nov 1706 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in 1758 in Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


Generation: 2

  1. 2.  Gerrit Janse (Jansz) VAN DEVENTER, progenitor was born between 1655 and 1665 in Deventer, Overyssel, Netherlands; was christened on 15 Nov 1684 in Cape Town, Cape, South Africa (son of Jan Pietersz VAN DEVENTER and Maria HOOGEBOOM, son of Jan Pietersz VAN DEVENTER and Maria HOOGEBOOM); died on 19 Apr 1728 in Zoetendal, Stellenbosch, Cape, South Africa.

    Notes:

    Burger Stellenbosch

    DuPlooy.paf: Hy was afkomstig van die stad Deventer, provinsie Overijssel in Nederland. Vertrek as soldaat 19.12.1683 met die vaartuig 'de Juffrouw Anna" vanuit Texel na die Kaap. Hulle land 10.4.1684 aan die Kaap. Die eerste jare van sy verblyf het hy dan ook binne die kasteel deurgebring. Op 31.5.1686 word hy vryburger aan die Kaap.

    Gerrit Jansz, seun van Jan Pieters (Jan se zoon, vandaar Jansz), verlaat Veldcamp* (vermoedelik 'n soldatekamp), naby die stad Deventer, provinsie Overijssel in Holland op 11 Junie 1683 op pad na Amsterdam. Vandaar reis hy na die eiland Texel, hoofkantoor van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie om as soldaat diens te doen. Op 19 Desember 1683 vertrek hy met die skip "De Juffraauw Anna" na die Kaap de Goede Hoop. Jan Molenaer van de Reede, kaptein van die skip, woonagtig op Texel, was op reis na Batavia. Hulle land op 10 April 1684 aan die Kaap, 32 jaar en 4 dae na Jan van Riebeeck (aankoms 6 April 1652 in die Kaap), terwyl Simon van der Stel die goewerneur aan die Kaap was. Die eerste paar jaar doen hy diens as soldaat binne die kasteel en word vryburger op 31 Mei 1686. Daar word vermoed dat hy na hierdie datum die van "Van Deventer" (geografiese van) aangeneem het of toegeken is. Aan die begin van 1688 bevind hy hom nog steeds by die kasteel en besit 50 "schapen". In die huweliksakte verwys hy na homself as Gerrit Jansz, van Veldcamp, vryburger uit Stellenbosch. By die doop van sy oudste dogter Jacomijntje in 1692 verwys hy na homself as Gerrit Jansz van Deventer. Sover bekend het slegs Gerrit Jansz hier in Suid-Afrika die van Van Deventer aangeneem. Gerrit Jansz van Deventer sterf sonder 'n testament en daar word 'n inventaris van sy besittings gemaak. KAB-MOOC-13/1/1-18-(1709-1711).Dr. H.T. Colenbrander gee in sy boek, De Afkomst der Boeren, aan dat Gerrit Jansz van Duitse afkoms was. Veldcamp kon dus, as sy stelling korrek is, in Duitsland gewees het.

    Volgens Pama I was hy van Veldcamp afkomstig. Burger te Stellenbosch.

    Alt Death: 19 Apr 1728 Zoutendal, Stellenbosch
    Gerrit Jansz van DEVENTER het van Veldcamp in Nederlands na die Kaap gekom. Op 29 Oktober 1688 het hy getrou in Kaapstad met Ariaenje JACOBS, sy was 'n weesmeisie van Rotterdam. Sy was gedoop op 25 Desember 1670 en was die dogter van Jacob Abrahamse en Heyltjie Ariens.Ariaentjie Jacobs was een van 8 weesmeisies wat op die Skip Berg China na die Kaap gekom het. Sy was gedoop in die Gereformeerde Kerk in Rotterdam op 25 Desember 1670. Haar vader was Jacob die seun van Abraham en haar moeder was Heiltjie die dogter van Arie. Sy was 18 jaar oud toe sy van die Gereformeerde Burgerweeshuis in Rotterdam na die Kaap gekom het.Johan van Deventer se navorsing meld dat, "Adriana Jacobs, dogter van Jacob Abrahamse en Heiltje Arijens, is gedoop te Rotterdam in Nederland op 25 Mei 1673. Haar ouer suster Ariaentje wat vroeer algemeen aangegee is as ons stammoeder, sterf op 2-jarige ouderdom en word op 16 November 1672 te Rotterdam begrawe. Op die ouderdom van 5 maande sterf Adriana se vader en op 8-jarige ouderdom sterf haar moeder. Sy word wees gelaat, met die adres Geertruidenberg wat sommer net "den Berg" genoem is. Sy beland in die Gereformeerde Burgerweeshuis in die Goudse Wagenstraat in Rotterdam, Nederland, en word die verkleinwoord Arijantgen of ook sommer Adriaantje genoem. In 1687 besluit die Here Sewentien om weesmeisies van die Rotterdamse weeshuis na die Kaap te stuur as vrouens vir die vryburgers. Saam met sewe ander weesmeisies vertrek sy op Saterdag 20 Maart 1688 vanuit Goere in Holland met die skip "Berg China" en arriveer in die Kaap op Woensdag 4 Augustus 1688."
    KINDERS
    b1 Jan Gerrit gedoop 21 Aug 1689, X 4 Okt 1711 Magdalena Brits
    b2 Jacomyntje gedoop 9 Maart 1692, X 27 Okt 1720 Cornelis van Rooyen, XX B Lindeque
    b3 Aletta gedoop 27 Jun 1700, X 8 Apr 1725 Pieter Willem Nel
    b4 Johanna Margaretha, X 14 Apr 1726 Philippus Snyman, XX 7 Apr 1735 Johan Heinrich Debes
    b5 Jacob * 1705, X 17 Apr 1735 Dorothea Coetzer, XX 15 Jan 1746 Martha Botha, XXX 13 Maart 1748 Hester van Jaarsveld
    b6 Geesje gedoop 18 Aug 1707
    b7 Hendrik * 1711b8 Gerrit gedoop Paarl 15 Mei 1713 (die moeder word nie genoem nie), X 30 Okt 1744 Rachel Joubert

    PLASE
    Gerrit het op Slot van die Paarl in Perdeberg geboer. Hy koop die plaas St Martyn in Noorder Paarl op 2 Augustus 1703 van Balthasar Weever. Van Deventer verkoop St Martyn op 30 Januarie 1709 aan Jacques Malan. Hierdie stamouers was die draers van 'n oorerflike siekte die volgende inligting het Anne Lehmkuhl vir my in Engels verskaf: Two of the founders of the European population in South Africa were Gerrit Jansz and his wife Ariaantje Jacobs. Pedigrees have traced the start of porphyria in South Africa to these two individuals. They had eight children, four of whom suffered from porphyria. A critical question asks which of the parents suffered from porphyria? Gerrit Jansz came from the Netherlands (the only other place in the world where porphyria is relatively common) and we know that Ariaantje's sister had a son with porphyria increasing the likelihood of Ariaantje having porphyria. It could even have been possible for both to have had it (What a coincidence!!!!) Draw a pedigree of Gerrit and Ariaantje's family. Assume for simplicity that only Gerrit suffered from porphyria and that he was heterozygous (Aa). Determine the genotypes for their eight children. Imagine that all of their children married non-affected individuals, and they each had four children. Determine the probability of Gerrit and Ariaantje's grandchildren having porphyria and assume that the probability expectations were met in reality. How many of Gerrit and Ariaantje's grandchildren suffer from porphyria? (Eight) If all the grandchildren married and had four children, how many of Gerrit and Ariaantje's great grandchildren would suffer from porphyria? (Sixteen)

    Sien Van Deventer D.& P. p.172. 29.10.1688 trou "Gerrit Janse van Veldcamp vryborger aan Stellenbos J.M. met Arriaantie Adriaanse van Rotteram J.D." Hy boer op Watervliet, Simondium
    Burger Stellenbosch

    DuPlooy.paf: Hy was afkomstig van die stad Deventer, provinsie Overijssel in Nederland. Vertrek as soldaat 19.12.1683 met die vaartuig 'de Juffrouw Anna" vanuit Texel na die Kaap. Hulle land 10.4.1684 aan die Kaap. Die eerste jare van sy verblyf het hy dan ook binne die kasteel deurgebring . Op 31.5.1686 word hy vryburger aan die Kaap.
    Gerrit Jansz, seun van Jan Pieters (Jan se zoon, vandaar Jansz), verlaat Veldcamp* (vermoedelik 'n soldatekamp), naby die stad Deventer, provinsie Overijssel in Holland op 11 Junie 1683 op pad na Amsterdam. Vandaar reis hy na die eiland Texel, hoofkantoor van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie om as soldaat diens te doen. Op 19 Desember 1683 vertrek hy met die skip "De Juffraauw Anna" na die Kaap de Goede Hoop. Jan Molenaer van de Reede, kaptein van die skip, woonagtig op Texel, was op reis na Batavia. Hulle land op 10 April 1684 aan die Kaap, 32 jaar en 4 dae na Jan van Riebeeck (aankoms 6 April 1652 in die Kaap), terwyl Simon van der Stel die goewerneur aan die Kaap was. Die eerste paar jaar doen hy diens as soldaat binne die kasteel en word vryburger op 31 Mei 1686. Daar word vermoed dat hy na hierdie datum die van "Van Deventer" (geografiese van) aangeneem het of toegeken is. Aan die begin van 1688 bevind hy hom nog steeds by die kasteel en besit 50 "schapen". In die huweliksakte verwys hy na homself as Gerrit Jansz, van Veldcamp, vryburger uit Stellenbosch. By die doop van sy oudste dogter Jacomijntje in 1692 verwys hy na homself as Gerrit Jansz van Deventer. Sover bekend het slegs Gerrit Jansz hier in Suid-Afrika die van Van Deventer aangeneem. Gerrit Jansz van Deventer sterf sonder 'n testament en daar word 'n inventaris van sy besittings gemaak. KAB-MOOC-13/1/1-18-(1709-1711).Dr. H.T. Colenbrander gee in sy boek, De Afkomst der Boeren, aan dat Gerrit Jansz van Duitse afkoms was. Veldcamp kon dus, as sy stelling korrek is, in Duitsland gewees het.

    Gerrit married Adriana JACOBS on 29 Oct 1688 in Cape Town, Cape, South Africa. Adriana (daughter of Jacob ABRAHAMSE and Heiltje ARIENS) was born in 1670 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; was christened on 25 Dec 1670 in Gereformeerde Kerk, Rotterdam, Netherlands; died on 16 Nov 1672 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Adriana JACOBS was born in 1670 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; was christened on 25 Dec 1670 in Gereformeerde Kerk, Rotterdam, Netherlands (daughter of Jacob ABRAHAMSE and Heiltje ARIENS); died on 16 Nov 1672 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands.

    Notes:

    Arrived at the Cape on board the Berg China
    Orphan from Rotterdam; baptised as daugther of Jacob Abrahamse
    and Heyltje Ariens
    Haar vader was Jacob die seun van Abraham (Jacob Abrahamse) en haar ma was Heiltjie (ook Maritje genoem) die dogter van Arie van die Schiedamse Dyk, Rotterdam. Die moeder is dus Heiltjie Ariens. So staan Ariaentjie tot die dood van haar vader bekend as Ariaentjie Jacobs, en daarna met die matroniem benaming Adriaentjie Ariens.
    Jacob Abrahamse en Heiltje (Maritje) Ariens is op 13.9.1654 in Hillegersberg getroud. Jacob is op 23.10.1672 vanuit die Sandstraat op die hoek van die Hallevemaanstraat begrawe en laat sy eggenote na, genoem Maritje Aberehamts, volgens die patroniem van haar man, met 7 kinders, waarvan die laaste na die dood van die vader gebore is. Op 31.9.1681 word die moeder ook begrawe. Sy is opgeneem in die Gereformeerde Burgerweeshuis wat op daardie stadium in die "Goedse Wagenstraat" in Rotterdam geleë was. Dit was ongeveer 200 meter van die Schieldanse Dyk . In 1687 het die Here Sewentien, 'n komitee van sewentien direkteure wat deur die groot Nederlandse stede aangestel is om die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie te bestuur, besluit om weesmeisies van die Rotterdamse Weeshuis na die Kaap te stuur. Hierdie meisies sou as vrouens aan die vryburgers gegee word.
    Ariaentjie vertrek 20.3.1688 vanuit Goere saam met nog 7 weesmeisies uit Holland met die seilskip "Berg China" na die Kaap die Goeie Hoop en arriveer 4.8.1688. Sy trou in dieselfde jaar op 29.10.1688 met Gerrit van Deventer.

    van Deventer.ged:Adriana Jacobs (Jacob se dogter), kom as weesmeisie met die naam Arijantgen Jacobs, van den Berg (Geertruidenberg), die Rotterdamse Weeshuis, van Rotterdam in die Kaap aan. Na die dood van haar moeder in 1681 toe sy 8 jaar oud was, word sy in die Gereformeerde Burgerweeshuis in die Goudse Wagenstraat in Rotterdam opgeneem. In 1687 besluit die Here Sewentien om weesmeisies van die Rotterdamse Weeshuis na die Kaap te stuur as vrouens vir die vryburgers. Saam met sewe ander weesmeisies vertrek sy op 20 Maart 1688 vanuit Goere in Holland met die skip "Berg China" en arriveer volgens die dagregister van die Kaap, op 4 Augustus 1688 in die Kaap. Op 11 Augustus 1688 word hulle toegelaat om aan land te gaan en volgens mededeling word hulle op 12 Augustus 1688 buite en binne die kasteel gehuisves. Sy staan ook bekend as Adriaantje (Adrijaentje) wat waarskynlik haar noemnaam was. Sy trou onder die naam van Aryaentgen Adriaansse van Rotterdam. By die doop van haar oudste dogter Jacomijntje noem sy haarself as Ariantje Jacobsz. Na die dood van Gerrit Jansz, haar man, noem sy haarself Ariaantje Jacobsz van Rotterdam. Van haar voorsate is min bekend aangesien 'n bom tydens die oorlog in 1940 die argief van die weeshuis in Rotterdam waar sy gebly het, verwoes het.Daar word beweer dat Willemyntje Ariens de Wit, ook 'n weesmeisie van Rotterdam, die jonger suster van Adriana se moeder, Heijltje Arijens is. Willemyntje is met Detlef Biebow, 'n geneesheer uit Duitsland, op 24 Desember 1688 in Kaapstad getroud. Dit is Detlef en Willemyntje se seun Hendrik, wat gedoop is te Stellenbosch op 28 Mei 1690, wat eerste uitgeroep het "ik ben een afrikaner" en die woord Afrikaner gevestig het. Daar word verder vermoed dat dit Hendrik was wat op die skip Zuytdorp, wat die Kaap op 22 April 1712 velaat het, was. Hierdie skip was op pad na Java, die oostelike hoofkwartier van die HOIK. In 'n geweldige storm loop hierdie skip 500km noord van Perth in Australië op die rotse. Van die sowat 50 oorlewende mense het met die plaaslike stamme getrou en hulle lewe voortgesit in die baie afgesonderde en barra omgewing. In latere jare is die genetiese siekte porfirie (Porphyria Variegata) by die Aborigines gevind. Hierdie porfirie is dieselfde as wat hier in Suid-Afrika vermoedelik deur Adriana Jacobs, die stammoeder, die land ingebring is.
    From: Johan C Erasmus <2000@yebo.co.za> To: Subject: Re: [GenForum] Weesmeisies Date: 07 December 2000 12:03

    Piet
    Baie dankie vir jou moeite! Ek kon nie dink dat niemand al voorheen oor die ander weesmeisies bekommerdwas nie!
    Dit beklemtoon maar net weer die waarde van Familia met al sy waardevolle skat van navorsing wat reeds gedoen is.
    Ek wonder of al die lede daarvan bewus is dat - danksy Danie Viljoen - al die Familia's op 4 CDs beskikbaar is by GGSANoord-Transvaal-tak?

    Groete

    Johan Erasmus



    Aan al die lyslede,
    Na aanleiding van Piet se informasie, wil ek graag net die volgende vra? Ek het in my info dat Adriaantjie Jacobs (vader Jacob /Abrahamse/(Abrahamzoon) ) en Willemientje de Wit (vader onbekend) dieselfde moeder gehad het, nl Heiltje of Marijtje /Ariens/.Kan iemand dit dalk bevestig? Dan het ek ook dat Catharina van der Zee x 15 Augustus 1685 Coenrad Visser en xx 8 Mei 1689 Johannes Visser. ~16 Junie 1667 . Ook hier wil ek weet of iemand dit kan bevestig.

    Dankie

    Johan N



    Dr Heese meld in Familia 76/3 dat tien weesmeisies na die Kaap gestuur is. Hy het die trouboek van die Kaapse gemeente geraadpleeg en vind die volgende:
    1.. Willemijntjie Ariens de Wit trou met Detlev Biebouw. Hulle dogter Maria was die stammoeder van die familie De Vos.
    2.. Adriaantjie Jacobs trou met Gerrit van Deventer3.. Catharina van der Zee trou met Jan Visser en is stammoeder van hierdie vertakking van die Vissers.4.. Anna Eltrop van Kleef trou met Andries Beets, geen nageslag.5.. Engelte Cornelissen trou met Bart Koopman, hulle het kinders, maar die nageslag word nie voortgeplant nie.6.. Adriaante Janse trou met Albert Holder, het slegs twee dogters. > > Van die ander 4 meisies kon geen trouregistrasies opgespoor wordnie: > 1.. Adriana van Zon > 2.. Petronella van Capella > 3.. Judith van der Bout > 4.. Judith Verbeek. > Piet du Toit



    > Johan >



    From: Louw van Deventer
    To:
    Subject: Re: [GenForum] van Deventer/Conradie
    Date: 01 April 2001 10:14


    Colleen

    Hier volg die res.
    a1 Gerrit Jansz van Deventer (sv Jan Pieters & Maria Hoogeboom) - kinders(8) - * Nederland ong 1653 + Zoutendal,Stellenbosch 19-04-1728.Land op 10April 1684 aan die Kaap en doen diens as soldaat in die kasteel xStellenbosch 29-10-1688 Adriana Jacobs = 25-05-1673 Rotterdam,Nederland +
    Kaap > 1728.Sy was
    n weesmeisie en arriveer op 04-08-1688 met die skip
    "Berg China".


    Groete

    Louw.

    Volgens Pama I was sy 'n weesmeisie uit Rotterdam.
    Alt Name: Ariaentje (VAN DEN BERG)

    Arrived at the Cape on board the Berg China

    Orphan from Rotterdam; baptised as daugther of Jacob Abrahamse and Heyltje Ariens

    Haar vader was Jacob die seun van Abraham (Jacob Abrahamse) en haar ma was Heiltjie (ook Maritje genoem) die dogter van Arie van die Schiedamse Dyk, Rotterdam. Die moeder is dus Heiltjie Ariens. So staan Ariaentjie tot die dood van haar vader bekend as Ariaentjie Jacobs, en daarna met die matroniem benaming Adriaentjie Ariens.

    Jacob Abrahamse en Heiltje (Maritje) Ariens is op 13.9.1654 in Hillegersberg getroud. Jacob is op 23.10.1672 vanuit die Sandstraat op die hoek van die Hallevemaanstraat begrawe en laat sy eggenote na, genoem Maritje Aberehamts, volgens die patroniem van haar man, met 7 kinders, waarvan die laaste na die dood van die vader gebore is. Op 31.9.1681 word die moeder ook begrawe. Sy is opgeneem in die Gereformeerde Burgerweeshuis wat op daardie stadium in die "Goedse Wagenstraat" in Rotterdam geleë was. Dit was ongeveer 200 meter van die Schieldanse Dyk . In 1687 het die Here Sewentien, 'n komitee van sewentien direkteure wat deur die groot Nederlandse stede aangestel is om die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie te bestuur, besluit om weesmeisies van die Rotterdamse Weeshuis na die Kaap te stuur. Hierdie meisies sou as vrouens aan die vryburgers gegee word.

    Ariaentjie vertrek 20.3.1688 vanuit Goere saam met nog 7 weesmeisies uit Holland met die seilskip "Berg China" na die Kaap die Goeie Hoop en arriveer 4.8.1688. Sy trou in dieselfde jaar op 29.10.1688 met Gerrit van Deventer.

    van Deventer.ged:
    Adriana Jacobs (Jacob se dogter), kom as weesmeisie met die naam Arijantgen Jacobs, van den Berg (Geertruidenberg), die Rotterdamse Weeshuis, van Rotterdam in die Kaap aan. Na die dood van haar moeder in 1681 toe sy 8 jaar oud was, word sy in die Gereformeerde Burgerweeshuis in die Goudse Wagenstraat in Rotterdam opgeneem. In 1687 besluit die Here Sewentien om weesmeisies van die Rotterdamse Weeshuis na die Kaap te stuur as vrouens vir die vryburgers. Saam met sewe ander weesmeisies vertrek sy op 20 Maart 1688 vanuit Goere in Holland met die skip "Berg China" en arriveer volgens die dagregister van die Kaap, op 4 Augustus 1688 in die Kaap. Op 11 Augustus 1688 word hulle toegelaat om aan land te gaan en volgens mededeling word hulle op 12 Augustus 1688 buite en binne die kasteel gehuisves. Sy staan ook bekend as Adriaantje (Adrijaentje) wat waarskynlik haar noemnaam was. Sy trou onder die naam van Aryaentgen Adriaansse van Rotterdam. By die doop van haar oudste dogter Jacomijntje noem sy haarself as Ariantje Jacobsz. Na die dood van Gerrit Jansz, haar man, noem sy haarself Ariaantje Jacobsz van Rotterdam. Van haar voorsate is min bekend aangesien 'n bom tydens die oorlog in 1940 die argief van die weeshuis in Rotterdam waar sy gebly het, verwoes het.
    Daar word beweer dat Willemyntje Ariens de Wit, ook 'n weesmeisie van Rotterdam, die jonger suster van Adriana se moeder, Heijltje Arijens is. Willemyntje is met Detlef Biebow, 'n geneesheer uit Duitsland, op 24 Desember 1688 in Kaapstad getroud. Dit is Detlef en Willemyntje se seun Hendrik, wat gedoop is te Stellenbosch op 28 Mei 1690, wat eerste uitgeroep het "ik ben een afrikaner" en die woord Afrikaner gevestig het. Daar word verder vermoed dat dit Hendrik was wat op die skip Zuytdorp, wat die Kaap op 22 April 1712 velaat het, was. Hierdie skip was op pad na Java, die oostelike hoofkwartier van die HOIK. In 'n geweldige storm loop hierdie skip 500km noord van Perth in Australië op die rotse. Van die sowat 50 oorlewende mense het met die plaaslike stamme getrou en hulle lewe voortgesit in die baie afgesonderde en barra omgewing. In latere jare is die genetiese siekte porfirie (Porphyria Variegata) by die Aborigines gevind. Hierdie porfirie is dieselfde as wat hier in Suid-Afrika vermoedelik deur Adriana Jacobs, die stammoeder, die land ingebring is.

    From: Johan C Erasmus <2000@yebo.co.za> To: Subject: Re: [GenForum] Weesmeisies Date: 07 December 2000 12:03

    Piet
    Baie dankie vir jou moeite! Ek kon nie dink dat niemand al voorheen oor die ander weesmeisies bekommerd was nie!
    Dit beklemtoon maar net weer die waarde van Familia met al sy waardevolle skat van navorsing wat reeds gedoen is.
    Ek wonder of al die lede daarvan bewus is dat - danksy Danie Viljoen - al die Familia's op 4 CDs beskikbaar is by GGSANoord-Transvaal-tak?

    Groete

    Johan Erasmus

    Aan al die lyslede,

    Na aanleiding van Piet se informasie, wil ek graag net die volgende vra? Ek het in my info dat Adriaantjie Jacobs (vader Jacob /Abrahamse/(Abrahamzoon) ) en Willemientje de Wit (vader onbekend) dieselfde moeder gehad het, nl Heiltje of Marijtje /Ariens/.Kan iemand dit dalk bevestig? Dan het ek ook dat Catharina van der Zee x 15 Augustus 1685 Coenrad Visser en xx 8 Mei 1689 Johannes Visser. ~16 Junie 1667 . Ook hier wil ek weet of iemand dit kan bevestig.

    Dankie

    Johan N


    Dr Heese meld in Familia 76/3 dat tien weesmeisies na die Kaap gestuur is. Hy het die trouboek van die Kaapse gemeente geraadpleeg en vind die volgende:

    1.. Willemijntjie Ariens de Wit trou met Detlev Biebouw. Hulle dogter Maria was die stammoeder van die familie De Vos.
    2.. Adriaantjie Jacobs trou met Gerrit van Deventer
    3.. Catharina van der Zee trou met Jan Visser en is stammoeder van hierdie vertakking van die Vissers.
    4.. Anna Eltrop van Kleef trou met Andries Beets, geen nageslag.
    5.. Engelte Cornelissen trou met Bart Koopman, hulle het kinders, maar die nageslag word nie voortgeplant nie.
    6.. Adriaante Janse trou met Albert Holder, het slegs twee dogters.
    Van die ander 4 meisies kon geen trouregistrasies opgespoor wordnie:
    1.. Adriana van Zon
    2.. Petronella van Capella
    3.. Judith van der Bout
    4.. Judith Verbeek.

    Piet du Toit

    Johan

    From: Louw van Deventer
    To:
    Subject: Re: [GenForum] van Deventer/Conradie
    Date: 01 April 2001 10:14

    Colleen

    Hier volg die res.
    a1 Gerrit Jansz van Deventer (sv Jan Pieters & Maria Hoogeboom) - kinders (8) - * Nederland ong 1653 + outendal,Stellenbosch 19-04-1728.Land op 10April 1684 aan die Kaap en doen diens as soldaat in die kasteel x Stellenbosch 29-10-1688 Adriana Jacobs = 25-05-1673 Rotterdam,Nederland + Kaap > 1728.Sy was n weesmeisie en arriveer op 04-08-1688 met die skip "Berg China".

    Groete

    Louw.

    Volgens Pama I was sy 'n weesmeisie uit Rotterdam.
    Alt Name: Ariaentje (VAN DEN BERG)

    Christened:
    Alt Christening: 16 May 1673 Rotterdam

    Notes:

    Married:
    Van Deventer.ged gives Stellenbosch, Cape.

    Children:
    1. Jan Gerritsz VAN DEVENTER, b1 was born in 1689 in Veldcamp, Netherlands; was christened on 21 Aug 1689 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in in Cape, South Africa.
    2. Jacomijntje VAN DEVENTER, b2 was born in 1691; was christened on 9 Mar 1692 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died about 1737 in Cape, South Africa.
    3. Altijn Gerritsz VAN DEVENTER, b3 was christened on 27 Jun 1700 in Stellenbosch, Cape, South Africa; died in in Cape, South Africa.
    4. Johanna Margaretha Gerritsz VAN DEVENTER, b4 was born about 1702 in Cape, South Africa; was christened on 24 Jul 1701; died after 1757 in Cape, South Africa.
    5. Jacob Gerritsz VAN DEVENTER, b5 was born in Jul 1705 in Graaff-Reinet, Cape, South Africa; was christened in Jul 1705; died in in Cape, South Africa.
    6. 1. Geesje Gerritsz VAN DEVENTER, b6 was born in 1707 in Cape, South Africa; was christened on 18 Aug 1707 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl); died in 1730 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl).
    7. Hendrik Gerritsz VAN DEVENTER, b7 was christened on 1 Jan 1710; and died.
    8. Gerrit Gerritsz VAN DEVENTER, b8 was born in in Cape, South Africa; was christened on 14 May 1713 in Paarl, Cape, South Africa; died in 1757 in Cape, South Africa.


Generation: 3

  1. 4.  Jan Pietersz VAN DEVENTER was born about Jan 1627 in Netherlands; was christened on 24 Apr 1627 in Deventer, Overyssel, Netherlands (son of Pieter Hermanus VAN DEVENTER and Fenneke Josephine HENDRIKS); died about 1695; was buried on 8 Apr 1662.

    Notes:

    Pieters verwys na sy vader nl. Pieter se seun.

    Jan married Maria HOOGEBOOM in 1652 in Netherlands. Maria was born in 1633 in Houten, Utrecht, Nederland; was christened in 1633 in Houten, Utrecht, Nederland; died in 1685 in Houten, Utrecht, Nederland. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 5.  Maria HOOGEBOOM was born in 1633 in Houten, Utrecht, Nederland; was christened in 1633 in Houten, Utrecht, Nederland; died in 1685 in Houten, Utrecht, Nederland.

    Notes:

    From Utrecht

    Children:
    1. 2. Gerrit Janse (Jansz) VAN DEVENTER, progenitor was born between 1655 and 1665 in Deventer, Overyssel, Netherlands; was christened on 15 Nov 1684 in Cape Town, Cape, South Africa; died on 19 Apr 1728 in Zoetendal, Stellenbosch, Cape, South Africa.

  3. 6.  Jacob ABRAHAMSE was born between 1640 and 1650 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands (son of Abraham NN and Pn NN); died in Oct 1673; was buried on 23 Oct 1673 in Sandstraat, hkv den Hallevemansstraet, Rotterdam.

    Notes:

    Jong man van Rotterdam wat woonagtig was in Vierwindestraat, is getroud in Hillegersberg, ' n voorstad van Rotterdam, met Heijltje Arijens, 'n jong meisie van Rotterdam. Sy was woonagti g in die "Schiedanse Dijk". Jacob was van plan om as soldaat in diens van die Verenigde Oos-I ndiese Kompanjie na Oos-Indië te gaan. Sy vroeë afsterwe het egter hierdie planne omvergegooi . Hy word vanuit "den Sandstraat" op den hoek van "den Hallevmannstraat" begrawe.

    'n Jong man woonagtig te Vierwindestraat in Rotterdam. Daar word ook na hom verwys as Abraham(t)sen en Aberehamts. Sy "van" verwys na sy vader se voornaam nl. Abraham.

    Alt Name: Jacob ABRAHAMS
    !Birth: Heese Lombard; pg 67 A

    Jacob married Heiltje ARIENS on 13 Sep 1654 in Hillegersberg, Rotterdam. Heiltje (daughter of Arie ARIENS and Pn NN) was born between 1640 and 1650 in Schiedanse Dyk, Holland; died about 1681; was buried on 3 Sep 1681 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 7.  Heiltje ARIENS was born between 1640 and 1650 in Schiedanse Dyk, Holland (daughter of Arie ARIENS and Pn NN); died about 1681; was buried on 3 Sep 1681 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands.

    Notes:

    Sy was afkomstig van die Schiedanse Dijk in Rotterdam. Staan ook bekend as Marijtje Ariens. Geskrifte verwys na Jacob se eggenoot as Marijtije Aberehamts.

    !Birth: Heese Lombard; pg 67 A

    Children:
    1. Elsien JACOBS was christened on 25 Dec 1658 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; and died.
    2. Abram JACOBS was christened on 11 Nov 1660 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; and died.
    3. Jannetjie JACOBS was christened on 5 Dec 1662 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; died before 1668.
    4. Wilhelmina Adriana Ariens DE WIT was born between 1665 and 1675 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; and died.
    5. Maritie JACOBS was christened on 10 Jan 1666 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; and died.
    6. Jannetjie JACOBS was christened on 6 Nov 1668 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; and died.
    7. 3. Adriana JACOBS was born in 1670 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; was christened on 25 Dec 1670 in Gereformeerde Kerk, Rotterdam, Netherlands; died on 16 Nov 1672 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands.
    8. Ariaentje ABAHAMSE was christened on 25 Dec 1670 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; was buried on 16 Nov 1673 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands.
    9. Adriana Jacobsz ABAHAMSE was christened on 25 May 1673 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; and died.


Generation: 4

  1. 8.  Pieter Hermanus VAN DEVENTER was born about 1600 in Twello, Netherlands (son of Herman Pieters VAN DEVENTER and Maijke HERMANS); and died.

    Notes:

    Hermansz verwys na sy vader nl. Herman se zoon.

    Pieter married Fenneke Josephine HENDRIKS on 2 May 1626. Fenneke was born about 1600 in Netherlands; was christened in in Netherlands; and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 9.  Fenneke Josephine HENDRIKS was born about 1600 in Netherlands; was christened in in Netherlands; and died.
    Children:
    1. 4. Jan Pietersz VAN DEVENTER was born about Jan 1627 in Netherlands; was christened on 24 Apr 1627 in Deventer, Overyssel, Netherlands; died about 1695; was buried on 8 Apr 1662.
    2. Direk VAN DEVENTER was born about 1630 in Deventer, Overyssel, Netherlands; and died.
    3. Merritje VAN DEVENTER was born about 1632 in Deventer, Overyssel, Netherlands; and died.
    4. Hendrich VAN DEVENTER was born about 1634 in Deventer, Overyssel, Netherlands; and died.

  3. 12.  Abraham NN was born about 1600; and died.

    Abraham married Pn NN about 1620. Pn was born about 1600; and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  4. 13.  Pn NN was born about 1600; and died.
    Children:
    1. 6. Jacob ABRAHAMSE was born between 1640 and 1650 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands; died in Oct 1673; was buried on 23 Oct 1673 in Sandstraat, hkv den Hallevemansstraet, Rotterdam.

  5. 14.  Arie ARIENS was born about 1610 in Schiedamse Dyk, Rotterdam; and died.

    Arie married Pn NN about 1632. Pn was born about 1612; and died. [Group Sheet] [Family Chart]


  6. 15.  Pn NN was born about 1612; and died.
    Children:
    1. 7. Heiltje ARIENS was born between 1640 and 1650 in Schiedanse Dyk, Holland; died about 1681; was buried on 3 Sep 1681 in Rotterdam, Zuid Holland, Netherlands.


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info