2. | Pieter (Den Deen) ERASMUS was born about 1667 in Denmark; died in 1731 in Drakenstein, Cape, South Africa(Paarl). Notes:
Pieter was the progenitor (stamvader) of the Erasmus family in South Africa. He arrived in the Cape in 1693. In some Cape records he appears as "Pieter den Deen", thereby implying that his origins were in Denmark. The surname Erasmus is a latinized version of the patronymic Rasmussen, a common name in both Denmark and Norway.
He farmed on the farm "Groenkloof" in Wagenmakersvallei (Wellington), which fell in the sub-district of Drakenstein. He received this farm 28 Feb 1699, but since he was not in favour of governor Van der Stel he only obtained his title in 1714. He had this farm until his death. His farm was next to Baren Blom's. It could also be that the name of his farm was "De Groenenbergh", next to the Krommerivier in the Wagenmakersvalleij (this farm is known today as "Onverwacht" in Bovlei). This farm remained in his possession until his death in 1731.
(Research):Die van ERASMUS is 'n Griekse woord wat beteken "Lieflik" of "Welgeliefd" en was eerste aangeneem deur die wêreldberoemde Hollandse skrywer, Protestant en Hervormer, Desiderius Erasmus van Rotterdam wie gelewe het gedurende die tydperk 1466-1536.
Van stamvader Pieter Erasmus se afkoms weet ons min. Daar was al heelwat spekulasie en teorieë op die gespreksgroep bespreek. In sekere Kaapse rekords kom hy voor as Pieter den Deen, wat moontlik op Skandinawiese afkoms dui.
Volgens Mark Barker se bydrae tot die SA Stamouers webwerf verkry hy die plaas Groenkloof in Wagenmakersvallei (vandag Wellington), distrik Drakenstein op 28 Februarie 1699. Hy verkry eers transport in 1714, vermoedelik omdat hy nie ten gunste van Simon van der Stel was nie.
SAG 2 gee ook die plaas aan as Groenkloof in Drakenstein, maar volgens Mieka Erasmus was sy plaas langs Baren Blom s'n, en sy wys daarop dat sekere gedrukte materiaal die verkeerde plaas (Groenkloof) as Erasmus s'n aandui - dit was nie die plaas in Drakenstein nie, maar die plaas De Groenenbergh aan die Krommerivier in die Wagenmakersvalleij (hierdie plaas staan vandag bekend as Onverwacht, Bovlei).
Hy behou die plaas tot en met sy dood in 1731. Pieter trou in 1697 met Maria Elizabeth Jooste, wat in September 1723 oorlede is.
Toe die Inventaris geneem was nadat Maria dood was in 1723 word die volgende persone gegee as hulle kinders:
Erasmus Pieter - 25 jaar oud
Ester - 20 jaar oud
Lourens - 19 jaar oud
Catharina - 18 jaar oud
Laris - 17 jaar oud
Jacob - 16 jaar oud
Let op dat meeste bronne meld nie Ester as 'n dogter nie. Volgens die Inventaris moes die dogter Maria Hanna voor haar moeder gesterwe het.
Bronne:
Mark Barker se bydrae na AM van Rensburg se SA Stamouers webwerf, met spesifieke verwysing na:
* J A Heese and RTJ Lombard,South African Genealogies
* JG le Roux and WG le Roux Ons Drakensteinse Erfgrond: Bovlei
DJ Erasmus "Die Stamvader Pieter Erasmus uit Nederland" Familia XXII 1985 no 1
Inligting deur Sasa Malan ingestuur na GenForum
Pieter married Maria Elizabeth JOOSTEN in 1697 in Cape, South Africa. Maria was born about 1676 in Middelburg, Zeeland, Netherlands; died in Sep 1723 in Wellington, Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]
|