• First Name:   
  • Last Name:   
Jacolize DU PLESSIS

Jacolize DU PLESSIS

Female 1964 -  (60 years)

Generations:      Standard    |    Vertical    |    Compact    |    Box    |    Text    |    Ahnentafel    |    Fan Chart    |    Media    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Jacolize DU PLESSIS was born on 10 Mar 1964 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa (daughter of Roelof Cornelius DU PLESSIS and Annette VAN NIEKERK).

    Notes:

    See attached sources.

    (Research):Maandag 23 Junie 2008

    Hallo liewe pelle en familie!

    Hierdie briefie is al "long overdue"! Ek dreig al maande om n briefie te tik en vir julle almal te stuur, maar kom net nooit daarby uit nie. Goeiste, waar het hierdie jaar nou alweer heen verdwyn? Dis oor 6 maande alweer Kersfees, en ek sukkel nog om van laas jaar se "wish list" te herstel!

    Dit gaan baie goed met ons almal. Ek gaan julle bietjie vertel wat in ons almal se lewens aangaan hier in New Zealand.

    Anro het n maand gelede met n nuwe werk begin. Hy werk nou vir Stryker, n Amerikaanse maatskappy, as "Territory Manager". Hy is betrokke by die onderhandeling en verkope van toerusting vir digitale teaters in hospitale. Nogal top klas, "state of the art" tegnologie. Hy het nog baie om te leer, maar geniet die nuwe uitdaging en die professionele benadering van die maatskappy. Hy gaan binnekort Australie toe vir verdere opleiding. Die hele Noord Eiland is sy area, so hy gaan seker maar weer redelik baie weg wees. Soms selfs vir twee of drie weke op n slag, met naweke tuis. Sal maar sien hoe die dinge gaan. Hy was vir 3 weke in SA in April/Mei. Het by sy familie gekuier en sy ma se 80ste verjaarsdag gevier. Dit was goed vir hom om weer sy familie te sien, maar hy was baie bly om weer tuis te kom. En ons was baie bly om hom weer tuis te he!

    Dante is nou 7 jaar en 3 maande oud. Hy is in Year 3 in Long Bay Primary School. Hy geniet skool en doen goed. Hy het ook heelwat ander aktiwiteite (te veel op die oomblik!): Ons oefen Maandae na skool Miniball (ek en n ander mamma rig hulle spannetjie af) en Dinsdae middae speel hulle n wedstryd. Woensdae aande het hy Keas (dis die jonger afdeling van Sea Scouts). Donderdae middae het hy trampolienlesse. Vrydae het hy in skooltyd vioolles. Dit is n woeste kwartaal hierdie en dit lyk nie of die derde kwartaal anders gaan wees nie! Maar dit gaan goed en hy is n gelukkige seuntjie. Hy het so n goeie sin vir humor en hy is mal oor sy kleinboetie. Hy speel baie mooi en geduldig met Luca. Hy maak ook maklik maatjies en is natuurlik mal oor Transformers! Hy begin al hoe meer belangstel in Wetenskaplike goed en ook TV programme en boeke oor die heelal, die aarde en al die interessante goed soos vulkane, aardbewings, meteoriete, ens. Regte "boy stuff"!

    Luca is nou 4 jaar en amper 4 mnde oud! Kan nie glo hy was maar 9mnde oud toe ons uit SA weg is nie! Hy woon oggend kindy by in die week, 3 en 4 ure sessies. Hy geniet dit baie en is n baie gesellige, opgeruimde outjie. Hy het ook sy spesiale maatjies, maar kan homself vir ure alleen vermaak. Hy speel in sy eie stories met karakters (mannetjies, diere, Spiderman, ens) en avonture wat hy self opmaak. Dis nogal prêt om op n afstand dop te hou! En Dante is natuurlik sy hero. Hy is mal oor sy "big brother". Hy begin oor minder as 9mnde met skool! Ek kan nie glo my babatjie gaan volgende jaar skool toe nie! Hulle begin in NZ op hul 5e verjaarsdag skoolgaan, maak nie saak wanneer dit is nie. Weird! Gelukkig begin die skooljaar eers vroeg in Februarie (2e week). Wanneer hy dan op 1 Maart begin, sal die skool maar n paar weke aan die gang wees. Dit was met Dante ook so. Dan bly hulle vir daardie jaar in Year 1 en skuif die volgende jaar na Year 2. As die kinders eers na Augustus verjaar, is hulle "New Entrants" en doen dan die volgende jaar n volle jaar Year 1. Ek dink hulle maak net onnodig werk vir die skole en onnies! Maar dit lyk of alles goed uitwerk vir die kids. Luca het Woensdae trampolienlesse en Donderdae swemlesse. Hy geniet dit baie. En hy wil net Dante se viool speel! Een van die dae het ons n hele strykorkes in die huis. Mamma sal haar deel doen met die stykyster!!!!

    My lewe is dol, om die minste te se. Soos julle kan aflei, met die kinders se bedrywighede, moet iemand hulle vat, ondersteun, dophou, aanmoedig. So my dag is n nimmereindigende rondjaag na en van skool, kindy, sport en die res. Maar ek geniet dit. Dis deel van Mamma wees en beskikbaar wees vir my kinders en ek sal dit vir niks verruil nie. Ek geniet dit om te kan aanbied om op skool of kindy uitstappies (Museum, planetarium, Butterfly Creek, roomysfabriek, ens) saam te gaan as "parent helper". Dis lekker om ook so deel van my kinders se lewens en aktiwiteite te wees.

    Ek is aan die begin van die jaar aangestel as "Children and Families Pastor" by ons kerk. Ek het vir 1 en n half jaar die kinderbediening as volunteer gedoen, en nou is dit n deeltydse posisie in die kerk, met n salaris vir 25 ure per week. Ek werk meeste weke so 34 ure. Daar is net te veel wat gedoen moet word. Ek is verantwoordelik vir die kinders van 0 - 11jaar. Ek geniet dit baie en die Here seen ons werklik met die inkomste en die bevrediging wat ek uit die werk kry. Die hele ding is ook besig om te transformeer soos wat die tyd verloop. So baie dinge verander, ontwikkel, groei nou en dis baie opwindend. Ek het n kantoor by die kerk en werk meestal daar. My tyd is baie "flexible" (gits, wat is die Afrikaanse uitdrukking?) en ek rig my week in soos dit my pas. Omdat ek Sondae werk, neem ek Maandae af. Dis veronderstel om "me time" te wees, maar dit eindig gereeld op in huis skoonmaak en allerhande ander dinge wat gedoen moet word (ek sit nou hierdie brief en tik, en het net besluit dis vandag belangriker as huis!) En dan is die res van die week maar n groot "juggle" tussen kerk, kids, huis, ens. O, en daar is nog my man ook! Ek moenie van hom vergeet nie! Ek bied ook Woensdaeoggende "Mainly Music" aan vir mammas/pappas/oumas/ens en kinders onder 5 jaar. Baie prêt. En dan is daar maar gedurig vergaderings en allerhande dinge wat mens doen so in die verloop van n dag/aand/week. Ek het verlede Sondag (15 Junie) gepreek!!!! Vir die eerste keer. Dit was wonderlik! Ek het my gate uit geniet! Ek het so n belangrike boodskap gehad wat ek met ons kerkfamilie wou/moes deel en die geleentheid was van Bo gestuur. Ek glo die Here het dit alles laat gebeur. En dit het goed gegaan. Ek het nou baie werk wat voorle na my boodskap, en bid net dat die Here al die werksaamhede sal seen en dinge sal laat gebeur soos dit moet. Dit het alles te doen met die "familie" kant van die bediening en om ouers toe te rus om meer intensioneel verantwoordelik te wees vir die geestelike formasie van hul kinders. Ek het in April/Mei twee "Children and Family Ministry" konferensies in die VSA bygewoon. Ek het so baie geleer en dit het nou n groot invloed op my werk en bediening hier. Ek is baie dankbaar vir die leergeleentheid en wat ek daaruit geput het. Ek was in Chicago vir n week en in Atlanta vir 8 dae. Die laaste 3 dae was ek op my eie en het ek net vakansie gehou! Ek was n regte toeris! Al die toeriste goed gedoen en gekyk en afgeneem! Ek was vir ure die een dag na "6 Flags over Georgia", n "roller coaster theme park!" Ek het op al wat n roller coaster is gery en my longe los gegil en gejil en gelag. Dit was soooo lekker om vir ure op n adrenalien rush te funksioneer! VET pret!!!!

    Ouma Moekie (my ma) bly by ons en haar aansoek vir Permanent Residence is ook al gedoen. Dis n blessing om haar hier te he. Sy behartig die wasgoed (dankie tog!) en kan uithelp met kinders wanneer ek iewers vasdraai. Sy was ook hier vir die kinders toe ek en Anro in April/Mei gelyktydig oorsee was. Anders sou ons dit nie kon doen nie. Dit gaan goed met haar. Sy maak handsakke (baie nice, eksklusiewe sakke) en pas Maandae en Dinsdae na kindy vir Luca en twee dogtertjies op. Sy doen ook vir my fotostatering en ander voorbereiding vir die Kinderkerk elke week. Verder het sy allerhande dinge wat haar besig hou en wat sy geniet.

    Met Roelof (my boetie) en Belinda en hulle dogters gaan dit ook goed. Hulle bly so 10km van ons af en ons sien mekaar gereeld. Altwee hulle dogtertjies is nou in die skool. Michelle is ook Year 3, soos Dante, en Kayla het hierdie Maart begin skoolgaan. Sy is n jaar ouer as Luca. Die vier kinders is baie groot maats en geniet dit baie om by mekaar te kuier. Dis n blessing om familie hier te he en dat die kinders weet wat dit is om niggies/nefies te he.

    Dis natuurlik nou ook Winter hier. Die Winter in Auckland is regtig BAIE gematig en ons vrek nie van die koue nie. Dis tipies koud soggens en snags (min van so 10 grade snags) en bedags is gewoonlik heel gemaklik teen so 18 grade. Daar is natuurlik kouer dae en nagte, maar dis nie al die tyd nie. Ons het die naweek heerlike reen gehad. Vandag skyn die son, maar die wind waai en dis n kouer dag.


    Woensdag 17 September 2008

    Ja, julle lees reg! Amper 3 maande later! En hier sit ek nou weer, op n Woensdagnag (dis al na 11!) en pak weer die "long overdue" brief aan. En sooooo baie het al intussen gebeur! Dante het opgehou met Keas (Sea Scouts) - dit was net te veel. Maar nou speel hy nog Touch rugby ook. Hy sal nie volgende kwartaal (Term 4) aangaan met Miniball nie. Genoeg is genoeg! Luca het ook begin met vioolles op n Vrydag oggend. Hy het minder as 6 maande oor voor hy skoolgaan! Met Anro se werk gaan dit goed. Hy is heelwat weg van die huis af, maar gewoonlik nie meer as 2 nagte op n slag nie. Ek het 3 weke gelede weer gepreek. Die keer was dit n gekombineerde diens vir almal in die kerk - kids tot oumense. Ek noem dit ons "AKTIF Service" - adults, kids, teens in fellowship" - almal neem deel (active) en is aktief betrokke. Dit was GREAT!!!! Ek hoop om ten minste 4-6 sulke dienste in n jaar aan te bied.

    Term 3 is amper op n einde. Skole sluit 26 Sept vir 2 weke. Die laaste kwartaal is dol met beplanning vir volgende jaar, begroting, werwing van volunteers, jaarverslag, Kersfees Opvoering, ens, ens. Ek dink ek moet sommer nou al weghol!

    Maar nou wil ek eers ons GROOT nuus met julle deel! Ons gaan n gastehuis begin!!!! Ons eie huis gaan die gastehuis wees. Ek en Anro en die seuns trek nou Saterdag (20 Sept) uit ons huis uit na n huurhuis. Ons omskep die rumpus (groot speelkamer) in n slaap- en woonkamer vir my ma (Mooki) en die res van die huis word gastehuis! Ons sal 2 dubbel- en 3 enkelkamers he. Mooki gaan die gastehuis bestuur ("resident house mother"!) en ons noem die gastehuis "Mooki's Guesthouse". Ons het presies 5 dae om die transformasie te doen, voor ons eerste gaste arriveer op 26 September! Ons het al 3 besprekings vir ons eerste 2 weke!

    Dit is tans chaos by ons! Die hele rumpus is vol meubels wat ons aangekoop het. Ek trek al vir amper drie weke stuk-stuk oor na die huurhuis. Ons klouter oor bokse en werk soos mal goed om alles reg en klaar te kry. Die besigheid is geregistreer en ek bevestig more ons webadres. Ek sal laat weet. Maar intussen het ek ons al op n ander webtuiste as n vakansiehuis geregistreer. Dit is www.holidayhouses.co.nz Gaan in en "search" vir "Mooki's Guesthouse". Dit is gemik op die internasionale of Kiwi vakansiegangers, waar ons eie webtuiste meer op die nuwe immigrante gemik sal wees.

    Julle, bid asseblief vir groot seen op ons onderneming! Dis n groot risiko, met geweldige finansiele uitleg - en implikasies, as dinge nie werk nie! Maar ons glo vas dit is met die Here se leiding en seen dat ons die ding doen. Ons is BAIE opgewonde oor alles en sien uit na ons eie besigheid!

    Die huis waarheen ons gesin trek is op n 22ha plot, 10km van ons huis af. Daar is hope ruimte vir die seuns om te speel en selfs n denneplantasie om te verken! Ons kan nie wag vir ons nuwe tuiste nie! Die huis is lekker gerieflik en baie netjies. Die eienaar onderhou self die tuin, so ons hoef nie daaroor te bekommer nie. Dit is so stil en rustig en het n pragtige uitsig! Ons is soooo geseen deur die Here met die tuiste! Ag, ons gaan heerlik bly! En daar is genoeg slaapplek vir kuiermense…

    Nou gaan ek eers koebaai se! Ek wil nou regtig die brief vir almal e-mail en wag vir lekker nuus terug van julle af!

    Ons huis staan oop vir julle! Kom kuier en bly dan sommer hier in NZ! Ons sal wat ons hier in NZ het, vir niks verruil nie!!! En nou is Somer om die draai - wonderlik!

    Baie liefde, soene en drukke vir julle almal. Ons verlang na julle - ons familie en pelle!

    Jacolize en die drie manne (in droomland)

    Jacolize married Anro BECKER on 16 Dec 1999. Anro was born on 16 Jan 1966 in Kempton Park, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. Dante BECKER was born on 20 Mar 2001 in Carstenhof Clinic, Midrand S. A..
    2. Luca BECKER was born on 1 Mar 2004 in Unitas Hospital, Centurion, S. A..

Generation: 2

  1. 2.  Roelof Cornelius DU PLESSIS was born on 14 Dec 1933; died on 21 Apr 1997.

    Roelof married Annette VAN NIEKERK on 4 Mar 1961 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa. Annette (daughter of Peter Ernst Louis VAN NIEKERK and Jacoba Elizabeth (Kowie) GREEFF) was born on 22 Dec 1939 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 25 Feb 1940 in Witklip, Lichtenburg Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 3.  Annette VAN NIEKERK was born on 22 Dec 1939 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 25 Feb 1940 in Witklip, Lichtenburg Transvaal, South Africa (daughter of Peter Ernst Louis VAN NIEKERK and Jacoba Elizabeth (Kowie) GREEFF).

    Other Events:

    • Address: Address:
      Annette Van Niekerk

    Notes:

    She was christened by her uncle Hendrik Adriaan de Wet during the celeration of his 50 th birthday at Witklip on 25 Feb 1940

    Children:
    1. 1. Jacolize DU PLESSIS was born on 10 Mar 1964 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    2. Roelof Cornelius DU PLESSIS


Generation: 3

  1. 6.  Peter Ernst Louis VAN NIEKERK was born on 2 Dec 1899 in Modderrivier, Kimberley District; died on 20 May 1990 in Pretoria; was buried in Lichtenburg.

    Other Events:

    • Address: Address:
      Peter Ernst Louis Van Niekerk

    Notes:

    Born on the bank of the Modderrivier during the battle of Modder River in the Anglo-Boer war. His father raised a white flag but the British ignored it. He and the other boys then carried his mother to the river bank at a spot near the town of Modderrivier where there was cover. He was born there during the night.

    Peter married Jacoba Elizabeth (Kowie) GREEFF on 17 Feb 1925 in Graaff-Reinet, Cape S. A.. Jacoba (daughter of Gabriel Johannes (Jan) GREEFF and Carolina Petronella (Totie) DE WET) was born on 18 Jun 1905 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 27 Aug 1905 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 6 Dec 1989 in Pretoria, Transvaal, South Africa; was buried in Lichtenburg, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 7.  Jacoba Elizabeth (Kowie) GREEFF was born on 18 Jun 1905 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 27 Aug 1905 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa (daughter of Gabriel Johannes (Jan) GREEFF and Carolina Petronella (Totie) DE WET); died on 6 Dec 1989 in Pretoria, Transvaal, South Africa; was buried in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.

    Notes:

    Kowie het by Pollie de la Rey se troue met Morkel as blommemeisie opgetree. Kyk nota by Jacoba Elizabeth Aletta (Pollie) de la Rey, *19 February 1887.

    Children:
    1. Stephanus Philippus (Fanie) VAN NIEKERK was born on 15 Aug 1926; died on 23 Mar 1951 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    2. Jan Greeff (Jannie) VAN NIEKERK was born on 26 May 1928 in Graaff-Reinet, Cape, South Africa; died on 27 Aug 1983 in Durban, Natal, South Africa.
    3. Caroleen Rene VAN NIEKERK was born on 13 May 1934 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    4. 3. Annette VAN NIEKERK was born on 22 Dec 1939 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 25 Feb 1940 in Witklip, Lichtenburg Transvaal, South Africa.
    5. Elizabeth Louis (Elouie) VAN NIEKERK was born on 5 Aug 1947 in Coligny, Transvaal, South Africa.


Generation: 4

  1. 14.  Gabriel Johannes (Jan) GREEFFGabriel Johannes (Jan) GREEFF was born on 13 Sep 1870 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened in in Potchefstroom, Transvaal, South Africa (son of Hendrik Adriaan GREEFF and Suzanna Maria REDELINGHUYS); died on 16 Jul 1944 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.

    Other Events:

    • Reference Number: H475

    Notes:

    Date of his death provided by Francois Greeff, e-SAGI, Mei 2007, source to be confirmed.

    According to anecdotal evidence from Andries Petrus (Boet) du Preez *9 Aug 1928, confirmed by G J (Sonny) Greeff, *3 Nov 1926, Jan Greeff who was adjutant to General Koos de la Rey during the Anglo-Boer war, was in charge of operations during the battle of Magersfontein, where Buller was defeated.

    This is known as one of general de la Rey's finest victories but ironically he was not present. He was attending the funeral of his son Adaan who had been killed in action. The battle was fought under the leadership of Col Jan Greeff.

    Emily Hobhouse, in her book "Boer War Letters," Human & Rosseau, ISBN 00 0 7981 1823 7, pp 2880 para 4:

    I was taken about the district by Mrs de la Rey's brother, a young Mr. Greeff and we dined at his house, a dreadful ruin, with the floors all rooted up and the doors gone and the wall broken. It was a fine big house and remained intact until 12 May 1902, when ten days before Peace and during negotiations the troops took it into their hands to wreck it utterly. So they live in terrible discomfort in a couple of rooms and wonder if they will ever have enough money to rebuild it, seeing compensation is a fraud and they have no cash properly to restock the farm.

    And on pp 289 para 3: I was driven by Mr Greeff and Mr Malan and found the entire population of the hamlet assembled in the marquee school to receive me...

    Pieter du Preez (grandson) recalls that oupa Jan lived in the farm house at Manana before the outbreak of the Anglo-Boer war. He owns a copper chandelier which had been plastered into the wall together with a few other valuables when they had to leave the house during the war.

    He vaguely remembers that great-grandpa H A built a small house on the farm which was later replaced by the large farm house by his son, Gabriël Johannes.

    This evidence appears to be incorrect. Subsequent word-of-mouth evidence derived from direct descendants indicate that the large house was built by H A Greeff.

    Gabriel married Carolina Petronella (Totie) DE WET on 6 May 1891 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa. Carolina was born on 8 Apr 1873 in Dordrecht, Cape, South Africa; died on 3 Jul 1947 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana Cemetery, Lichtenburg, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]


  2. 15.  Carolina Petronella (Totie) DE WET was born on 8 Apr 1873 in Dordrecht, Cape, South Africa; died on 3 Jul 1947 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana Cemetery, Lichtenburg, Transvaal, South Africa.

    Other Events:

    • Reference Number: H475

    Notes:

    A1b1c1d2e1f2g9 Oompie's sister

    Children:
    1. Margaretha Wilhelmina (Grieta) GREEFF was born on 10 Nov 1892 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 25 Dec 1892 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 26 Sep 1969 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    2. Susanna Maria GREEFF was born on 25 Nov 1894 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 23 Dec 1894 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 13 Aug 1897; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    3. Hendrik Adriaan (Hennie) GREEFF was born on 28 Nov 1896 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 31 Jan 1897 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died in 1962 in Syferfontein, Marico Dist.; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    4. Susanna Maria GREEFF was born on 4 Nov 1898 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 26 Dec 1898 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 19 Nov 1969; was buried in Manana, Lichtenburg.
    5. Pieter Francois Steyn (Pieter) GREEFF was born on 2 Oct 1900 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened in in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 25 May 1983 in Roodepoort, Transvaal, South Africa; was buried on 30 May 1983 in Roodepoort, Transvaal, South Africa.
    6. Carolina Petronella (Totie) GREEFF was born on 28 Apr 1903 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 28 Jun 1903 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 22 Jun 1908 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was buried in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    7. 7. Jacoba Elizabeth (Kowie) GREEFF was born on 18 Jun 1905 in Manana, District Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 27 Aug 1905 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 6 Dec 1989 in Pretoria, Transvaal, South Africa; was buried in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.
    8. Gabriel Jan Smuts GREEFF was born on 5 Feb 1907 in Lichtenburg; died on 18 Aug 1976 in Kimberley.
    9. Wouter De Wet (Wollie) GREEFF was born on 20 Feb 1910 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; was christened on 1 May 1910 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa; died on 8 Jun 1913 in Lichtenburg, Transvaal, South Africa.


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info