• First Name:   
  • Last Name:   
Barend Daniel (Ben) LEACH

Barend Daniel (Ben) LEACH

Male

Generations:      Standard    |    Compact    |    Vertical    |    Text    |    Register    |    PDF

Generation: 1

  1. 1.  Barend Daniel (Ben) LEACHBarend Daniel (Ben) LEACH

    Family/Spouse: Thomas (Tommie) NAUDE. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. 2. Juanita Barry LEACH  Descendancy chart to this point was born on 9 Apr 1946 in Kimberley, Cape, South Africa; was christened on 12 May 1946 in Kimberley, Cape, South Africa.


Generation: 2

  1. 2.  Juanita Barry LEACHJuanita Barry LEACH Descendancy chart to this point (1.Barend1) was born on 9 Apr 1946 in Kimberley, Cape, South Africa; was christened on 12 May 1946 in Kimberley, Cape, South Africa.

    Notes:

    Die doopdatum is bevestig na aanleiding van die datum op haar dooprok wat dieselfde datum is as haar Pappie se verjaarsdag.

    Behaal die Hoër Onderwysdiploma in liggaamlike opvoeding in 1967 aan die Pretoria Onderwyskollege en UNISA se Kleuteronderwysdiploma in 1982. Gee onderwys by Rynfield Laerskool in Benoni, Hoerskool Swartruggens, Hoerskool Staatspresident C.R. Swart in Pretoria en later by Gateway Christenskool op Barberton.

    Behaal op skool Noord-transvaal kleure in atletiek, gimnastiek en hokkie.

    Verwerf op Onderwyskollege Noord-Transvaal kleure in atletiek en wen O-18 SA Kampioenskappe 80m hekkies in Bloemfontein. Speel vir Harlekyne hokkie en behaal Noord-Transvaal tweede span vir 'n Interprovinsiale byeenkoms in Oos-Londen in 1966. Word gekies as bestuurder van die Noord-Transvaalse skolespan na die Interprovinsiale toernooi in Bloemfontein in 1970.

    Word in 1971 aangestel as Luitenant (Sportinstrukteur) by die SA Leervrouekollege op George. Verteenwoordig SWD in hokkie by 'n Interprovinsiale toernooi in Johannesburg.

    Haar troue op 11 Desember 1971 in Pretoria was 'n eerste van sy soort waar 'n gemengde erewag van Benoni Kommando se offisiere en studente van die SALVKOL optree. Spesiale toestemming moes hiervoor verkry word.

    Juanita married Gabriel Johannes (Jan) GREEFF on 11 Dec 1971 in Pretoria, South Africa. Gabriel (son of Pieter Francois Steyn (Pieter) GREEFF and Susanna Maria Magrieta (Sannie) REYNEKE) was born on 1 Apr 1943 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Benoni, Transvaal, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. 3. Antoinette GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 29 Oct 1973 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Empangeni, Natal, South Africa.
    2. 4. Sanet GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 6 Feb 1976 in Empangeni, Natal, South Africa.
    3. 5. Pieter Francois Steyn GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 8 Nov 1979 in Empangeni, Natal, South Africa.
    4. 6. Hendrik Adriaan (Henno) GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 14 Oct 1985 in Empangeni, Natal, South Africa.


Generation: 3

  1. 3.  Antoinette GREEFFAntoinette GREEFF Descendancy chart to this point (2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 29 Oct 1973 in Benoni, Transvaal, South Africa; was christened in in Empangeni, Natal, South Africa.

    Notes:

    Die pragtige bruinoog Antoinette was van kleins af vol lewenslus, emosie en entoesiasme. Haar belangstelling strek van musiek en kuns na hengel, weermagaktiwiteite en fiksheid. Sy ontvang die troetelnaam "Varkie" by haar ouers en hulle word haar "Bere."

    In 1991 word sy as een van 120 uit etlike duisende aansoeke gekeur om die jaar by die estydse Burgerlikebeskermingskollege in George opleiding te ondergaan.

    Sy neem deel aan sendingtoere wat uitreik na afgeleë gemeenskappe in Namibië en later jare na die mense van Indië, maar hou deurentyd noue kontak met haar ouerhuis deur gereeld briewe te skryf waarin sy haar onvoorwaardelike liefde en deernis vir haar medemens met haar ouers deel.

    Antoinette leef in 1996 haar diensbare geaardheid verder uit by PEN, 'n Evangelisasie -en Uitreikaksie na die jeug in Pretoria. Sy inisieer 'n kreatiwiteitontwikkelingsentrum vir tienermeisies waar sy hulle op ontspanne wyse leer van die liefde van Jesus.

    Haar veelsydigheid kom oor die jare al hoe meer na vore. In haar vroeë dertigerjare bedryf sy 'n fiksheidsklas waar die fisiese voordele van joga-oefeninge geleer word. Deur haarself te help, word sy 'n bedrewe sweiser. Sy vervaardig onder andere hulle huis se diefwering. Sy ontwerp en vervaardig staal ornamente, versamelstukke en swaar hekke en traprelings vir onder andere wynplase in die Boland, terwyl sy haar rol as moeder en eggenote met onderskeiding vervul.

    In 2011 verhuis sy en haar gesin na Canberra in Australie, waar sy haar kunssinigheid voortsit deur te skilder, kunsklasse aan te bied en ook vanwaar sy voortgaan om van tyd tot tyd uitreike na Indië te onderneem. Hier het sy haarself ook verder in die kunsrigting bekwaam deur in daardie rigting te gradueer.

    Haar jongste interessante avontuur is om Canberra en sy mense beter te leer ken deur Munisipale busse te bestuur.

    Antoinette married Hendrik Hermanus KARSTEN on 13 Dec 1997 in Pretoria, South Africa. Hendrik was born on 11 Oct 1974 in Windhoek, South West Africa (Namibia). [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. 7. Juan KARSTEN  Descendancy chart to this point was born on 2 Jun 1997 in Barberton, Transvaal, South Africa.
    2. 8. Francisca KARSTEN  Descendancy chart to this point was born on 18 Apr 1999 in Pietersburg, Transvaal, South Africa.

  2. 4.  Sanet GREEFFSanet GREEFF Descendancy chart to this point (2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 6 Feb 1976 in Empangeni, Natal, South Africa.

    Notes:

    Die aanvallige ligtekop was van kleinsaf vol borrelende lewenslus. Met die troetelnaam Bollie, kruip sy diep in die harte van haar ouers en gesin. Sanet blink op skool veral uit as 'n kranige atleet met groot potensiaal, en toon reeds op jeugdige ouderdom 'n lewendige belangstelling in kuns. Haar skool kunsprojekte is almal opvallend groot - sy geniet die uitdaging om groot doeke vol te verf. Haar musiektalent kom ook reeds op skool sterk na vore. Sy word 'n trompetspeler in Empangeni Hoërskool se Kadetorkes wat die jaarlikse skole-orkeskompetisie wen en toer in 1994 na Taiwan as lid van die Natalse Prestige Kadetorkes.

    Soos haar suster, slaag sy die streng keuringsproses vir toegang tot die SA Leer Vrouekollege. Daar geniet sy die afronding wat SALVKOL bied en probeer sy haar atletiekloopbaan voortsit. Ongelukkig doen sy 'n beenbesering (shin splits) op wat haar atletiekloopbaan verongeluk.

    Sy voltooi haar tersiëre studies by die Pretoria Technikon, waar sy die Nasionale Diploma in Beeldende Kuns in 1999 verwerf. Dan kerf sy vir haarself 'n suksesvolle kunsloopbaan uit deur aanvanklik advertensieborde vir supermarkte te verf. Later verander haar belangstelling na fotografie, en word sy 'n gesogte fotograaf van huwelike en skoolfotos sowel as individuele ateljeefotos.

    Sedert haar troue met Francois ("Efjay") ondersteun sy haar man op voorbeeldige wyse maar skroom nie om standpunt in te neem met dit waarmee sy nie saamstem nie. Sy ontwikkel in 'n liefdevolle en verantwoordelike moeder van haar drie kinders en handhaaf 'n gesonde balans tussen haar kunsloopbaan en haar roeping as moeder en eggenote.

    Sanet married Francois J (Efjay) LABUSCHAGNE on 8 Sep 2000 in Hartswater, S A. Francois was born on 18 Mar 1976 in Pretoria, Gauteng, South Afrca. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. 9. Juarita LABUSCHAGNE  Descendancy chart to this point was born on 23 Apr 2003 in Pretoria, Transvaal, South Africa.
    2. 10. Francois LABUSCHAGNE  Descendancy chart to this point was born on 18 Mar 2005 in Pretoria, Transvaal, South Africa.
    3. 11. Thomas Francis Barry LABUSCHAGNE  Descendancy chart to this point was born on 1 Feb 2008 in Pretoria, South Africa.

  3. 5.  Pieter Francois Steyn GREEFFPieter Francois Steyn GREEFF Descendancy chart to this point (2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 8 Nov 1979 in Empangeni, Natal, South Africa.

    Notes:

    Pieter word vernoem na sy oupa Piet wie se derde doopnaam "Steyn" aan hom gegee is vanwee die vriendskap tussen sy vader, Kol G J Greeff en die eertydse President Steyn. Oupa Piet is op die president se verjaarsdag gebore.

    Hierdie aantreklike en nederige ligtekopseun se minlike geaardheid maak hom van kleinsaf geliefd by almal wat hom leer ken. Sy besondere handvaardighede kom ook reeds van kleintyd af duidelik na vore. Die behendigheid waarmee hy byvoorbeeld sy aas voorberei terwyl hy hengel trek belangstellende aandag.

    Dit word ook op 'n baie vroee ouderdom duidelik dat Pieter oor besondere balvaardighede en hand-oog ko-ordinasie beskik en dat hy in enige sportsoort kan uitblink.

    Hy matrikuleer in 1997 aan die Hoër Landbouskool, Vryheid. Daarna steur hy hom min aan studies en verkies om self te eksperimenteer en te leer uit praktiese ervaring.

    In sy vroee twintigs kan hy reeds die fynste houtwerkprojekte doen. Of gee hom 'n sweismasjien en hy toor daarmee. Sy talente en innoverende geaardheid vang gou die oog en hy word as vakman by konstruksiewerke aangewend alhoewel hy geen vakpapiere besit nie. Binne 'n kort tyd word hy bevorder na voorman en word hy selfs as toesighouer oor voormanne aangewend. Sedert 2008 funksioneer hy as Superintendent op groot konstruksiepersele.

    Pieter onderskei hom as 'n werker wat nie net sy werk doen nie maar ook vrywilliglik betrokke raak by veiligheidsaspekte in die werkplek en die instelling van besparingsmaatreels en innoverende werkpraktyke. Hy ontvang in September 2006 'n toekenning van Multiplex Bateman Joint Venture vir uitstaande veiligheidswerkverrigting nadat hy 'n netelige situasie gered het deur buite die bestek van sy normale pligte van 'n gevaarlike swerm bye ontslae te raak by sy werkperseel op die Moma Mineral Sands projek.

    Hy word 'n gesogde werker wat in een stadium bevorderingsaanbiedinge ontvang van drie verskillende projekbestuurders binne die bestek van twee weke.

    Hy word binne die eerste vyf jaar waarin hy by konstruksiewerk betrokke is na Potchefstroom, Richardsbaai, Maputo, Botswana, Zambie, Moma in Mosambiek en Fort Dauphin in die suidooste van Madagaskar gestuur.

    In 2013 word hy na Nacala in Mosambiek gestuur waar hy as Superintendent optree by uitbredingswerk aan die hawe om te voorsien vir steenkooluitvoere. In 2014 word hy aangestel as die bestuurder van die multi-miljoen dollar konstruksiekamp van die maatskappy waarvoor hy in Nacala werk.

    Op Nacala kon hy ook sy geliefde sport, scubaduik, tydens sy vrye tyd beoefen. As gekwalifiseerde duikmeester en -instrukteur, kry hy ook hier heelwat geleentheid om duiktoere as instrukteur of duikmeester te vergesel.

    In 2016 verbreed hy weer eens sy kennis deur te kwalifiseer as 'n installeerder van optieseveselkabel.

    Pieter married Marcelle PRINSLOO on 5 Jul 2020 in Meyerton, Gauteng, South africa. Marcelle was born on 21 Sep 1982 in East London, Cape, South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. 12. Alexander Heinrich MC DONALD  Descendancy chart to this point was born on 13 Feb 2009 in Pretoria, Gauteng, South Afrca.
    2. 13. Nadia Anne MC DONALD  Descendancy chart to this point was born on 3 Aug 2010 in Pretoria, Gauteng, South Afrca.
    3. 14. Pieter Jan GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 9 Oct 2017 in Pretoria, Gauteng, South Africa; was christened on 5 Jul 2020 in Meyerton, Gauteng, South africa.

  4. 6.  Hendrik Adriaan (Henno) GREEFFHendrik Adriaan (Henno) GREEFF Descendancy chart to this point (2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 14 Oct 1985 in Empangeni, Natal, South Africa.

    Notes:

    Hierdie aantreklike en talentvolle rooikopseun maak reeds in die laerskool sy merk as kranige sportman en leerder.

    Tydens sy skoolloopbaan woon hy viermaal die jaarlikse Afrika Senior Studentekonvensie van Accelerated Christian Education, School of Tomorrow by. Duisende hoërskoolleerlinge met 'n kompeterende gees ding by hierdie konvensies mee in meer as 100 gespesialiseerde items.

    Hy word tweemaal op grond van sport en akademiese prestasie genomineer om sy skool by die Internasionale Konvensie in die VSA te verteenwoordig maar word deur onvoorsiene omstandighede verhinder om te gaan.

    Hy bereik die volgende prestasies in sport:
    'n Nul-voorgee in gholf.
    Mpumalanga kleure: O.18 Gholf
    Mpumalanga kleure: O.23 Gholf
    Laeveld Senior Gholfspan
    Internasionale akkreditasie as 'n onafhanklike "Hi-Ropes" instrukteur

    Op skoolvlak verwerf hy Provinsiale kleure in landloop, volleybal en tafeltennis sowel as Provinsiale en Nasionale kleure in atletiek.

    In 2001 word hy genomineer om Suid-Afrika as 'n "Global Scholar" te verteenwoordig by die somer 2001 "Global Youth Leaders Conference" in Washington D.C. en New York op grond van vaardigheid in Engels, sterk leierskappotensiaal en uitmuntende akademiese prestasie. Weer eens word hy verhinder om by te woon, veral as gevolg van die afname in die waarde van die Rand na die 11 September aanvalle in New York.

    In 2005 skryf hy by die Universiteit van Pretoria in vir die graadkursus in meganiese ingenieurswese en einde 2008 verwerf hy die graad B.Ing (Meganies) as een van die handvol studente wat die kursus binne vier jaar klaarmaak sonder om een enkele vak te druip.

    Hy sluit in 2007 aan by die Universiteit se bergklimklub en word kort daarna verkies tot die klubbestuur. Hy aanvaar ook 'n aanbod om op te tree as 'n deeltydse kliminstrukteur by 'n kommersiële klimmuur in Pretoria.

    Aan die einde van 2008 ontvang hy drie werkaanbiedinge, twee plaaslik en een van 'n Ierse matskappy se tak in Perth, Australië wat die ontginningstoerusting vir diepsee oliebore ontwerp en bou. Hy aanvaar die Australiese aanbod om op 10 Januarie 2009 te begin werk maar die maatskappy hou hom vir vier maande aan die lyn met 'n gesloer om die werkpermit en visum te bekom. Op 8 Junie stel hulle hom in kennis dat die pos nie meer beskikbaar is nie vanwee die wêreldwye ekonomiese krisis. Uiteindelik aanvaar hy op 18 Mei 2009 'n betrekking as ingenieur by Hall Longmore naby Johannesburg.

    In 2010 word hy aangestel as projekingenier by Kentz, en in 2012 aanvaar hy 'n betrekking by Hatch.

    In November 2012 word hy as professionele ingenieur geregistreer en kort daarna aanvaar hy weer eens 'n pos by Kentz.

    Op 17 Nov 2012 tree hy met Carolien van Wyk in die huwelik en hulle besluit om beter weivelde in Australie te gaan opsoek. Terwyl hulle eersteling oppad is verhuis hulle in Julie 2013 na Perth, waar hulle eersteling Adriaan in November 2013 gebore word.

    (Medical):Diagnosed with ankylosing spondylitis in 2008 and is receiving homeopathic treatment for this inherited condition.

    Hendrik married Carolien Monique VAN WYK on 17 Nov 2012 in Nylstroom, Transvaal, South Africa. Carolien was born on 29 May 1984 in Sasolburg, O.F.S., South Africa. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. 15. Adriaan Conrad GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 15 Nov 2013 in Perth, Western Australia.
    2. 16. Alanah Gabrielle GREEFF  Descendancy chart to this point was born on 6 Jan 2017 in Perth, Western Australia.


Generation: 4

  1. 7.  Juan KARSTENJuan KARSTEN Descendancy chart to this point (3.Antoinette3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 2 Jun 1997 in Barberton, Transvaal, South Africa.

    Other Events:

    • Address: Address:
      Juan Karsten

    Juan married Ngoc-Ahn NGUYEN in Apr 2021 in Vietnam. [Group Sheet] [Family Chart]

    Children:
    1. 17. Kim NGUYEN KARSTEN  Descendancy chart to this point was born on 21 Dec 2021 in Vietnam.
    2. 18. May NGUYEN KARSTEN  Descendancy chart to this point was born on 21 Dec 2021 in Vietnam.

  2. 8.  Francisca KARSTENFrancisca KARSTEN Descendancy chart to this point (3.Antoinette3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 18 Apr 1999 in Pietersburg, Transvaal, South Africa.

  3. 9.  Juarita LABUSCHAGNEJuarita LABUSCHAGNE Descendancy chart to this point (4.Sanet3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 23 Apr 2003 in Pretoria, Transvaal, South Africa.

  4. 10.  Francois LABUSCHAGNEFrancois LABUSCHAGNE Descendancy chart to this point (4.Sanet3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 18 Mar 2005 in Pretoria, Transvaal, South Africa.

  5. 11.  Thomas Francis Barry LABUSCHAGNEThomas Francis Barry LABUSCHAGNE Descendancy chart to this point (4.Sanet3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 1 Feb 2008 in Pretoria, South Africa.

  6. 12.  Alexander Heinrich MC DONALDAlexander Heinrich MC DONALD Descendancy chart to this point (5.Pieter3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 13 Feb 2009 in Pretoria, Gauteng, South Afrca.

  7. 13.  Nadia Anne MC DONALDNadia Anne MC DONALD Descendancy chart to this point (5.Pieter3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 3 Aug 2010 in Pretoria, Gauteng, South Afrca.

  8. 14.  Pieter Jan GREEFFPieter Jan GREEFF Descendancy chart to this point (5.Pieter3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 9 Oct 2017 in Pretoria, Gauteng, South Africa; was christened on 5 Jul 2020 in Meyerton, Gauteng, South africa.

  9. 15.  Adriaan Conrad GREEFFAdriaan Conrad GREEFF Descendancy chart to this point (6.Hendrik3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 15 Nov 2013 in Perth, Western Australia.

    Notes:

    First-born to Henno and Carolien, arrived with no fuss in the early afternoon.


  10. 16.  Alanah Gabrielle GREEFFAlanah Gabrielle GREEFF Descendancy chart to this point (6.Hendrik3, 2.Juanita2, 1.Barend1) was born on 6 Jan 2017 in Perth, Western Australia.


Webmaster Message

  • We strive to document all of our sources in this family tree. It will be very greatly appreciated if you volunteer to help with family history research, typing, data input, or by uploading your own family tree and photos. To do so you MUST email your phone number, and a time that I can phone you to Greeff@Greeff.info